Nou die aand hoor oom Herrie ’n vreemde kraakgeluid, gevolg deur ’n ontstelde “Ag nee!” van Jandré af. Oom Herrie gaan stel ondersoek in.
Oostenryk: parlementsverkiesing bring swaai na regs
Oostenryk volg die tendens ná wat ook in Duitsland waarneembaar was met die onlangse verkiesing, naamlik ʼn swaai na regs as reaksie op die instroming van vlugtelinge en immigrante, ʼn kulturele vervreemding en groeiende misdaad.
Akademia: Lesse van Baylor in die VSA
Kan ʼn Christelike privaat gemeenskapsuniversiteit uitnemend wees?
Oostenryk boodskapper van nuwe politiek
Europa se politieke ordes verander ingrypend, al verseg Suid-Afrikaanse media soms om daardie verandering behoorlik te registreer. Daar is ’n nuwe politiek vaardig onder baie volke van Europa.
Jeugdige werkloses kan ʼn bate word
Wat is verkeerd daarmee om op groot skaal arbeidsmagte byeen te bring om die instandhouding van ons infrastruktuur en byvoorbeeld paaie, veral slaggate, te behartig en herstel?
Hoofstroommedia, Spur en Jacaranda FM: ‘Afvalliges’ moet luister en nie gehoor word nie
“Die langtermyn gevolge hiervan kan nie goed wees nie. Dit vernietig geloofwaardigheid en ons gaan ons waardevolle hoofstroommedia verloor.”
Lindie Strydom: Goed, beter, beste
Is jy te lui of te gewoond, te bang of te besig om die verandering of die verbetering te maak wat nodig is om die beste te wees wat jy kan wees? Lees Lindie Strydom se rubriek.
Tel jou woorde: Die vers is ‘n refrein en die gesang ‘n requiem
Daar is ‘n verskil tussen ‘n opinie en ‘n feit. Daar is ‘n verskil tussen ‘n persoonlike voorkeur en ‘n taalreël. Daar is ‘n verskil tussen raad en goeie raad. Daar is ‘n verskil tussen ‘n betroubare bron en Facebook… skryf Sophia Kapp.
Dink mooi oor emigrasie
Mense sal nie sommer in die motor spring en van Pretoria af Kaap toe verhuis sonder werk, geld of blyplek in die pyplyn nie. Snaaks genoeg is daar sowaar mense wat so emigreer.
Wapenbeheer bied nie oplossing vir geweld nie
Meer as 40% van die wêreld se vuurwapens wat in privaat besit is, behoort aan Amerikaanse burgers. Amerika se bevolking van 323 miljoen mense besit meer as 300 miljoen vuurwapens.
Hoe raak geestesgesondheidmaand babas en peuters?
Ons hoor nie dikwels dat geestesiektes by babas en peuters gediagnoseer word nie. Gevolglik laat die woorde “baba” en “geestesgesondheid” in een sin maklik die wenkbroue lig.
Op reis deur Europa: Somer in Frankryk
Somer is ‘n pragtige tyd in Europa. Alles is groen. Blomme groei in blombakke op vensterbanke, op sypaadjies en in parke. Die son is helder, die lug blou en die wolke spierwit… skryf Thomas Dreyer.
Ope brief aan die nuutverkose leier van die ANC
Hierdie skrywe is ʼn ope brief aan die verkose leier waarin Jannie Pelser vra dat die toekomstige nuutverkose leier van die ANC eerlik oorweeg of hierdie amp inderdaad op sy/haar weg gelê is.
Katalonië se pad na staatskap is steil (en Spanje weet dit)
Katalonië se pad om ʼn onafhanklike staat te word is met vele massiewe dorings besaai.
Landbou dalk sterker as wat boere self besef
“Boere is inherent optimistiese mense, al gaan dit soms moeilik.”
Katalonië: Wipplank van emosie en rede
Die afgelope tyd was die Spaanse provinsie Katalonië en sy regering sterk in die nuus met die plan om die streek eensydig te laat afskei. Wat is die samespel van emosie en rede hier, en hoe is dit van belang vir Suid-Afrika en die Afrikaners?
Internasionale Veldtog vir die Afskaffing van Kernwapens verower Nobelprys vir Vrede
Met die toekenning wil die Nobelkomitee, wat die prys toeken, weer die aandag vestig op die gevaar van kernwapens en die voortgesette stryd om die wêreld vry van kernwapens te maak.
ʼn Mens se ouers
Een oggend besef jy jou ouers is nie meer dieselfde nie. Hulle is daar, maar ook nie heeltemal nie. Geleidelik het jy deur die jare gesien hoe hulle liggame verander… skryf Juliana Coetzer. Sy gee raad aan kinders wie se ouers ouer word.
Eers Katalonië, nou kom Venesië en Lombardye aan die beurt
Die afloop van die Katalaanse referendum wat heel moontlik op ’n eensydige onafhanklikheidsverklaring sal uitloop, en die Spaanse regering se gewelddadige reaksie op die referendum self, het Europese politieke filosowe aan die herbesin oor wat die woord “demokrasie” beteken.
Lesersbrief: Die Pannekoektannie word mondig
“Om vir 21 jaar lank pannekoeke te staan en bak, sit nie sommer in enigeen se voorskoot nie. Altesaam 21 jaar in ʼn treiler is ʼn leeftyd van wind en weer, van hittige somers en koue winters.”