Indien dokters nie hul diensjaar voltooi nie, kan hulle nie praktiseer nie. Kort voor lank gaan voornemende mediese studente hierdie gesogte professie vermy indien hierdie situasie voortduur.
ʼn Kort geskiedenis van die reg op selfbeskikking
Terwyl die filosofiese wortels van selfbeskikking dikwels aan Immanuel Kant toegeskryf word, is die prototipe vir ʼn werklike afstigtingsbeweging hoofsaaklik te vinde in die Amerikaanse onafhanklikheidsoorlog.
Weste nie gereed vir derde wêreldoorlog nie
Die bekende skrywer Niall Ferguson vra verlede week tereg of die Weste geen lesse geleer het uit die foute wat in die tydperk tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gemaak is nie.
As Israel nie inheems is nie, is niemand nie
Donderdagaand was die amptelike opening van die wêreld se eerste ambassade vir inheemse nasies, en afvaardigings van Kanada, Hawaii, Nieu-Seeland, Puerto Rico, Togo en natuurlik Suid-Afrika was in Jerusalem vir die inhuldiging.
Ons Christenplig teenoor weeskinders
Die versorging van weeskinders (net soos die versorging van weduwees) lê diep ingebed in die Joods-Christelike godsdiens, en dit is ʼn saak wat ons daarom met toewyding moet benader.
Dricus du Plessis: Die allemansheld
Dricus preek nie dweperig vir sy ondersteuners vanuit ʼn ivoortoring nie. Hy sê ondubbelsinnig wat hy bedoel en hy bedoel presies wat hy sê.
Elektrisiteitsprivatisering vind reeds plaas
RMB voer aan dat teen die huidige tempo van private investering en ontwikkeling in elektrisiteitsopwekking die private sektor teen 2025 meer elektrisiteit as Eskom sal produseer.
Staatsbestandheid begin in die psige
Selfs diegene wat opgewonde raak oor die teoretiese vooruitsig van staatsbestendiging is self nie noodwendig reeds staatsbestand in gedagte nie. Kom oor die regering – ten minste in Suid-Afrika, en ten minste vir die afsienbare toekoms.
Armoede in ons plattelandse skole?
Soos in ander ontwikkelende lande in Afrika is die meerderheid van ons plattelandse inwoners in Suid-Afrika steeds agtergeblewe – veral as hulle gemeet word teen hulle stedelike eweknieë.
Hoe klein dade groot verandering kan bring
Dit is juis hierdie bande, oftewel onderlinge verbondenheid, wat talle gemeenskappe verloor het. As ons 50 jaar of langer terugkyk, was die meeste van ons ouers, oor alle kulture heen, betrokke by die een of ander organisasie.
Humanitarisme as ʼn verskoning vir kolonialisme en imperialisme
Net soos die tradisionele imperialiste aanvaar het dat die inwoners van die kolonies te “agterlik” is om tot verligte selfregering in staat te wees, aanvaar moderne internasionaliste en progressiewes dat die ou koloniale metropole steeds as handhawers van menseregte regoor die wêreld moet dien.
Wat sit agter die aanvalle in die Rooisee?
Die Houthi se aanvalle dien ook ʼn politieke doel, naamlik om aandag te trek in die Arabies-Islamitiese wêreld en om hulle eie bevolking agter hulle te verenig.
Liberale kapitalisme as remedie vir Latyns-Amerika?
Of Milei uiteindelik die stryd soos Margret Thatcher in Brittanje in die 1980’s kan wen en daardeur nuwe geloofwaardigheid aan die liberale ekonomiese model verleen, is nog nie duidelik nie.
Herhaal die geskiedenis?
Is die ANC op dieselfde pad van vernietiging as die destydse Nasionale Party, met beide partye wat tydens hul hoogtepunt as “magtig” beskryf is.
Lesse uit die ondergang van die Sowjetunie
Waarom lyk ryke soos die Sowjetunie so formidabel en onoorkomelik – en selfs ewig – maar blyk tog so broos te wees?
‘n Korrupsiekoek flop nooit nie
Sonder kamerade sal die resep vir korrupsie in Suid-Afrika nie werk nie. Voeg eenvoudig een koppie kaderontplooiing by en jy kan ʼn NSFAS-korrupsieskandaal bak.
Selfbeskikking, maar net vir sommiges
Selfbeskikking is ʼn snaakse ding. Die ANC is absoluut daartoe verbind, as dit oor Palestina gaan. In Suid-Afrika is dit vir hulle ʼn onding. Vir party Afrikaners is dit ʼn allesoorheersende strewe. Ander kan weer nie ʼn duit omgee nie.
Korrupsie en onbekwaamheid veroorsaak die mynlisensiekrisis
Die krisis met agterstallige lisensie-aansoeke is dus geen verrassing nie, want benewens ʼn magdom onbekwame amptenare in die departement, vier korrupsie rakende lisensie-aansoeke hoogty.
Matriekuitslae wys ons moet beheer oor onderwys neem
In plaas daarvan om in onderwys te belê, poog hulle om die slaagsyfer te verhoog deur die standaarde te verlaag. Ons is nou op die punt waar daar verskeie vakke is waarvoor ʼn leerder slegs 30% of 40% nodig het om te slaag.
Midde-Oosterse konflik, wêreldwye onstabiliteit
Hoe Rusland en China hulle rol binne die groeiende Midde-Oosterse konflik sien, is tans nog onseker, maar ook dié twee wêreldmagte se vermoë en aspirasies moenie onderskat word nie.