McCain het tydens sy lewe ’n duidelike stempel op die Amerikaanse politiek afgedruk. Hy sal vir sy vasberadenheid as krygsgevange en sy onafhanklike denke as verkose verteenwoordiger van sy mense onthou word, maar ongelukkig ook vir sy steun aan mislukte Amerikaanse intervensionisme.
Staal jouself vir ’n nuwe paradigma – en kies dienooreenkomstig
Die afgelope paar weke sou bevestig het – indien bevestiging hoegenaamd nodig is – dat beslissende veranderinge in Suid-Afrika se politieke gang in die vooruitsig is.
Word daar oor oorsake of simptome gedebatteer?
Alvorens ons nie hieroor uitsluitsel kry nie, is daar eintlik niks om oor te kan gesels of te onderhandel nie. Enige gesprek met die ANC moet hierdie punt druk tot by ‘n antwoord. Dit is die kern van die saak en daarom moet die gevolge verreken word.
Hoe lyk jou ware identiteit?
Laat dit duidelik gestel word: Níks in die lewe is ooit pikswart teen spierwit nie. Dit gaan eerder om verskillende skakerings van grys.
Ek is ʼn Sasol-werker, want ek staan op
Vandag is ek ʼn Sasol-werker. Ek het ʼn blou oorpak aan en ek sê ook: “Genoeg is genoeg”. Ek staan ook op en sê ek is moeg om uitgesluit te word op grond van my ras. Ek werk nie fisiek by Sasol nie, maar vandag is ek in my hart ʼn Sasol-werker.
Eiendomsreg is swart en wit, en die woordspeling is aspris
Eiendomsreg en die bewaring daarvan teen die staat, word eenvoudig óf beskerm óf nie. In die sin is eiendomsreg soos swangerskap ’n binêre konsep. Dit is of dit is nie. Daar is ongelukkig nie ’n Gouelokkies-middeweg in hierdie debat nie.
Chris Chameleon: Kenny G en die stix
Vanuit die kerk is ons na ʼn vlooimark toe. “Wat is nou so danig lewensveranderend aan ʼn vlooimark?” wou ek in my beste Engels weet. “Stix, Mr Chris. Stix.”
Verbruikersake: Dis jou regte met winskopies
Ina Opperman het gaan kyk wat die wet en die geakkrediteerde ombudsman vir verbruikersgoedere en –dienste oor winskopies bepaal.
Switserland se merkwaardige geskiedenis
Min ken egter die merkwaardige geskiedenis en die feit dat Switserland altyd die uitsondering in Europa was: ʼn homogene ministaat te midde van groot multi-etniese ryke, ʼn sterk federale demokrasie in tye van sentralistiese absolutisme en vandag feitlik die enigste land binne Europa wat hardnekkig weier om deur die Europese Unie ingetrek te word.
Die NGV in ’n neutedop
Dit is hoe die voorgestelde NGV jou, dokters, mediese fondse en die ekonomie sal raak:
Die ANC: sukses of mislukking?
Wat Suid-Afrikaners teen die agtergrond van die ANC se prestasies van die afgelope 25 jaar te doen staan, is om daarop aan te dring dat, wanneer die organisasie hom as politieke party voordoen en wanneer sy troepemagte (“deployees”) in die openbare en sakesektore uitsprake maak, hulle presies moet sê wat hulle bedoel.
Wat is die NGV?
Openbare en privaat gesondheidsorgverskaffers sal by die NGV geakkrediteer moet wees en sal deur staatsinspekteurs gekontroleer word.
Bly koelkop
Deurdagte en kalm taalgebruik is geensins ’n teken van swakheid en kruiperigheid nie. Dis ’n teken van beskaafdheid en volwassenheid, soos die in toom hou van emosie eintlik deurgaans is.
Voorgestelde wysigings van Gautengse skole se toelatingsregulasies skep wantroue
Die voorgestelde wysigingsbeleid skep regsonsekerheid en kan net lei tot verdere verbrokkeling van ’n reeds kwesbare verhouding, ten koste van die toegang tot basiese onderwys.
Kopenhagen, ’n aangename ervaring
Die Deense hoofstad tel gereeld onder die topstede wat lewensgehalte betref. Die Dene het ’n eie term wat hul lekker ontspanne leefwyse beskryf, naamlik “hygge”, iets wat vertaal kan word as knus en gemoedelik.
85 jaar van die Bybel in Afrikaans
Die Afrikaanse Bybel word gedurende Augustus 1933, vanjaar 85 jaar gelede, landwyd feestelik in gebruik geneem. Die sentrale fees vind op 27 Augustus 1933 in die Marksaal in Bloemfontein plaas.
Die SA ambassadeur wat die VSA wil inval en ander ondiplomatiese diplomate
Onder hierdie omstandighede is buitelandse besoeke en bewusmakingsaksies soos dié van AfriForum oor die onteieningskwessie noodsaaklik. Dit bied aan buitelandse media en meningvormers ’n geleentheid om ook die stem van die burgerlike samelewing te hoor en nie die onoordeelkundige en selfs skandalige optrede van enkelinge as kenmerkend van alle Suid-Afrikaners te sien nie.
Verbruikersake: Besmette kos en waarborge
Die ombudsman het 53% van die klagtes ten volle ten gunste van verbruikers opgelos en 7% gedeeltelik ten gunste van die verbruiker. Ina Opperman het gaan kyk watter lesse verbruikers kan leer uit klagtes wat opgelos is.
Selfoonverslawing en ek
My naam is Marianne en ek is verslaaf aan my selfoon… Hierdie is ongelukkig ʼn waarheid waarmee ons almal moet saamleef, maar niemand van ons wil dit erken nie.
Onteiening: ANC volg bloot Afrika-voorbeeld
En as almal dit per slot van sake doen, kan niemand vingers na mekaar wys of teen ongeregtigheid optree nie. Dit is hoekom daar tans geen stem uit Afrika opklink oor onteiening sonder vergoeding nie en Ramaphosa nie vir enige teenreaksie daaroor vanuit Afrika hoef te vrees nie.