“Nee. Die knop in my keel is omdat dit ’n aansteeklike virus soos dié gekos het voordat mense weer vriendelik is, met mekaar begin gesels, mekaar bemoedig en help.”
Die korona-effek
Ek gee nie om wat gebeur nie, dis nou die tyd om kwaliteittyd te spandeer met my hartsmense en om voort te gaan om goed te doen, soos die Bybel sê.
Verbruikersake: Kansellasies weens Covid-19
Jou vakansie waarvoor jy so lank gewag en gespaar het, is van die baan omdat al die plekke waarheen jy sou reis, se grense gesluit is vir buitelandse besoekers om die verspreiding van die Covid-19 te keer. Jou kopseer is nou: gaan jy al jou geld terug kry? Het mens nou geen regte meer nie? Ina Opperman verduidelik wat jy kan verwag.
‘FroueVonds’: Leer van ons ‘wyse gryses’
“Moenie tyd as ’n verskoning aanbied nie.”
Koronavirus: 10 redes om nie paniekerig te wees nie
Dit sal verkeerd wees om te sê daar is goeie nuus uit Covid-19, maar daar is tog ʼn rede vir optimisme; redes om te dink dat daar maniere is om die virus te beheer en te oorwin. En lesse wat ons vir die toekoms kan leer.
Verbruikersake: Vinnig geld maak of vinnig geld verloor?
In moeilike ekonomiese tye soos wat ons tans beleef, wil mense graag hul inkomste aanvul en daarom val hulle maklik vir allerhande geldmaakskemas wat eerstens onwettig is en tweedens geskep is om hulle van hul swaarverdiende geld te beroof. Ina Opperman gee raad oor hoe om hierdie duur slaggate te vermy.
Boeke bring glimlagte vir kinders van Mpumalanga
Aanvanklik het ek gedink: Oukei, ons gaan ʼn paar boeke vir minderbevoorregte kinders uitdeel – maklik. Ek was heeltemal onvoorbereid op dit wat in Mpumalanga vir my gewag het.
’n Strategie om armoede die nekslag toe te dien
Die armoedeverligtingsplan kan saamgevat word in die voorstelling ’n hand. Die palm van die hand is grootskaalse geestelike ontwaking, gekenmerk deur ’n persoonlike ontmoeting en verhouding met die opgestane Christus. Die vingers verteenwoordig sake wat voortvloei uit die handpalm en wat ons moet uitbou en versterk.
Wat as ons armoede grootliks kan oorkom?
Ons, dié wat desperaat is, is nie hulpeloos nie. Ons het die moontlikheid om gelowig te bid vir ’n herlewing. Niemand hoef met ons saam te stem nie. Niemand hoef ons te ag nie. Ons kan in ons oortuiging en desperaatheid onverbiddelik voortbeur.
‘Ek is bang om jou te vertel’
Talle kere het ’n ontstelde man of vrou my al kom vertel dat hulle nie meer met hul huweliksmaats kommunikeer nie. Wat hulle bedoel, is dat hulle nie meer die tyd neem om hul planne en vrese, hul vreugdes en frustrasies, te deel nie. Dr. Arnold Mol gee raad.
Wat as ons armoede ’n nekslag kan toedien?
Die bekende historikus prof. Hermann Giliomee het gesê daar kom tye wat ons nie bloot net kan aanvaar dat ons die armes altyd by ons sal hê nie, maar dat ons nodig het om stil te gaan sit en te kyk hoe armoede lyk. Hy is van mening dat mense soms só in armoede vasgevang is, dat hulle bloot net nie daaruit kan kom nie.
Boepie-blues: Die hartseer van ʼn ‘naweek-mamma’
Elke Maandagoggend as die wekker afgaan is daar ʼn koue beklemming om my mamma-hart: Die naweek is verby en Baba moet vanoggend weer skool toe.
Dalk is dit mý beurt vandag?
Honde verstaan wat dit beteken om te lééf – geen verwyte oor gister en geen bekommernisse oor môre nie.
Verbruikersake: Gimnasiumpyne
Verbruikers wat hul Nuwejaarsvoornemens nagekom en in Januarie by die gimnasium aangesluit het om van 2019 se rolletjies om die middellyf ontslae te raak, is nog hard aan die oefen, maar dit beteken nie hulle het nog nie agtergekom dat daar ander pyne aan ’n gimnasium is as stywe spiere nie.
Verbruikersrubriek: Oppas vir hierdie kontrakvoorwaardes
Ina Opperman verduidelik wat volgens die Wet op Verbruikersbeskerming beskou word as kontrakvoorwaardes wat verbruikersregte skend.
Chris Chameleon: Oor lewensfases en reünies
As kind was ek nie daarvan bewus dat die lewe hom onder andere in fases afspeel nie. ʼn Mens kyk nou nie juis vanuit ʼn hoogte na jouself wanneer jy self kniehoogte is nie.
Verbruikersake: Stop pesoproepe só
Ina Opperman verduidelik dat jy darem regte het om die oproepe te staak en nie buite sekere tye gebel te word nie.
Afrikaans, die taal van liefde
Ons hoor dikwels verwarrende sienings oor moedertaalonderrig en wat die voor- en nadele van veeltaligheid is. Die vraag wat ek egter vandag vra: is jou moedertaal vir jou ’n taal van liefde?
‘FroueVonds’: Net liefde kan ʼn verskil maak
Dis maklik om mooi woorde te sê, om lessies te leer en om mooi boodskappe te stuur op WhatsApp of sosiale media. Maar leef ons dit? Leef ons liefde? Elke dag? Is dit ʼn leefwyse?
Verbruikersake: Oppas vir skuldberading oor die foon
Ina Opperman verduidelik wat skuldberading is en hoe dit werk sodat jy ’n ingeligte besluit kan neem.