David Mabuza is nou in ‘n besonder sterk politieke posisie nadat hy sy kat-en-muis-magspel met pres. Cyril Ramaphosa loshande gewen het, skryf Jan-Jan Joubert.
Koalisieregering in Oostenryk breek uitmekaar
Hierdie skandaal sal seker nie gou oorwaai nie. Dit is egter ook moontlik dat dit ʼn boemerang word vir die linkses, wat nou so lekker lag – as daar dieper gedelf word na wie agter die video sit en wie se belange daardeur bevorder word. Op die ou einde verloor almal en is die vertroue in die politiek erg beskadig.
Plaasmoorde in Suid-Afrika haal Nederlandse koerant
Sylvain Ephimenco, ’n Fransman wat as rubriekskrywer vir verskeie Nederlandse koerante en ’n radiostasie optree, het hom hierdie week in die koerant Trouw oor plaasmoorde in Suid-Afrika uitgelaat.
Ryloop
“Toe ek nog jeugdig was, was ryloop mos ʼn normale manier van oor die weg kom. Ek onthou nog goed die Sondagnamiddag toe ek daar op Jan Smuts afklim en die pad moes vat na Voortrekkerhoogte…”
EU-verkiesing bevestig politieke diversiteit van Europa
Waarheen nou met Europa? Die boodskap wat kiesers die afgelope week aan die Europese Unie gestuur het, is dat een enkele politieke tendens in Europa nie bestaan nie en dat ʼn enkele politieke strategie vir die hele Europa eerder teenstand sal geniet.
Chris Chameleon: Die eerste boereverenigingvergadering
Die vergadering geskied ordelik, presies volgens agenda. Die atmosfeer is uiters professioneel, jy kon net sowel in ʼn korporasievergadering in ʼn wolkekrabber in Sandton gesit het. Dis net die inhoud wat verskil.
Korttermynversekering: leer hierdie lesse
Ina Opperman het gaan kyk wat die meeste klagtes veroorsaak het en watter lesse verbruikers daaruit kan leer om te verseker dat hul probleme met korttermynversekering voorkom kan word.
ANC praat met gevurkte tong oor Afrikaans
Die miskenning van moedertaalonderrig word deur elke gemeenskap in ons land ondervind. Hiervan is die deurlopende jaarlikse matriekuitslae-fiasko ‘n lewende voorbeeld van taalwanorde in die onderwys.
Antibiotika in diereproduksie: Oorregulering kan armoede vererger
Afrivet, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Dieregesondheidsvereniging (SAAHA) en ’n korporatiewe lid van Agri SA, doen ’n beroep op Senzeni Zokwana, minister van die DLBV, om in die belang van voedselsekerheid en die volhoubaarheid van Suid-Afrikaanse vee-eienaars op te tree.
Zille maak mense weer die josie in
Op die sosiale media word daar weer na Helen Zille se bloed gesoek oor ‘n kontroversiële twiet wat sy gemaak het. Nadat Thuli Madonsela ook skerp tande vir die uittredende DA-premier gewys het, het die partyleier Mmusi Maimane Dinsdag gesê daar sal teen haar “opgetree” word.
Lesersbrief: Die president stel ʼn voorbeeld vir Lesufi
Lesufi moet ook seker maak van sy ongenuanseerde stelling dat daar nie meer Afrikaanse universiteite bestaan nie.
Lesersbrief: Waarom nog veg vir Afrikaans, vra Lesufi
Dit gaan my verstand te bowe dat so ’n uitlating deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir Onderwys geuiter is. Is dit uit blote onkunde, of is dit strategies daarop gemik om Afrikaans slegs as onbelangrik af te maak?
Verbruikersake: Wanneer bouwerk brouwerk word
Ina Opperman verduidelik hoe jy die meeste bou- en huisverbeteringslaggate kan vermy.
Gee eerder aandag aan seksualiteitsopvoeding by tersiêre instellings
Seksualiteitsopvoeding is broodnodig, maar slegs wanneer dit op ’n gepaste manier en deur ’n opgeleide persoon gedoen word.
Gee SA ʼn ministerie vir minderhede, vra AB
Om minderhede te ontken of te ignoreer, is nie in Suid-Afrika se beste belang nie.
Verbruikersake: Banke se pyne
Ina Opperman het gaan kyk of verbruikers enige lesse kan leer uit die klagtes wat opgelos is ten gunste van die banke of verbruikers.
Die onsigbare net oor Suid-Afrika
Hierdie verkiesingsuitslae toon net weer dat beleid ʼn besonderse klein rol speel in hoe Suid-Afrikaanse kiesers stem. Dit is veel eerder identiteit, lojaliteit en persoonlikheid wat bepaal wie die staat se septer gaan swaai.
Die politieke turksvy – onwettige immigrasie
As aansoeke vir wettige immigrasie werklik so streng en tydrowend is, waarom word onwettige immigrasie deur die suidelike grens met Meksiko dan so roekeloos gehanteer en toegelaat? Wat is die doel van wettige immigrasie as onwettige immigrasie met ’n soort gelate onverskilligheid deur die vingers gesien word?
Podlitiek: Zille se twiet en Huawei ‘tot niet’
Die span van Podlitiek bespreek die jongste polomiek rondom Helen Zille, Panyaza Lesufi, die openbare beskermer en Huawei-selfone.
Die Jerseybul
Enige goeie beesmens weet ʼn Jerseybul is net deuskant die satan self want al is hulle klein van lyf, is hulle groot van hart…