Tesame met die rol wat outomatisering, kennis en tegnologie in vandag se wêreld van werk speel, raak Cosatu en sy samestellende vakbonde ’n anachronisme wat moeilik hul eie agteruitgang gestop gaan kry. En ek dink nie dit moet stopgesit word nie.
Podlitiek praat erfenis
Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in die besonder.
‘Verkoop teen’-vervaldatum op kos moet waai
Vervaldatums op kos is weer in die nuus en die feit dat al die soorte vervaldatums verbruikers verwar, is een van die redes daarvoor. Die verwarring is nie net in Suid-Afrika te bespeur nie, maar wêreldwyd – soveel so dat selfs die Verenigde Nasies (VN) besluit het dat die “verkoop teen”-vervaldatum op kos moet waai omdat mense nie weet wat dit beteken nie
Redakteursbrief: Wat word van Lina?
Ek sit onlangs by my kind se perdryles. Ek bring haar nie gewoonlik self nie, so ek sit ʼn bietjie eenkant en luister na die ander ma’s wat dik stukke gesels. Vrydagmiddag-vriende, skryf Susan Lombaard.
Tel jou woorde – Het jy mudita, of moet jy manja vir jou merak?
Daar is ‘n paar “onvertaalbare” woorde – woorde waarvoor ons in Afrikaans nie ‘n ekwivalent het nie.
Verlore of gesteelde vuurwapens: Jou 5 stap-aksieplan
Heinrich Gonzales verduidelik wat jy moet doen as jou vuurwapen wegraak of gesteel is:
Wie is Alan Winde en wat kan ons van hom verwag?
Die DA se keuse van die 53-jarige sakeman Alan Winde as premierskandidaat verplaas werkskepping na die middelpunt van die provinsiale beleidsdebat.
Witmanskoors en VVV’s in die Amasones
Ons het nie weer VVV’e in die Amasones gesien nie. Ek het twee maande later die Inka-voetslaanpad in Peru gaan aandurf en Christof is terug na Duitsland. Een vraag het my altyd bygebly: was dit toevallig dat ek op sterwe na so dodelik siek geword feitlik onmiddellik nadat hierdie vreemde vlieënde verskynsel sy opwagting naby ons boot gemaak het?
Akkerland se grondeise het talle interessante dimensies
Die beslissing van die grondeisehof verlede week dat Akkerland-Boerdery weer die eienaar is van die twee plase waaruit die boerdery bestaan, het amper ongemerk verbygegaan. Hierdie saak het ʼn hele aantal interessante dimensies.
Die trane wat ʼn ma net agter ʼn toe deur kan huil
Die dag as jy ʼn ma word, ontvang jy ook hartchirurgie. Soos wat die babatjie in hierdie lewe inkom, of dit nou natuurlik of met keiser is, gaan jou hart saam met hom/haar, skryf Marianne Styan.
Lindie Strydom: Bewoon, bewerk, bewaar met ‘plogging’
Hierdie jaar het plogging my drafpad gekruis en maak dit my opgewonde om te dink ek kan met ʼn gesonde liggaam sorg vir ʼn gesonder Moeder Aarde, skryf Lindie Strydom.
Chris Chameleon: Engele met sterte
Die verkeerslig word groen en met die wegtrek voel ek spoeg teen my arm en nek spat. My beminde kry ook ʼn paar spatsels…
Moet boere oor grondonteiening onderhandel?
“Boere onderhandel met die regering oor grondonteiening” skreeu van die koerantopskrifte die afgelope tyd. Is dit sinvol om met die regering hieroor te onderhandel?
Podlitiek: Maimane laat almal lag, China soek krag en Wellington se ou vlag
Die Podlitiek-span neem vandeesweek weer die swaard op teen ideologiese moerasse, filosofiese lokvalle en politiese paniek.
Die NWU en Afrikaans
Laat ons dan proaktief oor die NWU se taalbeleid praat, want dit mag wees dat die NWU polities afgepers word om meertaligheid as verskoning vir Engelse eentaligheid te misbruik.
Moeilike verkiesing lê voor vir Trump en Republikeine
Trump en sy administrasie het saam met die Republikeinse leierskap baie dinge reg gedoen, maar in November gaan Trump se onpresidensiële gedrag bestraf word.
AfriForum: Wat ons oor apartheid gesê het (en nie gesê het nie)
Opponente van AfriForum en dié wat ons ideale wil verhoed deur ons veldtogte te diskrediteer, is mal daaroor om ons met strooipop-argumente aan te val. Die gunstelingstrooipop is om AfriForum óf as ondersteuners óf as ontkenners van apartheid te etiketteer.
Modelle vir nasiebou en postkoloniale Afrika
Op kulturele vlak het nasiebou in Afrika tot die nasionalisering van kultuur en tale gelei ten einde “eenheid” van die land te weerspieël. In die meeste Afrikastate dien die twee belangrikste koloniale tale – Engels en Frans – nie alleen as die simboliese tale van nasionale eenheid nie, maar het dit ook die lingua franca geword.
Om beter te kan sien, my kind…
Sit jy jou nabykykbril op kan ʼn mens erg depressief en hopeloos begin voel. Die koerant lees soos ʼn riller en die aandnuus moet nie saam met aandete gekyk word nie. Dit sorg vir slegte spysvertering. Tog moet ʼn mens die feite in die oë kyk en oorweeg hoe God jou wil gebruik om betekenisvol betrokke te wees en te bly.
DA se Wes-Kaapse kopseer kan ’n nasionale migraine word
Die chaos en verleentheid waarin die DA homself gedompel het met die vertraging van die aankondiging van sy Wes-Kaapse premierskandidaat kan óf omsit in ‘n enorme politieke migraine óf baie maklik opgelos word as almal kalm bly.