Dis nou maar wors: Op die platteland kén die mense van begrafnis hou. Ook hier waar ek woon, in Nederland.
Op reis deur Europa: Die burgers van Calais
My eerste kennismaking met “Die burgers van Calais” was in die Rodin-museum in die Rue de Varenne in Parys. Jy stap deur die museum en wanneer jy in die tuin kom, staan ses aangrypende mansfigure, effens groter as normaal, skielik reg voor jou. In Lille loop ek hulle weer raak. Hierdie keer ses klein losstaande beeldjies. Ek staan weereens stil. Dit bly net iets wat jou aangryp.
Tel jou woorde – Die bulle se boeke
“As jy steeds gefrustreed is, word deel van ‘n betroubare taalforum op die internet of kry jou taaladvies gratis by VivA se Adviesportaal. Maar moenie op sosiale media kerm oor jy nie korrekte inligting in woordeboeke kan kry nie,” skryf Sophia Kapp.
Aftrede: ʼn Geskikte lewensmaat vir jou latere lewe
Moet nooit onderskat tot watter mate ’n lewensmaat ’n betekenisvolle invloed in jou lewe kan hê ten opsigte van jou geluk en vervulling nie. Soos die spreekwoord lui: “Gedeelde vreugde is dubbele vreugde” en ook: “Gedeelde leed is halwe leed”!
Oom Herrie se kerrie: Geswets in die hof
Oom Herrie lees in die sosiale media dat gryskop omies die kop in ongeloof skud oor hoe veral jong vroue van wie die vernis al effe afkom, in ’n bekende moordverhoor swets. Is dit ’n nuwe mode, of het ons ’n voortsetting van sekere opvattings dat dit nou eintlik ’n gevorderde sosiale status weerspieël?
Verbruikersake: Krimpflasie in jou inkopiemandjie
Maak seker dat jy nie ʼn slagoffer van krimpflasie is nie. Kyk na die eenheidsprys van die verskillende groottes om seker te maak jy kry die beste waarde vir jou geld.
Wat ouers moet weet oor ‘tough love’
Ouers met klein kinders moet groot besluite neem oor die toepassing van dissipline. Dis interessant om te sien hoe verskil egpare onderling en met mekaar hieroor, skryf Gielie Hoffmann.
Tel jou woorde – Kleinletterchristene
Name word almal met hoofletters geskryf, ongeag wat ons van hulle dink en hoe ons oor hulle voel. Dis die eienaam wat die hoofletter noodsaak, nie eerbied nie. Op dieselfde manier het eerbied niks te make met die afleidings van eiename nie, skryf Sophia Kapp.
Wanneer jy bang word omdat jy beter voel
“Ja, om beter te voel is beter, maar dit maak my bang.”
Oom Herrie se kerrie: Wêreldjudodag
Te midde van moorde en rassespanning beleef oom Herrie elke nou en dan ’n eiland van harmonie – ironies genoeg in ’n saal waar daar geveg word.
‘Die man wat voor my sit, is Freddie se moordenaar’
Mariana se man, Freddie, is in Desember 2014 buite Hartenbos vermoor. Sy moordenaar is gister gevonnis. Mariana skryf hoe sy saam met haar man se moordenaar op hul plaas moes stap tydens die ter plaatse ondersoek en hoe die moord haar en haar kinders se lewens onherroeplik verander het.
Tel jou woorde – Trap versigtig as jy nie kan sien nie
“Die internet is ‘n fantastiese plek, in die ware sin van die woord. Maar daar woon ook in die taalgrot trolle wat my elke nou en dan ernstig ontstig. Dalk herken jy hulle ook …” Lees Sophia Kapp se “Tel jou woorde”-rubriek om te sien of jy ook al dié trolle raakgeloop het.
Chris Chameleon: Die kanniedood en die liefde
Dis ʼn nuwe gevoel, ʼn gevoel van deernis vir hierdie kruidjie en sy soort waarteen ek my lewe lank geveg het. ʼn Gevoel van bewondering vir hul kanniedood strewe, die skoonheid wat ook in hulle blommetjies delikaat en skugter gedy.
Lindie Strydom: ‘Dis oor wie sy ma is’
Miskien het jy ook al iemand hoor sê: “dis oor wie sy pa is” of “oor wie haar ma is” dat sy dit of dat gekry of bereik het, skryf Lindie Strydom.
Op reis deur Europa: Dunkirk
In ‘n ommesientjie is Dunkirk die toneel van ‘n bloedige geveg … dooie soldate, heldemoed en kameraadskap, skryf Thomas Dreyer.
Verbruikersake: Kredietreguleerder vat nóg ʼn motorfinansierder vas oor op pad- fooi
Die Nasionale Kredietreguleerder het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan Volkswagen Financial Services South Africa omdat die instansie ʼn op pad- fooi, ʼn administrasiefooi en ʼn hanteringsfooi op kredietooreenkomste hef vir motorfinansiering.
Oom Herrie se kerrie: (Sommige) politici ken ook humor
Politici het soms ook ‘n sin van humor, skryf Oom Herrie.
Lindie Strydom: Voorloop is agternaloop
Daar is egter ʼn verskil tussen posisionele leierskap met ʼn balkie of ʼn baadjie, posisie of spesiale parkeerplekkie en intensionele leierskap waar ek enige plek, enige tyd, in enige omstandighede en op enige vlak in ʼn maatskappy of in die lewe aspris vorentoe sal tree om dit wat moet gebeur, te maak gebeur!
Verbruikersake: Versekering teen natuurrampe
Die onlangse tornado’s in die binneland en die groot storm in Durban het baie verbruikers laat wonder hoe ʼn mens sulke enorme skade oorleef. Huiseienaarsversekering is een van die maniere waarop ʼn mens kan verseker dat jy ten minste jou huis kan herstel of herbou.
Die geskenk van ʼn ‘Plek’
“Ek wil hulle hier uitstuur met ʼn ek kán-ingesteldheid. Uiteindelik is dít die grootste geskenk wat jy ʼn kind kan gee: hoop.”