Met die wye Klein Karoo aan die een kant en die kuswoude van die Tuinroete aan die ander, is George ‘n unieke bestemming. Hier is ‘n paar gunsteling-gesinservarings in George – en glad nie teen ‘n plaas se prys nie!
Die agteruitgang van die sosiaal-demokratiese partye in Europa
In Swede was die sosiaal-demokrate vir die grootste deel van die 20ste eeu die bepalende party, in so ʼn mate dat hulle Swede in ʼn sosiaal-demokratiese modelstaat verander het. Hier is die agteruitgang nog nie so sterk nie omdat die welsynstaatmodel nog werk, maar ook hier is ʼn afwaartse tendens te bespeur.
Gebou om te veg, maar gebore om lief te hê
Ter viering van liefde wat werklik ʼn verskil maak, besluit my kinders se skool om vir Valentynsdag kos in te samel vir die behoeftige gesinne. Hulle kies Ferdinand die bul as tema en vra of ek met die kinders sal gesels oor hierdie mooi storie, skryf Lindie Strydom.
Ondersteun mekaar
Dit is vandag jou keuse om 2018 te omhels, van elke uitdaging ʼn geleentheid te maak. Hou die verhoudings in die gesin kerngesond, staan saam teen elke storm, deel in mekaar se vreugde en oorwinning, om aan die einde van die jaar dankbaar terug te kyk en te sien in watter groot seën die gesin gedeel het.
Die klein prinsie
Dit sal vir ‘n ouer nooit maklik wees om die dood van ‘n kind te verwerk nie. Marisa Engelbrecht skryf hierdie rubriek oor haar gesin se persoonlike ervaring met die uitsonderlike moeilike stryd:
Verbruikersake: Oppas vir hierdie krediet
Mens sien hierdie advertensies vir lenings daagliks: “No credit checks” en “Black listed welcome”. As mens in ʼn finansiële krisis is, lyk hierdie advertensies egter nie so ongeloofwaardig nie. Ina Opperman neem die kwessie onder die loep.
Dankie aan die Namibiërs
ʼn Taal wat sy eie, unieke plek in sy eie, unieke omgewing gekry het …
Onderlinge verhoudinge en beleid kan grond-toekoms bepaal
Die eerste stappe het agter die skerms begin om die nagevolge van die parlementêre besluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding met die mins moontlike benadeling van die land te probeer hanteer.
Onteiening van hoop sonder vergoeding
Ons moet so ver moontlik onsself verskans. Mens hoop op die beste maar beplan vir die ergste. Die tyd is wel verby waar ons hoop koppel aan bewoording van wette en spesifieke individue. Soos Josef in Egipte ook geleer het, kan jy nie reken op toekomstige leiers om huidige skikkings te eerbiedig nie.
ʼn Aanslag wat ons nie kan verduur nie
Koerante, internetblaaie, radiostasies en die televisiekanale verdien ons steun. Hulle is ʼn laaste bastion teen die oorweldigende tsunami van bedrog en korrupsie wat oor die land spoel, skryf Peet Bothma.
ʼn Kabinet om korrupsie uit te sny
Suid-Afrikaners moet daarteen waak om nie deur die Ramaphosa-charisma gepaai te word en hul veldtog vir reg en geregtigheid laat vaar nie. Dis nou die tyd om so wakker as moontlik te wees.
Moenie menseregte as vanselfsprekend aanvaar nie
Dit is vanjaar die sewentigste herdenking sedert die Universele Verklaring van Menseregte van krag geword het. Tog skryf Salil Shetty, sekretaris-generaal van Amnestie Internasionaal in die jongste jaarverslag dat niemand vanselfsprekend kan aanvaar dat sy menseregte beskerm sal wees nie.
Hindernisse vir onteiening sonder vergoeding
ʼn Mens kan die nuwe president met oortuiging in sy aangekondigde kruistog teen korrupsie steun. Maar as dit kom by eiendom … wees maar wakker.
Verbruikersake: Jou regte in die gimnasium
Ina Opperman verduidelik wat die Wet op Verbruikersbeskerming bepaal oor jou regte wanneer jy by ʼn gimnasium aansluit.
Totius se skuif was simbool van wat kom
Die verskuiwing van die Totius-standbeeld, ʼn Afrikaanse ikoon, stigter van die Puk en eerste Kanselier, was ongelukkig die eerste teken dat Afrikaans se toekoms selfs op Potchefstroom nie meer veilig is nie. Die werklike olifant op die kampus is hoe lank Afrikaans nog veilig op die Potch-kampus gaan wees?
Só vorder Gerrie Nel met privaat vervolgings
Na adv. Nel se aankondiging in hierdie verband, het ʼn aantal lesers van Maroela Media gevra wat van die vorige privaatvervolgingsake wat AfriForum aangekondig het, geword het. Kallie Kriel van AfriForum gee daarom graag terugvoer.
Wanderlust: Hoofstuk 4
Ons is ʼn lot kinders en oom Ousyp se dogters is mooi en ons Greeffies is rammetjie-uitnek, skryf Koos Greeff.
Dag Zero vir voedselsekerheid
Die regering se inmenging sover het grootliks uitgeloop op mislukkings. Laat die privaat sektor en spesifiek die kommersiële landbou hierdie planne maak, en laat die leiers luister na die kundiges se waarskuwings en raad, om ʼn volgende Dag Zero te voorkom.
O, Boereplaas, geboortegrond …
Watter troos is daar dan vir gelowiges met die aanhoor van kommunisties-sosialistiese dreigemente vanaf staatskant? Die Bybel gee die enigste antwoord, ook wanneer die voorreg om iets ons eie te noem, in gedrang kom.
Feiteblad: Studeer in jou eie taal
As jy jou daarin verlustig dat mense wat Afrikaans praat nie in Afrikaans mag studeer nie, stroop jy jouself daarvan om met geloofwaardigheid enige simpatie met Steve Biko of die jeug van 1976 se stryd te betoon.