En niemand sou ná daardie dag kon sê ek het nie daadwerklik probeer om boonop in iemand anders se skoene ook te loop nie!
Die leë blikke maak EFFe te veel geraas
Dit het hierdie verkiesingseisoen baie duidelik geword dat die partye wat die meeste sê, die minste sin maak. Met ’n verkiesingsmanifes van 170 bladsye was die EFF die perfekte voorbeeld hiervan. Monica Mynhardt doen ontleding hiervan.
Menseregtedag – ’n tyd vir ernstige nadenke
Die vraag is: Hoe vaar die staat in sy grondwetlike mandaat om menseregte te beskerm, te bevorder en te verwesenlik?
Podlitiek: Die Kapitalistiese Party, BLF en MTN
Vir die volgende keer wat die president of jy (ons leser en luisteraar) vassit in die verkeer, bring Podlitiek hierdie week vir jou ʼn lekker episode wat fokus op die Suid-Afrikaanse Kapitalistiese Party, die BLF en VF+ wat baklei en MTN wat Afrikaans is Groot vermy.
Die ondebatteerbare Verwoerd en ander taboes
Deur debat te voer oor historiese figure, beteken nie dat jy vir ’n beter verlede baklei nie. Dit beteken dat jy vir die vryheid baklei om daardie figure te mag kritiseer of komplimenteer.
Cilliers Brink van Tshwane-metro gesels met Podlitiek
Die Podlitiek-span daag Cilliers Brink van die Tshwane-metro uit met vrae oor koalisiepolitiek en die DA se onlangse rekord wat taal- en kultuurkwessies betref.
Terreur is allerswakste reaksie op immigrasiekrisis
Die terreuraanval verlede week in Christchurch, Nieu-Seeland, het opnuut die kollig op belangrike globale vraagstukke, waarop veral die Westerse wêreld steeds geen antwoorde het nie, laat val.
Lesersbrief: Hoekom ’n privaat vervolgingseenheid onontbeerlik is
AfriForum het dié leemte in die strafregstelsel geïdentifiseer en daarom in 2017 ’n privaat vervolgingseenheid onder leiding van adv. Nel op die been gebring.
Onteiening, ‘Disrupted Land’ en die IRV
Tog is ek ook dank aan die IRV verskuldig, aangesien die omstredenheid wat hy geskep het, gehelp het dat duisende mense reeds na die dokumentêr op YouTube gekyk het. Hopelik sal dit help om gesonde debat te stimuleer, waar groter ruimte vir uiteenlopende standpunte geskep word.
Skietery in Nieu-Seeland: ’n Geloofsperspektief
Dade van geweld op hierdie groot skaal gebeur selde op die ingewing van die oomblik en deur slegs een persoon wat ʼn behoefte aan vernietiging het, aangevuur. Nee, dit benodig ʼn gemeenskap, ʼn proses en ʼn oorsaak om mense te manipuleer om tot aksie te oor te gaan. Op dieselfde manier wat die “groot stank” van die media mense kan manipuleer om terreurdade te pleeg, só kan die aangename geur van Christus mense mobiliseer om lewe te gee.
Die jong Verwoerd as ’n ontluikende akademikus en openbare intellektueel
Elke generasie het die verantwoordelikheid om die verlede te interpreteer. As die verlede apartheid en die onderwerp Verwoerd is, raak dinge ingewikkeld – soos nou weer gesien in die polemiek oor AfriForum se film oor die grondkwessie, skryf prof. Pieter Duvenage.
Onder die Bome: Geluk, relatiwiteit en waarom jy vreemdelinge moet groet
Geluk – is daar werklik so iets, is dit volhoubaar, is dit nastreefbaar?
Lesersbrief: Wat gaan saakmaak oor vyf jaar?
Kom ons gaan stem, dit gáán saakmaak oor vyf jaar. Kom ons hou aan om ons kinders te leer van respek en maniere, want dit gáán saakmaak oor vyf jaar.
Liewe Marelize
“Ek hoop jy en jou fiets ry nog lang draaie wat diep spore in mense se lewe laat. Maar as ek jou so kyk, dink ek jy gaan jou ma en pa nog baie trots maak.”
Lesersbrief: Hoe ernstig is die regering met die bekamping van korrupsie?
’n Mens wonder soms of die owerhede ernstig is met die bekamping van korrupsie.
Waarom Trump se grensmuur gebou moet word
Die VSA het ’n enorme probleem met onwettige immigrasie en aangesien wettige immigrasie verbeter moet word, het die VSA-regering ’n plig teenoor sy burgers om sy grense te beveilig.
‘ANC regering wil Reserwebank nasionaliseer om verder te steel’
Ons moet staatskaping van die Reserwebank keer voor dit te laat is.
Taalbeleide op tersiêre vlak: Quo Vadis?
Is alles nou vir Afrikaans op tersiêre vlak verlore? Nee, daar is tog ’n sprankie hoop: die konseptaalbeleid vir hoër onderwys.
Die DAF-lorrie
Later sit die DAF in sy eerste rat en die rewolusies sak en sak. Ek trap die diesel laat die vloer eintlik so ʼn boggel staan, maar die DAF hyg en wil net swyg…
Dissipline in skole?
Die onlangse mediaverwikkelinge rakende die Hoër Jongenskool Paarl se beweerde toediening van lyfstraf, ’n praktyk wat al vir 23 jaar in Suid-Afrika onwettig is, en die gevolglike reaksie op sosiale media, het ’n paar vrae rakende dié taboemetode en die skoolstelsel by my laat ontstaan.