Sy is kaptein Carlene Swart en staan vrou-alleen aan die stuur van Afrika se suidelikste polisiestasie. In ’n onderhoud met Pierre Massyn praat sy openhartig oor haar belangrike taak as die no. 1-wetstoepasser op Struisbaai in die Wes-Kaap.
Die toppunt van top: vas of los?
Een van die samestellings in Afrikaans wat gebruikers groot hoofbrekens besorg, is die een met top waar dit beste beteken. Is dit nou los, vas of met ʼn koppelteken? Vas! Sophia Kapp stel verder ondersoek in.
Die duiwel en die Duitser
Later van dae kuier ek by oom Koos van Zyl wat kortby Moordkoppie woon. En toe hoor ek met verwondering die verhaal van daai gat, skryf Koos Greeff.
Verbruikersake: Vervaldatums op voedsel kan jou pootjie
Vervaldatums het skielik weer in die kollig beland en selfs tot onlus gelei nadat gemeenskapslede winkeliers daarvan beskuldig het dat hulle kos verkoop waarvan die vervaldatums al verstryk het. Ina Opperman verduidelik meer oor datums op kos.
FW de Klerk en die TV-debuut
“Ek peper hom met die vrae. Maar hy is koelkop en laat hom nie van stryk bring nie. Hy stel Sasol en Suid-Afrika se saak klinkklaar.”
Chris Chameleon: Kenny G en die stix
Vanuit die kerk is ons na ʼn vlooimark toe. “Wat is nou so danig lewensveranderend aan ʼn vlooimark?” wou ek in my beste Engels weet. “Stix, Mr Chris. Stix.”
Verbruikersake: Dis jou regte met winskopies
Ina Opperman het gaan kyk wat die wet en die geakkrediteerde ombudsman vir verbruikersgoedere en –dienste oor winskopies bepaal.
Switserland se merkwaardige geskiedenis
Min ken egter die merkwaardige geskiedenis en die feit dat Switserland altyd die uitsondering in Europa was: ʼn homogene ministaat te midde van groot multi-etniese ryke, ʼn sterk federale demokrasie in tye van sentralistiese absolutisme en vandag feitlik die enigste land binne Europa wat hardnekkig weier om deur die Europese Unie ingetrek te word.
Kopenhagen, ’n aangename ervaring
Die Deense hoofstad tel gereeld onder die topstede wat lewensgehalte betref. Die Dene het ’n eie term wat hul lekker ontspanne leefwyse beskryf, naamlik “hygge”, iets wat vertaal kan word as knus en gemoedelik.
85 jaar van die Bybel in Afrikaans
Die Afrikaanse Bybel word gedurende Augustus 1933, vanjaar 85 jaar gelede, landwyd feestelik in gebruik geneem. Die sentrale fees vind op 27 Augustus 1933 in die Marksaal in Bloemfontein plaas.
Verbruikersake: Besmette kos en waarborge
Die ombudsman het 53% van die klagtes ten volle ten gunste van verbruikers opgelos en 7% gedeeltelik ten gunste van die verbruiker. Ina Opperman het gaan kyk watter lesse verbruikers kan leer uit klagtes wat opgelos is.
Selfoonverslawing en ek
My naam is Marianne en ek is verslaaf aan my selfoon… Hierdie is ongelukkig ʼn waarheid waarmee ons almal moet saamleef, maar niemand van ons wil dit erken nie.
Tel jou woorde – Wat’s in ʼn naam?
Wat’s in ʼn naam? vra die stomme Juliet. Dalk meer as wat jy dink.
Dobe se grenspos
By ʼn Afrika-grenspos moet jy tog nie jou humeur verloor nie. Nee, vat dit rustig en bly kalm. Dit het ek op die harde manier geleer, vertel Koos Greeff.
Waarom is my liggaam belangrik vir God?
Wanneer jy weer oor jou liggaam dink – goed of sleg – dink daaraan dat Jesus ook ‘n liggaam gehad het en ook ter wille van ons liggame gesterf het. Daarom moet jy goed daarna omsien en kan jy ook bid vir die genesing van jou liggaam.
Verbruikersake: As jou nuwe bed breek
Min mense verstaan wat daardie “guarantee” en “warranty” nou eintlik beteken, wat jy saam met die aankope van jou bed kry. Ina Opperman verduidelik wat dit beteken en wat jou regte is.
Vive la France!
Frankryk, wat ons landjie in 1688 ’n stuk of 200 Hugenote-gesinne geskenk het, het Suid-Afrika se geskiedenis onherroeplik geraak. Die verstommende kulturele bydraes van die Du Plessis’s, Du Toits, Bothas, Jouberts, die Retiefs en baie ander loop soos ’n goue draad deur ons geskiedenis.
Tel jou woorde – Watter soort blink is jou medalje?
Is dit nou ʼn “silwermedalje” of ʼn “silwer medalje”? En wat maak ʼn mens met die kinders wat iets gouds gekry het? Is dit ʼn “goudmedalje”, ʼn “gouemedalje” of ʼn “goue medalje”? Woordeboeke se raad is nie eenvormig nie, en die verwarring kring wyd. Sophia Kapp neem die kwessie onder die loep.
Die waarde van geskiedenis vir die kind
Dit is duidelik dat geskiedenis baie waarde vir leerders inhou, mits dit met passie aangebied word.
Agter die donker gordyn van voor-en nageboortedepressie
Daar is baie vroue wat óf nie weet dat hulle voor- of nageboortedepressie het nie óf te skaam voel om dit te erken, en dis vir hulle wat ek hierdie artikel wil skryf, sê Marianne Styan.