“My seun het my lewe gered”

Ek wil graag my getuienis met julle deel, omdat ek glo dit sal ook ander mense help om te weet Jesus los ons nooit nie. Hy kom haal ons op plekke waar gewone mense nie sal gaan nie. Hy maak ons vry en sement ons voete vas op die Rots. Jesus gee nie net hoop nie, Hy is ons Hoop, ons Verlosser en ons Saligmaker. Hy is die middelpunt van alles.