“Ek hoop dat ek hierdie keer iemand daar onder kry wat ek saam met my weer boontoe kan lei. Iemand vir wie my littekens van vorige valslae nóú iets kan beteken, terwyl ek aan my nuwe wonde werk.”
Geen ouderdomsbeperking vir branderpret!
Só wys hy my hoe die golf aanstoot en hoe ek op die regte oomblik strand se kant toe moet swem om die brander te ry. Wat ‘n heerlike nuwe lekkerte..!
Wanderlust: Hoofstuk 14
Ons eerste groot safari was met drie jongmans uit Switserland en een meisiekind uit Oostenryk. Dis Februarie-maand en ons is op pad na die “swamps” in Botswana…
Verbruikersrubriek: Goedere teruggee sonder goeie rede
Ons het al almal iets gekoop en eers later agtergekom dit is nie eintlik wat jy wou hê nie of jy het dit nie werklik nodig nie. Die antwoord is gewoonlik eenvoudig: vat dit terug en kry jou geld terug. Maar dit is nie so eenvoudig nie.
Oom Herrie se kerrie: Wat praat ons nie als nie?
Op ’n dag het die Herries nuwe bure gekry. Die man Engels, die vrou Afrikaans, maar dit was meestal ’n universele woordeskat wat oor die muur geblaker gekom het.
10 wenke vir ouers van begaafde kinders
Dit gebeur dat ouers êrens langs die pad besef hulle kind is besonders begaafd in ʼn spesifieke aktiwiteit. Gielie Hoffmann gee ‘n paar wenke vir dié ouers.
Van Latynse hoofletters tot Amerikaanse bedsokkies: die storie van ‘cadeau’
Ek lees al dié goed, en skielik is ek verwonderd. Oor hierdie klein, oënskynlik onbenullige woordjie se vermoë om van antieke geskiedenis tot in die hede te reik, om van die Noorde van Europa tot die suide van Afrika, van die Weste na die Ooste, van die Ou Wêreld na die Nuwe Wêreld te strek, skryf Sophia Kapp.
Wanderlust: Hoofstuk 13
Dis toe dat ek begin safari. En dis tóé dat my wanderlust doel begin kry, vertel Koos Greeff.
Chris Chameleon: Gert se voete en ʼn kyk in die oë
Gert is ʼn aangename kêrel. Sy op-die-oog-af saai werkslewe as bankier in Rotterdam het skynbaar weinig invloed op sy interessantheid as mens…
10 wenke vir ʼn sport-ouer
Die sportveld is ʼn potensiële slagveld vir enige ouer. Almal wil die beste hê vir hulle kind. Gielie Hoffmann gee ‘n paar wenke.
Skoonvarke, en die onpas “swaer”
Hoekom praat ons van ʼn “skoonsuster”, “skoonpa”, “skoonma” en “skoonfamilie”, maar nie van ʼn “skoonbroer” nie? Wat het dié man dan gesondig dat hy so buite die patroon val? Sophia Kapp stel ondersoek in.
Wanderlust: Hoofstuk 12
Eendag lui die foon en dis ʼn meisiemens uit Duitsland – ʼn Monika wat ek so verlangs ken en ek weet sy werk vir die een of ander minister. Sy vra of ek nie ʼn guns vir haar baas sal doen nie en ek spits my ore.
Al wat mens kan doen is lag
As ek nou terugdink aan sekere tye sedert my twee kinders hulleself stewig in ons lewens kom inwikkel het, lag ek stilletjies in my mou vir van die amper onbeskryflike dinge wat ons al moes doen …
Verbruikersake: Oppas vir hierdie korttermynversekeringseise
Volgens die ombudsman vir korttermynversekering se jaarverslag vir 2017, wat verlede bekendgemaak is, het die meeste verbruikers by die ombudsman gekla oor motorversekeringseise (49,3%), huiseienaarsversekeringseise, (20,4%), sake-eise (7,9%) en huisinhoudsversekeringseise (6,2%). Ina Opperman het gaan kyk waaroor verbruikers gekla het en hoe hulle soortgelyke klagtes in die toekoms kan vermy.
Waldo oor wiskunde: Maak of jy mal is en vat alles
Om saam te vat: Leer is ’n proses waarby verskeie rolspelers betrokke is. Ons kinders kyk op na hul ouers en onderwysers om die voorlopers te wees om vrae te vra, minder te praat en meer te doen en ontdek.
Oom Herrie se kerrie: ʼn (Kort) seisoen van rolstoelry
Iemand wat dink dat iemand anders wat in ’n rolstoel ry het dit lekker, moet ’n slag self ’n paar dae noodgedwonge van ’n rolstoel gebruik maak. Dit het oom Herrie pas oorgekom.
‘Op vakansie’ of ‘met vakansie’? Gids tot Woordeboekportaal
Ek kry in die week ʼn navraag van ʼn gebruiker: Is dit “op vakansie” of “met vakansie”? Dis ʼn baie belangrike vraag, en dis belangrik dat elke gebruiker, jonk en oud, weet wat die antwoord daarop is, skryf Sophia Kapp.
Tuisonderrig: Is dit dalk ’n oplossing?
Tuisonderrig, aan die ander kant, word baie keer in die verkeerde lig gesien. Die prentjie wat mense dikwels het, is ’n ma wat by die huis klasgee. Met onderrig in die 21ste eeu lyk die prentjie egter baie anders. Tuisonderrig kan op verskillende maniere gedoen word:
Wanneer laas het jy in ʼn wingerd wakker geword?
Soggens, wanneer die son kopuitsteek bo die growwe Bolandse berge, drink ons boeretroos en eet beskuit op die houtdek. By die minuut word die buitelyne van die Helderberg al hoe duideliker. Swerms swaeltjies swiep deur die lug. Skrophoendertjies woel tussen die rose. ‘n Werfvark snork in ‘n kampie langsaan.
Wanderlust: Hoofstuk 11
Toe breek 1989 aan en Suidwes moet verkiesing hou. Ek spandeer vier maande van daai jaar in Suidwes en werk myself die malaria in en uit. Werk steeds as onoffisiële “observer”, want ek ry met my eie bakkie en bly in gastehuise of by vriende …