“Weet Ouma dat ek nog is omdat Ouma so vir my bid? Ja, dinge was makliker toe ek nog kind was, en ek mis dit.”
Staatsdiens en vakbonde verniel die land
Suid-Afrika sit vandag met ‘n staatsdiens wat die land leeg melk en ‘n versameling vakbonde. Saam swaai hulle die septer van wanfunksionering en uiteindelike ondergang.
SA elite slaap deur reënboogrewolusie
Die geskiedenis het immers bewys dat daar slegs twee keuses is, en dit is tussen vrye samelewings waar niemand gelyk is nie, en gelyke samelewings waar niemand vry is nie.
‘Op vakansie’ of ‘met vakansie’? Gids tot Woordeboekportaal
Ek kry in die week ʼn navraag van ʼn gebruiker: Is dit “op vakansie” of “met vakansie”? Dis ʼn baie belangrike vraag, en dis belangrik dat elke gebruiker, jonk en oud, weet wat die antwoord daarop is, skryf Sophia Kapp.
Oorsigmagte van die parlement versus die reg op ’n billike verhoor
Die parlement moet egter versigtig wees om nie die skoene van die Valke en ander ondersoekende liggame te probeer vul nie en daarom moet die parlement die spesifieke doel om getuies te roep, baie duidelik stel.
Ideologie van gelyke armoede se verskerpte aanval op private eiendom
Met die Nasionale Vergadering se besluit van 27 Februarie is die bal vir grondonteiening sonder vergoeding aan die rol gesit. Die vraag is nou: Wat gaan die hersieningskomitee se aanbeveling teen die einde van Augustus wees?
Lang en moeilike pad van herstel lê in Irak voor
’n Mens kan dus verstaan dat die mense van Irak sukkel om baie optimisties oor die toekoms te wees. Volgende maand se verkiesing sal een stap in ’n lang pad van herstel vir Irak wees.
Tuisonderrig: Is dit dalk ’n oplossing?
Tuisonderrig, aan die ander kant, word baie keer in die verkeerde lig gesien. Die prentjie wat mense dikwels het, is ’n ma wat by die huis klasgee. Met onderrig in die 21ste eeu lyk die prentjie egter baie anders. Tuisonderrig kan op verskillende maniere gedoen word:
Sirië: Die Weste maak droog
Die militêre betrokkenheid van soveel lande in die Midde-Ooste is sekerlik ’n bron tot kommer. Verder is dit duidelik dat onstabiliteit in die Midde-Ooste gaan voortduur vir etlike jare, soos ons nou reeds generasies daaraan gewoond is. Hoewel: die konflik is nie meer Israel teen die res nie, maar eerder die Soenniete Alliansie (en die Weste) teen die Sjiïtiese Alliansie (en die Russe).
Duisende Australiërs stap teen plaasmoorde. Waarom nou?
Wat het dan nou gebeur dat Maart die “internasionale maand vir plaasmoorde in Suid-Afrika” geword het? Die antwoord lê in 27 Februarie 2018 opgesluit, skryf Dirk Hermann van Solidariteit.
Waarom peuter?
As ons die afgelope meer as twee dekades gaan kyk na wat transformasie aan die land gedoen het, is dit geen mooi prentjie nie. Oral waar daar gepeuter is met ʼn bestaande en werkende orde, het dinge agteruitgegaan.
Mengeltaal en fopnuus oor Afrikaans
Afrikaanssprekendes moet tans versigtig wees en vreemde uitsprake oor veranderde taalbeleide of wette bevraagteken voor dit aanvaar word.
Wanneer laas het jy in ʼn wingerd wakker geword?
Soggens, wanneer die son kopuitsteek bo die growwe Bolandse berge, drink ons boeretroos en eet beskuit op die houtdek. By die minuut word die buitelyne van die Helderberg al hoe duideliker. Swerms swaeltjies swiep deur die lug. Skrophoendertjies woel tussen die rose. ‘n Werfvark snork in ‘n kampie langsaan.
Wanderlust: Hoofstuk 11
Toe breek 1989 aan en Suidwes moet verkiesing hou. Ek spandeer vier maande van daai jaar in Suidwes en werk myself die malaria in en uit. Werk steeds as onoffisiële “observer”, want ek ry met my eie bakkie en bly in gastehuise of by vriende …
Waarom eiendomsreg?
Waarom moet ons ten gunste wees van eiendomsreg? Die antwoord is drieledig skryf Piet le Roux van AfriSake.
Vryhandelsooreenkoms tussen 44 Afrikastate
’n Mens hoop dat iets van hierdie ooreenkoms kom, alhoewel die ondervinding eerder skepties maak. Groot woorde en planne het al uit Afrika gekom en min het daarvan gekom wat tasbaar en tot voordeel van die mense is.
‘Welcome to the NWU open day 2038’
Op pad kar toe onthou ek die woorde van die bestuurslede in 2018, hoe hulle geglo het dat taal die laaste stryd is. Hulle het nie besef dat dit die eerste stryd is nie. Dat taal nie die einde is nie, maar die begin.
Leierskap en ’n gehoor van Een
Die vraag is nie of ons voor ’n gehoor lewe nie, maar eerder wie ons gehoor is.
ʼn Pyn in die oog (!!!!!)
Hoe werk beklemtoning in tekste? Mag ʼn mens twee uitroeptekens gebruik? En wat van ʼn vraagteken en ʼn uitroepteken? Of is dit ʼn geval van “te veel van ʼn goeie ding is eintlik te veel”? Sophia Kapp neem die kwessie onder die loep.
Orban-oorwinning belangrik vir toekoms van Europa
Hou gerus Hongarye, Pole, Oostenryk en ander Sentraal- en Oos-Europese lande oor die volgende paar jaar dop.