Vryheid van uitdrukking sluit die reg van andere om verkeerd te wees in.
Die stryd om grond duur voort
Nasionale soewereiniteit word deur grondbesit bepaal – so glo die ANC – maar nie net die ANC nie.
Die DA-jeug se rassepolitiek
Hoewel gemengde huwelike lank nie meer iets ongewoon is nie, lê daar positiewe en negatiewe punte in die DA se studentevleuel se nuutste bemarkingsplakkaat opgesluit en smeek dit om ontleding. Dit is boonop ʼn politieke plakkaat en moet binne die konteks van die Suid-Afrikaanse politieke landskap asook die demografie van die teikengroep ontleed word.
Geloof, Godsdiens en ons Afrikaners – Deel 2
Mens sou die godsdienstige landskap van ons Afrikaanse wêreld uit baie verskillende hoeke kon ontleed. In so ‘n ontleding sou jy ook versigtig moet wees om nie aanspraak te maak daarop dat jy namens alle Afrikaners praat nie, en nog minder dat wat jy sê beperk is tot Afrikaners.
Geloof, Godsdiens en ons Afrikaners
Mens sou die godsdienstige landskap van ons Afrikaanse wêreld uit baie verskillende hoeke kon ontleed. In so ‘n ontleding sou jy ook versigtig moet wees om nie aanspraak te maak daarop dat jy namens alle Afrikaners praat nie, en nog minder dat wat jy sê beperk is tot Afrikaners.
Die pothole-toets vir politieke ingesteldheid
Jou reaksie op die slaggate op ons land se paaie verklap dalk jou politieke ingesteldheid, reken Deon Geldenhuys
Afrikaanse skole bedreig en grondwetlike meganismes word afgestof
Afrikaansmediumskole in Fochville word van vanjaar af deur die Gautengse onderwysowerhede gedwing om op eie koste ook leerlinge in te neem wat in Engels onderrig wil word, ‘n voorloper, volgens AfriForum, wat lei tot die uiteindelike onderrig slegs in Engels.
‘Afrikaners’ het nie net na wit Afrikaanssprekendes verwys
“Tim du Plessis is reg dat die term Afrikaanses ‘n stille dood gesterf het en om ‘n paar redes.” Christo van der Rheede reageer op Piet le Roux se vraag, “Afrikaanses is dood. En Afrikaners dan?”
Is nuwejaarsvoornemens die moeite werd?
Elke Januarie hoor ons van nuwejaarsvoornemens. Nie net ons nabye familie en vriende verwys na hulle planne nie, maar selfs in Beeld en op RSG vertel deelnemers wat hulle vir die volgende twaalf maande beoog. Dit maak die vraag aktueel: “Is nuwejaarsvoornemens die moeite werd?”
Bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanergemeenskap: Die rol van Christenskap
Enige persoon wat waarlik die lewensveranderende werk van God in sy/haar lewe ervaar het en streef om ʼn volgeling van Jesus Christus te wees, het nie net burgerskap van die hemel verkry nie, maar behoort ook ʼn beter landsburger te wees.
Hector Pieterson en Nasie van Eck – ’n “twee-tot-twintig” verhaal
’n Kransleggingseremonie waar die nagedagtenis van die slagoffers van die ANC se terreurdade herdenk was, het onlangs vurige kritiek uit sekere oorde ontlok. ’n “Hector Pieterson” Google-soektog lewer ongeveer 144 000 resultate op, terwyl ’n “Nasie van Eck”-soektog net mooi agt resultate oplewer.
ANC op 100: Breë kerk? Verdeelde kerk!
Terwyl die ANC trots daarop aanspraak maak dat dit ‘n breë kerk verteenwoordig, is dit duidelik dat dit ‘n verdeelde kerk is wat verlam word deur ideologies teenstrydighede.
Bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanergemeenskap: 10 van hulle
Bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanergemeenskap? Ek staan my lysie en maak terwyl die blouligvoertuie en die slap karre om die verkeersirkel voor ons gaan. Dalk vind ons en ons kinders mekaar aan weerskante van so ‘n lys. Dalk neem so ‘n lys sommige bo-sestigs terug klaskamer toe. Dalk maak my lys ‘n paar van my tydgenote briesend kwaad. Dalk moes ek dié lys al in 1994 opgestel het…
Afrikaanses is dood. En Afrikaners dan?
“Afrikaanses het ʼn stille dood gesterf,” skryf Tim du Plessis onlangs. […] Wat is die bestaansvoorwaardes vir ʼn Afrikanerkultuurgemeenskap? Die Groot Debat gaan ʼn paar mense vra om hul mening hieroor te waag.
My Afrikaanse storie – deur Catherine Grobbelaar
“Ek is Engels spreekend. Dit klink nie soos die regte “opening line” van ‘n storie getiteled My Afrikaanse Storie nie, maar dis waar…”
Catherine Grobbelaar: My Afrikaanse storie
“Ek is Engels spreekend. Dit klink nie soos die regte “opening line” van ‘n storie getiteled My Afrikaanse Storie nie, maar dis waar…”
My Afrikaans
“Pa is jonk dood, en dit raak ‘n obsessie om sy en sy suster se stories, en ander stories uit ander dele van die land wat gevaar loop om uit te sterf, op te teken. Vrystaat – streekkoerant van Bethlehem – gee uitkomste. Die internet nog een…”
Hoogtepunte op Die Groot Debat, 2011: Afrikaners, veral regs, kort konserwatiewe realisme
Is daar ’n egte ‘konserwatiewe tradisie’ onder Afrikaners? In weerwil van die algemene opinie word hieronder aangevoer dat daar met enkele uitsonderings na nie iets soos ’n egte konserwatiewe benadering onder Afrikaners aanwesig is nie.
Hoogtepunte op Die Groot Debat, 2011: Is jy ‘n Breivik?
Wat is jou keuses op Sondae as jy wêreldnuus in jou eie taal wil lees? Rapport? En haar siek kleintjie Sondag? En moenie begin glo een koerant is genoeg nie. Vergewis jou van die parallelle heelal waarin een land kan verkeer deur op een Sondag die menigte Engelse koerante te lees langs die enigste Afrikaanse koerant…
Hoogtepunte op Die Groot Debat, 2011: Mbeki, die ‘comeback-kid’
Terwyl NATO en die rebelle Libië op 26 Augustus 2011 oorrompel en Tripoli ingeneem het, het voormalige president Thabo Mbeki die VSR en SASCO van die Universiteit van Stellenbosch (US) toegespreek om sy beskouing van die “geskiedkundige gebeure” in Noord-Afrika te verduidelik…