As die reëls nie sin maak nie, gaan u my en miljoene ander billike mense se ondersteuning verloor, skryf Hennie Hugo.
Dis tyd dat SEB sy tas pak
Die skrif is werklik aan die muur ten opsigte van werkgeleenthede en indiensneming vir Suid-Afrikaners. Geen groep voel hierdie druk en lees hierdie skrif duideliker as die jeug van Suid-Afrika nie. Dit is hoog tyd vir SEB om geskrap te word, skryf Paul Maritz.
Daar ís iets wat jy kan doen
Die een goeie ding wat Covid-19 veroorsaak is dat dit ons dwing om nuut te dink, weer te waardeer wat ons het, en ons aanspoor om anders op te tree: óns het die vermoë om deur ons dade ware gemeenskapslewe weer terug te bring.
#JongStemme: Ons kry toe ekstra tyd
Moenie my verkeerd verstaan nie. Om matriek van die huis af te doen, is beslis nie grappies nie, maar as daar een ding is wat ek geleer het tydens die inperking, is dit dat tyd die kosbaarste geskenk is wat ’n mens ooit sal ontvang.
Hoeveel is ’n lewe werd?
Wil ons die waarde van hierdie menselewens verhoog? Wel, dan is die antwoord taamlik eenvoudig. Dit beteken, aan die een kant, dat ons die ekonomie moet bou om vir mense die middele te gee om onafhanklik van die regering se besluite te leef, maar ook dat ons sterk gemeenskappe moet bou wat hul lede waardevol ag.
#JongStemme: Maar wat van daai één ding, oom Cyril?
Hoekom bly ons stil oor hierdie kwessie? Hoekom duld ons hierdie moorde op die mense van wie ons die meeste afhanklik is?
Wat sê die ware evangelie?
Waarmee het ons dan nou hier te doen? ’n Nuwe evangelie? ’n Evangelie van vrees en skrik en verlammende stilswye? Dit mag mos nie so wees nie!
#JongStemme: ‘Positiewe dinge gebeur met positiewe mense’
Die Here het altyd ‘n plan en is altyd saam met ons. Ons moet herinneringe bou terwyl ons nog kan. Ons moenie vaskyk in koronastruikelblokke nie, want matriek gaan in ‘n oogwink verby wees. Daar is nog hoop en ons kan nog ons drome bereik.
Erfreg en erflatings: Edele voorstelle, maar …
Die probleem met die twee voorstelle blyk dus te wees dat ons nie die groot hoeveelhede ryk bevoordeelde mense in die land oor het waarop ons gereken het om die voorstelle te laat werk nie. Of dat herverdeling van rykdom oor 26 jaar nie hier gewerk het nie – soos ook in talle ander lande.
Podlitiek: De Vos wil erfreg laat vervaag, word verkiesings dalk vertraag?
Vandag se Podlitiek-gesprek begin by ‘n bespreking van die impak wat die Covid-19-pandemie op munisipale verkiesings in Suid-Afrika kan hê omdat partye soos die ANC en EFF ten gunste van ’n uitgestelde verkiesing is
Noodsaaklikheid van grense nou weer duidelik
Grense ten koste van mekaar lei tot konflik. Grense in belang van mekaar lei tot goeie bure wat mekaar vertrou en ’n gedeelde belang bevorder, skryf Jaco Kleynhans.
Vryspraak: NP van Wyk Louw se nalatenskap vir ons tyd
Die Afrikaanse skrywer NP van Wyk Louw sou waarskynlik met gemengde gevoelens gereageer het op die beskrywing “volksbesit”. En tog is dit presies hoe mens hom 50 jaar ná sy dood op 18 Junie 1970 kan beskryf, skryf Carel Boshoff van die Vryheidstigting.
Inperking knou Helpende Hand se kosblikkieprojek
Solidariteit Helpende Hand wil die regering vra om eerder positiewe riglyne en ondersteuning aan kleuterskole te bied, sodat kleuterskole die nodige voorsorgmaatreëls kan tref vir veilige heropening. Ons almal het die verantwoordelikheid om te sorg dat veral arm kleuters die nodige voeding kry.
#JongStemme: Versteekte, moderne superhelde
Onderwysers en leerders het oornag opgepak en geskuif van kontak-onderwys na aanlyn-onderwys. As ons dit kon vermag wat in meeste gevalle feitlik onmoontlik is, wat sal ons nie verder kan vermag nie?
Skakel in vir aanlyn gesprek oor Van Wyk Louw, derde Afrikaner
Die Vryheidstigting bied vanaand (Donderdag 18 Junie) om 19:00 ʼn huldigingslesing vir die groot Afrikaanse denker NP van Wyk Louw aan.
Afrikaner wees tussen liefde en kritiek
Kan ’n mens tegelykertyd met oorgawe Afrikaner én uiters krities op die Afrikaners wees? Die antwoord kan in die name van twee mense opgesluit word: NP van Wyk Louw (wat vandeesweek presies ’n halfeeu gelede gesterf het), en Elsa Joubert (wat in die naweek in ’n hoë ouderdom oorlede is).
VSA: ‘Black Lives Matter’ en die kulturele rewolusie
“Ou” idees, kultuur, gewoontes en gebruike moes eenvoudig vernietig word. Maar dié moderne kulturele rewolusie in die Weste is uiteraard nie ’n nuwe verskynsel nie, skryf Nico Stegmann.
Ekstremiste in noorde van Mosambiek se uitdagings aan SA
Kortom, te midde van al die uitdagings wat Covid-19 tans inhou, wag hier baie moeilike besluite op Suid-Afrika as ’n streekleier om ’n oplossing te probeer vind vir die toenemende bloedvergieting in Mosambiek.
Lesersbrief: Die Kaap van Goeie Hoop
Ná Covid-19 gaan verskeie beroepslui die keuse hê om te werk vanaf plekke wat hulle verkies. Ek glo ons toekoms lê in die westelike dele van Suid-Afrika en ek moedig mense wat dit kan doen aan om hulle hier te kom vestig.
’n Goue kalf in reënboogkleure?
Mag ons genade ontvang om, soos Daniël en sy vriende in Babilonië, steeds getrou die Here alleen te aanbid en net voor Hom die knie buig.