Immigrante is nie verloorders of manteldraaiers of weghardlopers nie. Dit is mense wat kan deurdruk, wat ’n droom najaag en hul eie gevoelens opsyskuif ter wille van ’n groter prentjie. Soms is die pad net baie moeiliker as wat hulle verwag het.
Jy mag só terugslaan!
“Ons hande is afgekap en die polisie help nie,” is ’n klaaglied wat gereeld voorgehou word deur ’n groot aantal gefrustreerde landsburgers. Ian Cameron verskil van hierdie treurmare.
Hoe sal die jaar 2019 verloop?
Die wêreld het verskeie voortslepende knelpunte wat eintlik al die tekens toon dat dit gaan eskaleer, skryf Tienie Fourie.
Feite versus Populisme: ʼn Les vir die DA
As die DA nie op die feite gaan begin fokus nie, gaan hulle slagoffers van hul eie populisme word, skryf James Kemp.
ANC of Suid-Afrika – die kantelpunt is naby
Die volgende paar dae sal duidelik maak of die ANC en sy leierskap Suid-Afrika, ons Grondwet en versoening eerbiedig, skryf Jaco Schoeman.
Lesersbrief: Vir wie gaan jy stem?
Met die nasionale verkiesing op hande is die vraag natuurlik vir watter party moet mens stem? Die antwoord is eintlik heel eenvoudig meen ‘n Maroela-leser.
Om ʼn jong Afrikaner te wees, is haas onmoontlik
Hierdie meningstuk handel oor ʼn probleem. Nee, nie ‘n nuwe probleem nie – dit is al immers ‘n paar dekades oud – maar dit het nou tyd geword om dit uit te spel: Dit is “onmoontlik” om ‘n jong Afrikaner in Suid-Afrika te wees, skryf Daniel du Plessis.
ʼn Brief aan die juffrou by Laerskool Schweizer-Reneke
Ek is die mamma wat vir drie jaar in ʼn ry ʼn eerstedag gr. R-maatjie by jou kom aflaai het. Die dag van 9 Januarie 2019, absolute blydskap… Tot die bom bars!
Piet van Zyl vertel alles oor daardie têkkel
Daar was ’n tyd toe die media hom verguis het as ’n rampokker en ’n sportboef. Rian Oberholzer het gesweer Piet van Zyl sal nooit weer sy voete by ’n rugbywedstryd in Suid-Afrika sit nie.
Begroot vir finansiële sukses in 2019
Moenie die belangrike rol wat ’n begroting in jou finansiële welstand speel, gering ag nie. Stel vandag nog ’n begroting op as jy nie reeds een het nie. As jy ’n begroting het, hou daarby.
Stormagtige politiek vir VSA in 2019 verwag
Amerika is steeds die belangrikste ekonomiese, politieke en militêre rolspeler in die wêreld. Daarom moet Suid-Afrikaners dophou wat daar gebeur en kan ons verwag dat 2019 ’n baie stormagtige jaar in die VSA gaan wees.
Wees debatvoerders, nie apologete nie
Wees in 2019 ʼn debatvoerder – iemand wat roekelose uitlatings uitdaag en bevraagteken en dit nie klakkeloos navolg nie. En wees iemand wat bereid is om die ongewilde standpunt in te neem en verwerp politieke korrektheid – veral wanneer dit teenstrydig is met die waarheid.
Podlitiek: Skaapslag op Cliftonstrand, so het Zille-seun in die sop beland en die regeringshand vat my land
Hierdie week sing die Podlitiek-span nuwe liedjies, “Skaapslag op Cliftonstrand” en “Onwettige wiskundeklasse deur Helen Zille se seun”, en waag uiteindelik weer ’n opinie oor grondhervorming en die jongste verwikkelinge ten opsigte van hierdie netelige kwessie.
Waardeer elke oomblik
Waardeer dus elke oomblik hierdie jaar. Luister. Proe dit. Voel dit in jou lyf. Beleef dit. Mens weet nooit hoeveel daar nog gaan wees, en hoe, sonder dat jy dit besef, jy dit gaan mis wat reeds verby is nie.
Van tuinier tot beroepsbokser met ‘bonatuurlike wilskrag’
Ons twee spring in die kar en begin met ons rit in die rigting van Diepsloot. Hy vra my toe die een vraag wat ek nooit gedink het my en sy lewe gaan verander nie.
Hoe om geskenke om te ruil
Die meeste mense is tevrede met dit wat Kersvader gebring het, maar wat kan jy doen as jy regtig jou Kersgeskenk wil omruil vir iets waarvan jy meer sal hou of wat beter sal pas? Ina Opperman verduidelik wat jou regte is om Kersgeskenke om te ruil.
Ekonomiese oorsig oor 2018: Die ANC se groter projek
Die uiteindelike vraag wat dinkskrums en ontleders nou moet oorweeg, is of ʼn Suid-Afrika, geskoei deur ʼn oënskynlik beter bestuurde, minder korrupte ANC, maar wat steeds volgens sosialistiese ekonomiese en maatskaplike beleidsvoorstelle handel, sal kan werk, skryf Gerhard van Onselen.
As ʼn skuldinvorderaar aan jou deur klop
Verbruikers weet oor die algemeen wat hul regte is wanneer hulle om krediet aansoek doen, maar min mense weet wat om te doen as hulle nie hul rekeninge kan betaal nie en ʼn skuldinvorderaar tree met hulle in verbinding.
Die geheimsinnige klip op Afrika se historiese suidpunt
Eendag, sowat 15 jaar gelede, loop ek vir Joneby daar raak. “Pierre, kom ek wys jou Jan se klip,” beduie hierdie deurwinterde en innemende Suidpunter.
Ekonomiese oorsig oor 2018: Die jaar van Ramaforie
Na Ramaphosa se aanstelling vroeg in 2018, het die publiek op beter gehoop. Dit is duidelik weerspieël in die rand se aanvanklike bewegings en die uitsonderlike versterking in verbruikersvertroue. Hierdie vertroue het nie sterk deurgevloei na verskeie “harder” ekonomiese metings nie, skryf Gerhard van Onselen.