Marokko se hertoelating tot die Afrika-Unie (AU) voorspel niks goeds vir Wes-Sahara se selfbeskikkingsideale nie, skryf Jeannette Gnade.
Was kolonialisme net sleg?
Kolonialisme en slawerny is twee gebeure uit die geskiedenis wat vandag ad nauseam in veral swart kommentators se kritiese meningstukke opduik. Maar was daar ook ʼn positiewe kant aan veral die “scramble for Africa”? Org Potgieter besin hieroor.
Wannsee en die ‘finale oplossing’
Naas Auschwitz is Wannsee die makabere simbool van die dieptes waartoe mense kan daal, skryf Leopold Scholtz.
Om mure te bou: Boos of uit selfbehoud?
Die media en ook talle politici is tans in rep en roer oor die beoogde bou van ʼn grensmuur tussen die VSA en Mexiko, een van pres. Donald Trump se verkiesingsbeloftes.
Nié die einde van ANC-vuilspel
Die ANC gaan weer en weer probeer om deur politieke vuilspel aan bewind te bly. Die land se kwynende joernaliskorps wat nog ruggraat het sal hierop bedag moet wees, skryf Peet Bothma.
VSA-besoek: May kwyt haar meesterlik van taak
Die Britse premier, Theresa May, se pas afgelope besoek aan die VSA en pres. Donald Trump was ʼn triomf. Dit toon haar as ʼn staatsvrou en skaakspeler van betekenis want sy het – voorlopig altans – aansienlik meer uit die besoek gekry as wat sy onder normale omstandighede kon gehoop het, skryf Leopold Scholtz.
Absa-lening: Reserwebank se rol in banksektor
Die afgelope paar weke woed daar ʼn hewige debat, soms met eienaardige sienings, oor die lening wat die Reserwebank in die vroeë negentigerjare aan Absa toegestaan het.
Oom Herrie se kerrie: Veldbrande is van die duiwel
Iemand gaan lui toe vir Koos op sy plaas in die Wes-Transvaal op. Koos is mos al vreeslik gekonfyt met veldbrande.
Wees wakker en lééf!
As jy dink waarvoor jy jou lewe, jou tyd, jou geld, jou energie en jouself gee – is dit vir ʼn onwerkelijke droomwêreld …
Ma deel hartseer ná kind (2) se dood
“Ek sê vir hulle daar is geen manier hoe julle vir my gaan sê my kind is dood nie. My kind lewe! Ek gaan nie nog ʼn kind begrawe nie. Ek gaan nie by nog ʼn graf staan en my hart onder ʼn hopie grond begrawe nie.”
Obama-nalatenskap lyk toenemend minder rooskleurig
Obama sal onthou word as ’n vriendelike, charismatiese leier, maar nie as iemand wie se visie en drome ooit werklikheid geword het nie, skryf Jaco Kleynhans.
Populisme en fopnuus lankal deel van vakbondwêreld
ʼn Vakbondpopulis benodig ʼn militante platform wat nie vrae vra nie. Bloukraagwerkers wat nou glo dat hulle uitgebuit word deur “wit kapitaliste”, bied die ideale platform, skryf Gideon du Plessis.
Chris braai eerder as om groente ‘dood te maak’
“’n Mens moet probeer om groener te wees. En nou praat ek nie van meer gereeld jouself oorlewer aan jaloesie of te hard aan jou eerste sigaret trek nie.”
Linkse onverdraagsaamheid en die opkoms van die nuwe verkramptes
Dit sal interessant wees om te sien na wie daar 50 jaar later as die verkramptes verwys word, skryf James Kemp.
Progressiewe vs. konserwatiewe geskiedenisbeskouing: Die pyl of die pendel
Konserwatiewes fokus op die bou van ʼn beter toekoms, sonder om die verlede weg te gooi, terwyl progressiewes se fokus gerig is op die afbreek van alles wat in die pad van die toekoms, waar die perfekte wêreld sal wees, staan.
Is 2017 die einde van die ‘Einde van die Geskiedenis’?
Daar lê interessante tye vir ons voor. Maar dat die einde van die “Einde van die Geskiedenis” aangebreek het, is ’n feit soos ’n koei, skryf Ernst Roets.
Fees van die Europese regses
Marine le Pen, moontlik Frankryk se volgende president, het gesê met Brexit en Donald Trump se verkiesing tot Amerikaanse president is ’n nuwe wêreldorde ingelui. Maar is dit heeltemal so eenvoudig?
Nuuskommentaar: Was daar ANC-vuilspel met koverte verkiesingsoperasie?
Dit is noodsaaklik dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie nou reeds presies uitpluis wat feit, en wat fiksie is, oor ’n beweerde koverte (geheime) taakspan van die ANC om verlede jaar se verkiesing met gemene spel teen die DA en EFF te beïnvloed, en die ANC se agenda te bevorder.
Lesersbrief: New York vroue-optog verwarrend
Miskien is my morele kompas foutief. Of miskien is Donald Trump se klein grypende hande die grootste bedreiging vir vroue. Ek weet nie, al wat ek geweet het daardie sonnige Saterdag is dat ek skoon vergeet het van my koffie.
Broei hier ’n nuwe vorm van internasionale terreur?
Die Islamitiese Staat en die Taliban verspeel ook geen kanse om hul verderflike saad so te saai nie.