Dis Moedersdag. Vroeg volgende jaar, as ma die lewe hou, word sy 90. Lewe? Die afgelope ongeveer ’n dekade leef ma asof anderkant ’n donker…
Lesersbrief: Wat is fout met die Bulle?
Baie mense vra wat is die probleem by BBRU. Is dit die afrigter, is dit fiksheid of BBRU se bestuur wat die afrigter verhoed om sy afrigting te volg, of is dit kwotas?
James Comey se afdanking: Aasvoëls sirkel die Withuis
Het pres. Donald Trump met sy afdanking van die FBI-hoof, James Comey, ’n krisis geskep wat kon gebly het?
Kernkragplanne voorlopig gestuit
Baie van Zuma se onlogiese en kortsigtige besluite maak nie sin nie. Om van Gordhan en Joemat-Petterson in Maart ontslae te wou raak, maak wel meer sin as dit teen die Brics-agtergrond beoordeel word.
Redakteursbrief: Het jy al ʼn huis help afbrand?
Vanoggend sit ek en wonder hoe verloop só iets, as jy deel van die skare is wat ʼn huis aan die brand steek, of ʼn dorp verwoes en plunder. Mens staan immers nie in die oggend op en dink “vandag gaan ek ʼn huis afbrand” nie. Ek dink dis iets soos dié…
Só beskerm die Nasionale Kredietwet jou
Wanneer jy oor ʼn kredietooreenkoms wil kla, moet jy eers by die kredietverskaffer self kla. Indien jou klagte nie opgelos word nie, kan jy kla by die Nasionale Kredietreguleerder.
Op reis deur Egipte: Dr Ahmad en die spinnekopbyt
Teen dié tyd kan Retha nie meer lekker met die been loop nie. Sy is koorsig en slaap omtrent heeldag. Laatmiddag gaan stap ek ʼn draai om te kyk hoe die son oor die Sinaiberge sak en kom verby dr. Ahmad se spreekkamer. Ek stap in en wys hom die foto’s. Hy wil haar dadelik sien…
Bestaan die Islamitiese Staat (Isis) werklik?
Kyk lesers vandag na internasionale nuuskanale, is daar omtrent daagliks berigte oor die Islamitiese Staat (Isis). Wat egter opmerklik is, is dat die organisasie asof van nêrens ontstaan het nie en sonder ’n bewese leierskap tot ’n wêreldwye bedreiging ontwikkel het.
Op reis deur Egipte: Sinai, die berg van Moses
Jy klim vir so drie ure en dan is jy bo-op die berg Sinai, of Horeb, waar die Here vir Moses die Tien Gebooie gegee het. Baie mense klim in die nag op om die sonsopkoms daarbo te sien.
Tel jou woorde: ʼn Ode aan die moeder
Sondag is dit Moedersdag. ʼn Dag vir moeders. ʼn Dag van erkenning en dank en viering, waarop ons eer betuig aan die vrou wat ons nie vermoor het nie, al het sy (meer as een keer) rede gehad om dit te doen.
Welvaartbelasting – kan Suid-Afrika dit bekostig?
Farrand meen Suid-Afrika se bestaande belastingbasis kan verbeter deur bloot meer op die doeltreffende bestuur en administrasie van boedelbelasting te fokus. Dit sal ook help as belasting wat reeds ingevorder is, reg aangewend word.
’n Tydsreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030
“Die voormalige Anglo American- uitvoerende beampte Bobby Godsell het onlangs die eertydse president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, Jan Brand, aangehaal toe hy gesê het, “Alles sal regkom as elkeen sy plig doen”. Deel van dié plig is om eerlik te wees oor die toestand waarin die land nou is.”
Frankryk se paradoks-legkaart
Dus, liewe leser, vergewe my wanneer ek die Franse verkiesingsuitslag vandag gaan probeer verklaar. Dis natuurlik aansienlik ingewikkelder as wat ek dit hieronder doen, skryf Leopold Scholtz.
Lesersbrief: ʼn Brief aan jou, die ander mamma
Soms kan ons nie ons lewe of ons kinders kies nie, maar ons mammas kan kies om mekaar met woorde ondersteun, skryf Gerda Smit.
Wit mense weer die slaansak
Wit mense se bydrae in die huidige Suid-Afrika, ten spyte van vele struikelblokke, is enorm. Dit kon egter soveel meer gewees het as wit mense nie deur wetgewing en beleidsraamwerke soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie uitgesluit word van die ekonomie nie.
Misdaad kán met goue driehoek verslaan word
AfriForum en die Solidariteit Beweging gaan ons mense nie alleen laat nie. Ons gaan op die voorpunt van die stryd teen die misdaadplaag veg tot ons saam die stryd gewen het. Gemeenskapskrag is sterker as misdaadmag.
Kwotas baat nóg wit, nóg swart: Ontwikkeling die enigste kuur
Ons durf nie toelaat dat kwotas afbreuk doen aan hierdie prestasies nie. Niemand vind baat by ʼn rassegebaseerde kwota nie – nie die spelers nie en ook nie die toeskouers nie en nog minder die land.
Nuuskommentaar: Coligny – Dis ’n geval van ras, stupid! Of is dit so eenvoudig?
Die gebeure in Coligny toon dat rassespanning soms vlak onder die oppervlak kan broei en net ’n vonkie nodig het om te ontbrand. Dit help ook nie dat politici, soos die president self, die rassetamboer bly moker op so ’n manier dat polarisasie aangeblaas word nie.
Presidentskap nie vir onkundiges
Ná sowat ’n kwarteeu kom daar al hoe meer geluide uit die ANC dat onbevoegde ontplooide kaders op verskillende regeringsvlakke met kundiges vervang moet word.
Die probleem met gelykheid
“Miskien moet ons begin praat van gelyke vryheid vir almal.”