“Hoër belastings is nie ʼn volhoubare oplossing nie, aangesien dit bloot die privaatsektor en ekonomiese groei verder sal belemmer,” het Van Onselen bygevoeg.
Waarom wit mense nie oor witheid praat nie
Daar is groeiende kommer oor die waarneming dat baie wit mense, die Afrikaner in besonder, verkies om nie aan openbare gesprekke oor ras deel te neem nie.
Nuuskommentaar: Die akademiese ystergordyn en studente-onluste
Die studente-onluste het eenvoudig die links-liberale akademiese gordyn wat ’n beduidende groep akademici om universiteite probeer trek het, aan flarde geruk. Maar het hierdie akademiese gordyn se verdraagsaamheid teenoor “links” en onverdraagsaamheid teenoor “regs” nie flink help skep aan ’n klimaat van wanorde wat nou buite beheer is nie?
Nuuskommentaar: Gedekoloniseerde leerplan – Aansoek om betrekking, soos vertaal uit oorspronklike ‘Engels’
Uit die #FeesMustFall-veldtog spruit allerlei ander elemente, soos ’n aandrang op ’n gedekoloniseerde leerplan, ’n wegdoen met Eurosentriese wetenskap, vandalisme en geweld. Wat sou gebeur as al hierdie eise slaag? Met hierdie aansoek om ʼn betrekking ʼn aantal jare die toekoms in word die gevolge in die oë gekyk.
Wat laat ons na?
Getalle is dalk teen ons, maar soos Gideon van ouds kan ons in geloof hierdie taak aanpak met die wete dat oorwinning reeds in Hom behaal is.
‘Loslappie’ in ʼn straat in Tsjengdoe
Kurt Darren se “Loslappie” bars by my mond uit. Maak my vol. Afrikaans in die hartjie van Tsjengdoe.
Ekstremiste het almal gemene delers
My pa het altyd vir my gesê: Enigiets waar ʼn “te” voor staan – vermoedelik behalwe “tevrede” – is fout. As jong man het ek uiteraard gedink ek weet beter. Vandag besef ek my pa was wys. Wees versigtig vir ekstremiste van welke aard dan ook!
SA wéér voor quo vadis-oomblik
Die kiesers is tans dus volwasse genoeg om die politici verantwoordelik te hou vir die krisis in die ekonomie, korrupsie en wanbestuur. Die oplossing is dus om die ekonomie te diversifiseer, veral industrialisering.
Nuuskommentaar: Dis (soms) lekker om die president te is, te is …
Pres. Jacob Zuma dans en sing op die puin van daardie deel van Suid-Afrika wat hy reeds gesloop het, maar die kokon van ongekende luukse waarin hy los van die land met sy ekonomiese probleme leef, gaan die een of ander tyd geprik word.
Hoe sien ek ʼn tragedie kom?
Nietemin het ons in Suid-Afrika ʼn kultuur dat ons nie in ander mense se sake inmeng nie. Maar wat staan my te doen as ek bewus raak van die moontlikheid dat so iets kan gebeur met iemand in my huis of in ʼn gesin in my woonbuurt?
Droogte: ‘Modder is beter as stof’
Die verhaal eindig egter nie hier nie. AfriForum gaan in November talle organisasies in Europa besoek wat aangedui het dat hulle die moontlikheid oorweeg om skenkings tot die droogtefonds te maak.
Kampusgeweld moontlik ‘20-jaar-verskynsel’
Kom ons hoop dat die nodige leierskap in Suid-Afrika ontwikkel om hierdie voorkomende instandhouding te doen, om te sorg dat ons mooi land nie nog ʼn ongeval op hierdie groot vasteland word nie.
Nuuskommentaar: Nuutskeppings met diepgang in die politiek kan skaars voorbly
Die oorspronklikheid van nuwe politieke terme wat uitgedink word, is dikwels vermaaklik, maar dit verklap tog iets van ’n gevoel wat onder kiesers broei, en waarvan die politici kennis moet neem. Pres. Zuma beleef dit reeds sedert sy aanwysing as president, en dit loop nou die twee hoofkandidate om die Amerikaanse presidentsverkiesing vooruit…
Oom Herrie se kerrie: ‘Dis mos die specials van die lewe’
Oom Herrie leer nog baie. Soos die drie dae in die hospitaal van geloof, omgee, simpatie, opbeuring, positiwiteit … Dis mos die ‘specials’ van die lewe.
Sonder ʼn erfenis verloor ʼn volk sy identiteit
Wanneer ʼn mens na die temas op koerante se voorblaaie kyk, lyk dit of politiek en ekonomie die spil is waarom die wêreld draai. Mense vergeet daarom maklik hoe ʼn belangrike rol erfenis en identiteit speel.
Redakteursbrief: Kom huis toe dié Kersfees
Hulle kom kuier so een keer ʼn jaar in Suid-Afrika. Dan word haar 8-jarige seuntjie ʼn nuwe kind, vertel sy. Die stil Engelse seuntjie word ʼn Afrikaanse babbelbek. Hy hardloop kaalvoet buite rond, swem in yskoue buitelugswembaddens en vang paddas en sprinkane. En as hy terug is in Engeland, skryf hy skoolopstelle oor “bugs”, “sunshine” en “snails”. Sy huis is daar, maar sy tuiste is hier, skryf Susan Lombaard.
Muishondstatus SA se voorland as hy uit Internasionale Strafhof onttrek
Asof Suid-Afrika nie genoeg probleme het nie, wag verdere muishondstatus op ons as die regering sy voorgenome besluit deurvoer om van die Statuut van Rome en gevolglik ook die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek.
Nuuskommentaar: Is verdeelde ANC nog sleg vir die land?
Is die duidelike kloof in die ANC nou tot die relatiewe voordeel van die land, of verhinder dit die ANC om die land behoorlik te regeer?
ʼn Pelgrim in Assisi
Ons het gelag, geëet, Italiaanse wyn gedrink, maar, die belangrikste, ons het ook stil geraak, elkeen op sy eie, sy eie pas, sy eie manier.
Trump vs Clinton: Die groot vraag
Sal Donald Trump die verkiesingsuitslag op 8 November aanvaar?