Toe breek 1989 aan en Suidwes moet verkiesing hou. Ek spandeer vier maande van daai jaar in Suidwes en werk myself die malaria in en uit. Werk steeds as onoffisiële “observer”, want ek ry met my eie bakkie en bly in gastehuise of by vriende …
ʼn Pyn in die oog (!!!!!)
Hoe werk beklemtoning in tekste? Mag ʼn mens twee uitroeptekens gebruik? En wat van ʼn vraagteken en ʼn uitroepteken? Of is dit ʼn geval van “te veel van ʼn goeie ding is eintlik te veel”? Sophia Kapp neem die kwessie onder die loep.
Watter rol moet ouers in akademiese prestasie speel?
Eintlik kom alles daarop neer om ’n gesonde balans te handhaaf. Kinders moet vir hulself kan dink, onder die wakende oog van ’n ouer om seker te maak dat hul kinders uit hul foute leer sonder om hul vingers te verbrand.
Kleintyd was seerkrytyd
Hoe ouer ʼn mens raak, hoe meer dink jy terug en verlang na vervloë dae toe sorgelose kaalvoeters die wêreld plat gespeel het. Daardie dae toe ons met ons hele lywe kon spéél en nie net met duime wat dag en nag knoppies druk nie..!
Wanderlust: Hoofstuk 10
Iewers in September daai jaar laat roep die “army” my en stuur my op Grens toe. Maar ek gaan as ʼn “civvie” want ek moet gaan foto’s neem en kyk – “observeer”, soos hulle dit genoem het.
Om armoede te verstaan, moet jy eers kan luister
Meteens besef ek: Ek is hier om te luister, nie hier om te oordeel nie. En ek begin luister…
Verbruikersake: Koop só maklik en veilig aanlyn
Ina Opperman verduidelik wat jou regte is wanneer jy aanlyn inkopies doen en hoe jy kan seker maak dat jy veilig koop.
“Met” – ʼn huldeblyk aan ʼn afgestorwe voorsetsel
“Ek mis tog so vir ‘met’, dit was vir my so ʼn liewe, onmisbare voorsetsel, maar dit lyk my ‘met’ is helaas in Afrikaans oorle…”
Verbruikersake: Wanneer herstelwerk nie werk nie
Verbruikers kan staatmaak op hul regte wat in die Wet op Verbruikersbeskerming beskerm word as dit by herstelwerk kom. Ina Opperman verduidelik wat jy kan doen as herstelwerk nie werk nie.
Werk in China: Die lewe aan die ander kant
As mense vra hoe dit met my gaan, sê ek altyd dit gaan fantasties. Want dis die waarheid! Ek werk nou al vir die afgelope twee jaar in Shanghai as ʼn Engelse onderwyser en ʼn musikant.
Wanderlust: Hoofstuk 9
Die eendag is ek af en besluit om die katedraal in Antwerpen te besoek. Die gasheer beduie my mooi hoe ek moet stap en waar ons mekaar watter tyd sal kry. Dis koud en nat en ek loop styf toegewikkel in my geleende jas…
Oom Herrie se kerrie: Krap agter die oor
Elke keer wat oom Herrie ’n hond sien wat hom behaaglik krap, dan speel gemengde gevoelens in hom af
Verandering volgens Jesus
“It is better to light one candle than to curse the darkness,” sê die Engelse spreekwoord. Die groot kuns van die lewe is om boosheid te oorwin sonder om self boos te word.
Jesus se hande
“Onthou dat HY in die hemel verwonde en verminkte hande het. Deur Sy wonde het daar genesing vir ons wonde gekom.”
Ek is dors
Wie sy dors les uit die fontein van lewende water ontvang ’n nuwe dors. ’n Dors om die wil van God te doen. Dit is ’n lewe met integriteit teenoor God en my naaste.
’n Graf in ʼn tuin
Blomme verkondig ’n boodskap van hoop, nuwe lewe. Die simboliek is inderdaad treffend. Ja, ’n tuin spreek van lewe, selfs ná die dood en verderwing,
Voëls, vye en die lekkernygevolge
Dis toe, in ʼn heldere oomblik, dat ek aan ʼn gawe ding begin dink het. Sommer so uit die bloute uit: konfyt! Soet, stroperige ryp vyekonfyt! Dis toe wat ek my emmer vat en vyeboom se kant toe stap …
Uitgesluit
Moenie ʼn jas aantrek wat jou nie pas nie. Doen jou eie Ek is-oefening. Vind jou identiteit en wees lief vir die persoon wat jy ontdek en mag jy vind wie jy in God se oë is.
Die dag toe ons meer word
Niks en niemand kan jou voorberei vir die dag as jou gesin uitbrei nie. Daar is baie dinge wat mens daardie dag besef en wat verander …
Wanderlust: Hoofstuk 8
So laai Jacob die karre vol en ry die lot af na Okaukeujo in die Etosha-panne en ek vlie op na Windhoek waar Eddie van der Merwe ons kry. Dis nou ek en Joseph Sishange – voorheen “Cheeseman” van Soweto. Daar was nog ʼn paar ander ook by, want ek herinner my dat ons die Datsun 1200 van Eddie plat gesit het …