Waar gaan hy die begroting kry om drie tale in ’n skool aan te bied? Of weet hy nie eens dat meer tale meer onderwysers vereis nie? Sy voorstel van drie tale in ’n skool dui dus eintlik op sy skynheiligheid oor Afrikaans, asook sy onkunde oor praktiese onderwysoplossings wat, soos die Grondwet vereis, kinders eerste stel.
Dis nié net ʼn ding van die 21ste eeu nie
Behalwe dat ons weens ons slimtoestelle wat aanhou buzz en beep nooit afskakel of wégkom nie, geld daar deesdae blykbaar ook ’n nuwe stel reëls wat kommunikasie betref – en een waarvoor ek al hoe minder ooghare het. En ek praat nou spesifiek van WhatsApp – daardie klein groen ikon wat ons onontbeerlike metgesel geword het.
Zindzi Mandela en die internasionale beeld van Suid-Afrika
Die twiets van Zindzi Mandela is ’n waterskeidingsoomblik waarin die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking kan aandui dat dít die resep is wat voortaan gevolg gaan word óf (soos haar voorgangers) die stof wat opgeskop is, onder die mat vee en aanploeter op die rampspoedige pad van die afgelope jare.
Is daar ’n rigting wat mense, groepe en tale inklusief erken?
Dit sou goed wees as Afrikaners presies weet waarvoor die rigtings táns staan voordat hulle teen dié of daardie rigting te kere gaan.
Dít maak plaasaanvalle anders
Ek wens dikwels politieke kommentators en die veiligheidsministers, of die president self, wil net één maal saamgaan na so ’n plaasmoordtoneel. Hulle moet dit ruik en sien. Eers dán is hulle gekwalifiseerd om oor die ooreenkomste en verskille tussen plaasmoorde en ander misdaad te praat.
Basta, Zindzi, ons voetspore is in Afrika!
Basta, ons voetspore is in Afrika skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit in ’n brief aan Zindzi Mandela na haar uitsprake op Twitter.
Sonde met die bure
Deesdae is ons mos almal uitgeleerd en so gedweë: ons lyk geheel en al soos die span koninklikes van doer oorkant die waters. Maar destyds was dit anders.
Lesersbrief: Moedverloor is nie ’n oplossing nie
Ons hoop en gebede vir reën is nog lank nie verby nie, maar ek hoop dat my twee meisiekinders, al verstaan hulle nie nou heeltemal hoekom hulle ma heeldag voor die kospotte staan nie, ‘n waardevolle les sal leer. “Moedverloor is nie ‘n oplossing nie, net ‘n tydelike skop onder om jou in die regte rigting te stuur.”
’n Penkopmonument vir 16 Junie
Op die naamborde langs die Penkopmonument staan die name van 2 400 seuns tussen 6 en 16 jaar. Sommige was bannelinge, baie in konsentrasiekampe, ander was bittereinders, maar almal van hulle het uit die ashope van ’n verskroeide aarde opgestaan en ’n toekoms help bou
Dlamini se bedankingsbrief gee blik op ANC-skeuringe
Dlamini se galbraak het ons net herinner met watter ANC-monsters ons hier te doen het; een wat die ekonomie stelselmatig wil vernietig; die ander een wat nie skroom om dit met opset en groot skouspelagtigheid te doen nie.
Lesersbrief: My kind se siel is nogal duur
Indien enige iemand dink ons het die maklike uitweg gekies: ons wag elke dag vir die “maklik” om te begin.
Podlitiek: Hofmeyr, alternatiewe media, Afrikaans en sensuur
In hul jongste onderhoudepisode praat Daniël en Paul van Podlitiek met die Suid-Afrikaanse sanger, akteur, outeur en meningsvormer Steve Hofmeyr.
Wie se plig is dit?
Die werklikheid is, terwyl ons vir “hulle” sit en wag om die omstandighede te verander, wag die omstandighede vir “ons” om dit te verander.
Wat is Plan B vir basiese onderwys?
“Voordat daar kliphard aan die werk gespring word om “goeie skole” te vestig, is dit nuttig om te vra of dit die korrekte doelwit is. Soek ons goeie skole of eerder goeie onderwys? Is goeie onderwys dalk moontlik sonder goeie skole?” vra Bouwe van der Eems. Lees sy artikel en dr. Danie Brink van die SOS se antwoord daarop.
De Wet Ras: Skopkoning van Harrismith en Vrystaatse puntemasjien
As daar ’n tweebeengedierte op hierdie planeet van ons rondloop wat ’n ovaalbal verder en harder kon skop as hierdie beskeie predikantseun van die Oos-Vrystaatse dorpie Harrismith, het ek hom nog nie teëgekom nie.
Britse leierstryd begin
Ná die bedanking van eerste minister Theresa May is die tafel nou gedek vir die opvolgstryd vir ʼn leier van die regerende Konserwatiewe Party en daarmee saam ook vir die pos van eerste minister van Groot-Brittanje.
Liberales se vreemde beheptheid met bespotting
Liberalisme gee voor om die ideologie van verdraagsaamheid te wees. Dit lyk egter soms of die enigste verdraagsaamheid wat liberalisme voorstaan, verdraagsaamheid teenoor hul eie onverdraagsaamheid is.
Podlitiek: Nog ’n DA-grote gaan, SA ekonomie platgeslaan
In hierdie vol episode van Podlitiek pak die span die afgelope week se groot nuusgebeure aan. Ernst, Paul en Daniël bespreek die skeiding tussen Kerk en Staat, Suid-Afrika se rampspoedige ekonomiese beleide, asook James Selfe wat as voorsitter van die federale raad van die DA bedank het.
#JongStemme: Die emigrasievraagstuk en die prys van ’n siel
Suid-Afrika is waar my gees gewortel is, waar dit gegroei het en waar dit tuis voel, ’n vakansie af en toe hierheen gaan nie my sieledors kan les nie. Jou huis is waar jou hart is en ek is nie bereid om ’n stuk van my hart en my siel prys te gee nie.
Lesersbrief: Potpourri-winter…
Dus, my liewe vriende, as daar vandag winter in jou hart is, gryp ‘n hand vol potpourri en snuif daaraan.