Churchill en die Boere

Die Boere het geen idee gehad wie die jong Engelsman in burgerlike drag was wat hulle daardie oggend tussen die swetterjoel Kakies naby Estcourt vasgetrap het nie. As die onbekende “burgerlike” in uniform was, kon ’n Mauserkoeël sy lewe straks net daar kortgeknip het en dan sou die geskiedenis ’n heel ander verloop geneem het.