Die chaotiese gebeure moet egter nie die aandag van die feit aflei dat Zuma steeds sy rasse-obsessie bly voortdryf nie.
Vier tog in liefdesnaam Valentynsdag
Dit het gebeur: Valentynsdag is geweeg, en te lig gevind, en dít sal nie deug nie. Dié dag het immers hoop gebring.
Vra vir Susan: die belangrikheid van lees
My kind is in gr. 3. Hy sukkel vreeslik met lees. Hy sukkel baie om “b” en “d” te onderskei en lees baie hakkelrig.
Hoe lyk ons kinders se erfporsie?
Ek wonder oor Suid-Afrika en wat ons vir al die kinders van hierdie land agterlaat. Die meeste van ons wat hier lees, is waarskynlik ouers in die samelewing, ons het ʼn ent gevorder op die lewenspad en baie lesse geleer.
Lesersbrief: Rassisme – wat beteken dit?
Die manier waarop die woord rassisme in Suid-Afrika en ook wêreldwyd gebruik word, maak nie sin nie. Sekere mense sien dit net as die verskil tussen wit en swart en in ander gevalle is dit die verskil tussen rasse.
Ken mekaar se geskiedenis
Die vraag is egter of groter kennis van mekaar se geskiedenis in Suid-Afrika nie die polarisasie wat oor ’n wye front ervaar word, sal kan help besweer nie?
Oom Herrie se kerrie: Van turksvye tot sjokolade
Kleintyd het een nefie te veel kaboemielies, skynbaar met doppe en al geëet, en ʼn ander te veel turksvye. Ek kan nie onthou watter nefies nie, net die gevolge.
Vooruitgang of verval vir Frankryk?
Is die eens magtige Frankryk op ʼn onstuitbare pad van verval? Frankryk staan deesdae bekend as die land met die pessimistieste burgers in Wes-Europa.
Redakteursbrief: Die staatsrede, Rome wat brand, “honourable members” en respek
ʼn Groot geraas in die parlement, teenoor ʼn stil verslaentheid op Loftus… Susan Lombaard neem die afgelope week se gebeure in oënskou.
Die kinders op die bus
Ons het seker laf gelyk, ek is seker, maar soos ek verder ry, het my gemoed al ligter geraak en ek kon my dag begin. Dis is snaaks hoe klein dingetjies mens se hart kan raak.
Die sewende taak
“Ons luister nie na die bevreesdes nie. Ons kan en sal onsself orals handhaaf. Voorwaarts sonder vrees!”
Die ‘ek-is-amper-30’-sindroom
Op amper-30 ervaar ek ʼn soort gemaklikheid met myself wat ek nie vroeër gehad het nie. Ek hoef nie meer my gesig soos ʼn Plascon-advertensie te verf voor ek ʼn brood by die Spar gaan koop nie.
Is dit die einde van globalisering?
In ’n verslag wat onlangs deur die navorsingsinstituut van die internasionale bank Credit Suisse bekendgestel is, dui alle koersaanwysers daarop dat globalisering besig is om af te neem.
Groot-Brittanje: Brexit kry rigting
Brexit word vir Brittanje ook vergemaklik deur die sterk bande met die VSA en die goeie verhoudinge tussen May en die Amerikaanse president Trump, ʼn voorstander van Brexit en van ʼn spesiale verhouding met Brittanje.
Dieper as korrupsie – die nadelige impak van staatsbeheerde instellings
Tog eindig die impak van staatsondernemings nie net by korrupsie en swak bestuur nie. Die dieper vraag oor die impak van sulke instellings moet in die raamwerk van die ekonomiese aansporings, die kapitaalstruktuur en die breër toekenning van ekonomiese hulpbronne oorweeg word.
Die onbesonge helde
Suid-Afrika se mense bewys die afgelope paar dae weer hoe ʼn held – in hierdie geval die afsterwe van ʼn sportheld – die nasie, ondanks sy veelsydigheid en verskille, kan verenig.
94 en 1994: Psigiatriese pasiënte se sterftes ’n druppel in ANC-emmer
Die dood van 94 psigiatriese pasiënte word tereg met reuse-verontwaardiging, woede en media-aandag begroet. Nog sterftes word verwag en dit is ’n yslike klad op die ANC se post-1994 bewind.
Daar skuil meer agter EU as ideologie
Dit is vandeesweek (7 Februarie) presies 25 jaar gelede dat die stigtingsverdrag van die Europese Unie (EU) onderteken is. Dit het gebeur in die pragtige Middeleeuse middestad van Maastricht in Nederland en het sedertdien ’n beslissende invloed op die Europese geskiedenis gehad.
Oomblikke met God – in volle fokus
“Hoe gaan dit met jou?” “Sleg dankie, en jy”? “Nee ook sleg, dankie!” “Ok baai!”
Vryehandel teenoor sogenaamde vryehandel
Anders as wat Gardner beweer, is ʼn ware vryehandelsooreenkoms baie maklik. Dit skaf belastings, heffings, kommissies, kwotas en burokrate se werksgeleenthede af en laat dit aan boere, maatskappye, entrepreneurs en ander private organisasies oor om hul eie handelsooreenkomste te beklink.