Ina Opperman waarsku dat verbruikers nie vir hierdie skemas moet val nie en verduidelik wat jy kan doen om self jou kredietrekord “skoon te maak”.
ʼn Ieder nasie het sy vlag
Die vlagkwessie was in die verlede op ’n heel ander vlak ook in Amerika ’n tameletjie. Veral in die jare sestig en sewentig het sommige Amerikaners wat teen die oorlog in Viëtnam geprotesteer het, hul land se vlag in die openbaar verbrand.
Wanderlust: Hoofstuk 18
Somtyds gooi die ongeluk jou op ʼn bondel en dan word daai lêery later lekker – as jy net kan vrede maak met die ongeluk.
Verbruikersake: Selfoonpyne
’n Selfoon is deesdae ook so duur dat mens nie sommer die stukkende een in die asblik kan gooi en ’n nuwe een aanskaf nie. Ina Opperman verduidelik wat jou regte is volgens die Wet op Verbruikersbeskerming wanneer jy jou selfoon laat herstel.
Botswana kry ʼn nuwe president
Die land is selde in die nuus, omdat hier nie dinge – wat Afrika so dikwels die nuus haal – gebeur nie, naamlik opstande, onluste, diktatorskap, plunderings, staatsgrepe. Botswana gaan stilletjies sy gang en is ’n besliste suksesverhaal, sonder om dit self aan die groot klok te hang.
Oom Herrie se kerrie: Jannetjie se kreef
“Ai oom Jannetjie, lat ek oom vanoggend met ’n kreef moet vang! Nogal ’n grote, ‘by the way’.”
Die Nasionale Minimumloonwet: Wat nou?
Die volle effek van ’n landwye minimum loon sal hom in die komende maande en jare afspeel. Die praktiese manier om ’n impak te maak, is deelname aan die prosesse binne die Nasionale Minimumloon-kommissie en om seker te maak dat die proses deursigtig en ewewigtig bestuur word.
Lindie Strydom: Bou en breek
Dalk het jy lank lank gelede vasgehaak by ʼn oomblik wat jou “gebreek” het en toegelaat dat dit alles daarna bepaal het. Lindie Strydom sê jy kan kies of dit die beslissende oomblik was, en of jy eerder ‘n “oomblik-vir-oomblik”-lewe gaan kies.
Is ʼn ‘poep’ abstrak? – Abstrakte selfstandige naamwoorde
Kry nou anderdag ʼn navraag van ʼn leerder – hulle moes die verskillende soorte selfstandige naamwoorde in die klas identifiseer, en hulle het geleer ʼn abstrakte selfstandige naamwoord is ʼn ding wat jy nie kan sien nie. Nou wil hulle weet: Is ʼn “poep” ʼn abstrakte selfstandige naamwoord?
Dit het sin om Republiekdag te onthou
Omdat ons ook vry wil wees om ons geskiedenis in herinnering te roep en aan ’n nuwe geskiedenis te bou, glo ons dat ons steeds Republiekdag in ons harte mag vier en ons kinders hiervan mag vertel.
Verbruikersake: Tog net nie aanlyn bedrog met my bank nie!
Aanlyn bedrog met jou bankrekening is sekerlik een van die dinge in ’n mens se lewe wat jy nie eers jou grootste vyand toewens nie. Ina Opperman gee raad oor hoe om hierdie soort bedrog te voorkom en wat om te doen as dit wel gebeur.
Wanderlust: Hoofstuk 17
Mens kan met min klere regkom in Afrika, meen Koos Greeff.
Onverdraagsaamheid sal SA vernietig
Suid-Afrika is op ’n mespunt. Hoeveel individue het nie al die een of ander tyd hierdie stelling gemaak nie?
Hoe om ’n tuisonderrigkurrikulum te kies
Op die ou end is daar nie ’n regte of verkeerde manier nie, jy moet ’n kurrikulum kies wat vir jou en jou kinders gaan werk. Jy kan altyd iets anders probeer as jy nie die eerste keer gekry het waarna jy gesoek het nie.
Die demokrasie van lawaai – ’n persoonlike mening
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Natuurlik is dit goed as mense hul menings lug – dit bevorder debat en ’n deursigtige samelewing. Dis selfs opwindend. En, moet ek erken, dis nie ’n eenvoudige aangeleentheid nie. Soms is van die lawaai juis reaksie. Mense redeneer dat hul stilswye vertolk kan word as aanvaarding.
Tyd vir bou
God is in die wonderwerkbesigheid. Niks is vir Hom onmoontlik nie. Daar kan geen twyfel wees dat Hy die enigste langtermynoplossing is vir ʼn wêreld wat koers verloor het nie.
Oor die seer en swaarkry weerskante van die N1
As jy wíl sien en dán kyk, sien jy haar aan weerskante van die hoofweg genestel: Sy is die tuiste van armoede wat jou aan die hart kom ruk. Die plek waar verdriet soos ʼn donker gees in meeste van die huise ingetrek het. Die voorstad waar hoop en drome aan skerwe lê. Vlaktes waar moed lánk nie meer bestaan nie.
Rusland neem toenemend belangrike internasionale rol in
Rusland het steeds unieke demografiese en ekonomiese uitdagings. Op geopolitieke vlak is dit egter duidelik dat Poetin beplan om Rusland in die sentrum van internasionale politieke-, veiligheids- en ander vraagstukke te plaas.
Waldo oor wiskunde: Moet ons dalk weer dink oor huiswerk?
Waldo sal nie kan sê hoe huiswerk in die toekoms hanteer gaan word nie maar, hy sluit af met die volgende: “Dankie aan elke onderwyser wat huiswerk sinvol gebruik om ons kinders se ingesteldheid te verander oor die vak en wat ons kinders verryk daardeur.”
’n Nuwe regering vir Italië
Ná bykans drie maande se vrugtelose onderhandelinge tussen die drie uiteenlopende partye oftewel alliansies wat op 4 Maart vanjaar tot die Italiaanse parlement verkies is, kon uiteindelik ’n regeringskoalisie uit die Vyfsterbeweging (Movimento Cinque Stelle [M5S]) en die regspopulistiese Lega tot stand kom.