Wat ook ʼn rol speel, is die vrees dat die tyd moontlik vir die ANC se geplunder aan die uitloop is. Suid-Afrikaners op voetsoolvlak neem kennis van die gebeure in Zimbabwe, en talle sien die ooreenkomste met hul eie land.
AfriForum nou 200 000 sterk
Dankie aan elkeen wat die pad saam met AfriForum gestap het tot op hierdie punt. Ek sien daarna uit op saam met hulle die pad vorentoe te stap, nie net tot by die 250 000-mylpaal nie, maar tot op die punt waar ons almal ʼn nóg groter bydra gelewer het om ʼn beter toekoms te skep.
Chris Chameleon: Die uitgekontrakteerde liefde
My gedagtes gaan na die uitgekontrakteerde liefde wat al deel van ons lewensstyl geword het. Ons kontrakteer die liefde vir ons tuine uit, die liefde vir ons huise. Ons kontrakteer die liefde vir ons skoon linne uit, die liefde vir ons skoon karre… skryf Chris Chameleon.
Oom Herrie se kerrie: Fakture net waar jy kyk
As daar in huishoudings nou regtig vir mekaar fakture gestuur moet word, wie gaan aan die kortste ent trek? Oom Herrie gaan loshande binne ’n dag kniediep in die rooi wees…
Mag die goeie leier in Ramaphosa ons lei
As Ramaphosa president word, mag dit die goeie leier in Ramaphosa wees wat ons lei.
Ramaphosa en die ANC-leiersverkiesing
Wie gaan die ANC-leiersverkiesing in Desember wen – Cyril Ramaphosa of Nkosazana Dlamini-Zuma? Om in kerksake te voorspel, is redelik maklik. Daar moet jy tussen sleg en goed kies. Om in politiek te voorspel, is baie moeiliker. Daar moet jy meestal tussen sleg en slegter kies. Hier is dit ook die geval.
SA is op die rand van ʼn kernkrag-afgrond
Die ANC het planne om seshonderd miljard rand (ander berekeninge plaas die syfer op eenduisend miljard) êrens uit te krap vir nuwe kernkragstasies. En dit terwyl ons (a) nie die krag nodig het nie en reeds met ʼn Eskom-oorskot van 10% sit en (b) daar internasionaal sterk stemme opgaan teen die nadele van kernkragstasies.
Outonomie vir die Afrikaanse Gemeenskap: Teoretiese en politieke vereistes
“ʼn Volk of groep kan immers nie selfseggenskap kry as hy dit nie ten diepste begeer en nastreef nie.”
Redakteursbrief: Kom maak jou tuis in ons splinternuwe sitkamer
Jy sal sien die belangrikste nuwe ding by jou gunsteling kuierplek hier op Maroela Media is die lekker klomp stoele wat ons nader gesleep het. Hier is sitplek vir elkeen in die familie.
Die agt pilare van die blaam van apartheid
Ons moet kan praat oor apartheid sonder om dit regverdig. Die grootste struikelblok is nie meer die wil om verskoning te maak nie, maar die wil om aanvaarding van veral wit mense se hand van vriendskap en hulp. Wit mense se bydrae in die Suid-Afrika van vandag is enorm ten spyte van vele struikelblokke en kan nóg groter wees.
Stille diplomasie: ANC, Zuma en regering swyg oor Zimbabwe
Hoewel nog ʼn vryheidsvegter die leisels oorneem, wil hulle bloot nie erken dat Mugabe so ʼn enorme en ongewilde ramp was nie. Hulle kyk uiteraard ook na Zimbabwe as ʼn spieël en sien hul eie tanende gewildheid en miskien selfs hul toekoms. En dit laat hulle duidelik sonder woorde – en antwoorde.
Viktor Orbán – Die laaste Kruisvaarder
Is dit moontlik dat ʼn leier van ʼn relatiewe klein landjie soos Hongarye die rewolusie teen ʼn kragtige globalistiese en liberale wêreldorde kan lei?
Ligloop vir te veel Swart Vrydag-kopies
Swart Vrydag het nou al goed nes geskop in Suid-Afrika, al is dit oorspronklik op die laaste Vrydag van November net in die VSA gehou om die begin van die Kersinkopieseisoen in te lui. Ina Opperman vertel hoe jy kan sorg dat jou beursie nie te plat anderkant hierdie reklameveldtog uitkom nie.
Op reis deur Europa: Bloed in die Seine
Ek dra hierdie artikel op aan die nageslag van die Franse Hugenote (Protestante) wat na Suid-Afrika gevlug het tydens die uitwissing van die Hugenote in die 16de en 17de eeu in Frankryk, skryf Thomas Dreyer.
Zuma het verlede jaar al sy Mugabe-oomblik gehad
Integriteit, eerlikheid en ʼn gevoel van opregte landsbelang is nie waardes wat deur middel van reëls afgedwing kan word nie. Jy het dit, of jy het dit nie. Robert Mugabe is ʼn sprekende voorbeeld.
Lindie Strydom: Eindig sterk
“Ons probeer veral ons emosionele energie sover moontlik spaar, maar is daar nie dalk ʼn manier om meer emosionele energie te genereer sodat ons 2017 sterk kan klaar maak – en sommer 2018 met meer lewenskragtigheid kan aanpak nie?” skryf Lindie Strydom.
Lesersbrief: Noodkreet uit Fauresmith
Bloemwater trek eenvoudig die skouers op. Inteendeel, dit is hulle wat die spreekwoordelike kraantjie toedraai. Daar word gesê ʼn mens mag nie waarde heg aan ʼn persoon se lewe nie, maar hulle doen dit: R193 miljoen.
Outonomie vir die Afrikaanse Gemeenskap: Die praktiese vereistes
“As jy ʼn taal wil beskerm, beskerm die sprekers van die taal, het Flip Buys gesê.”
Hoekom nóg optogte en aksies ná Swart Maandag nodig is
Johnny Muller, ’n boer van Frankfort in die Vrystaat, wat op 23 September op sy plaas aangeval en in die kop geskiet het, is ook ten gunste van die optog. “Ek gaan saamstap omdat ek dit genadiglik oorleef het. Mense moet deelneem sodat die wêreld kan sien wat in Suid-Afrika aan die gang is.”
[Foto’s] Tsitsikamma: Plek van sprankelende water
Op die snelweg na die Tsitsikamma blom die fonteintjiebos dié tyd van die jaar al langs die pad in pers trosse teen die donkergroen inheemse woud. Broccoli-bome, noem ons seuns dié woude, skryf Carina Stander.