Die Sluiper raak aan’t skel en ek lag later kliphard want teken sal ek nie teken nie. Einde ten laaste vertel hy my dat ek hom geen ander keuse laat as om my te “fire” nie, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Verbruikersake: Motorhandelaar gestraf
ʼn Motorhandelaar van die Wes-Kaap het egter agtergekom dat ʼn mens verbruikers se regte in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming moet respekteer as jy nie jou sak hard wil skud nie. Ina Opperman vertel wat gebeur het.
Skink ʼn koppie vol gesondheid
Rooibostee word al vir eeue gebruik as ʼn natuurlike gesondheidsdrankie, en dis reeds meer as ʼn eeu sedert ons eie, Suid-Afrikaanse rooibostee wêreldwyd geskink word. Dié drankie, wat net in Suid-Afrika verbou word, is propvol gesondheid en kan help met veel meer as ʼn mooi vel.
Chris Chameleon: Hoe môre oor gister sal voel
Die lewe is ook nie maklik vir diegene van my vriende wat nou, tien maande na die verkiesing, nog steeds by ons erfenisdagbraaie gal braak oor die huidige Amerikaanse president nie, skryf Chris Chameleon.
Oom Herrie se kerrie: Studentemoleste in die ‘ou dae’
As oom Herrie aan studentemoleste “uit die ou dae” dink, dink hy aan die stories wat die ouer geslag met soveel nostalgie kon vertel.
Lephalale-plaasmoord: ‘Iets in ons gemeenskap het gesterf’
“Ons hoede hang laag oor ons oë in die Bosveld hierdie week. Ons hoede hang laag, want ons steek die emosies weg… ons is bang om te wys wat in ons siele aangaan.”
Lindie Strydom: ‘Dit kan my maar kos’
“Hoe sal jy met oortuiging iemand probeer oorreed om vir ʼn saak by te dra waarvoor jy self nie bereid is om iets te gee nie?” skryf Lindie Strydom.
Die weelde van ʼn onverwagse lekkerte
Eet en wees vrolik, want môre sterf, nee! Eet ons weer! En mag die heilsaamheid van lekker eet aan lekker kos nooit onderskat en geringgeag word nie!
Tel jou woorde: Intensiewe vorme, Noag en die kanon
“Ek maak daarom vir my eie verwysing ‘n lys intensiewe vorme bymekaar sodat ek kan help as iemand vra. Dis indrukwekkend, hoor. Bladsye lank, uit verskeie bronne saamgestel – papier en digitaal – sommige ouer as my ouers, ander eergister nog bygewerk,” skryf Sophia Kapp.
Toegewings oor belasting op buitelandse inkomste verwelkom
Die nuutste toegewings oor die belastinghantering van inkomste wat Suid-Afrikaners in die buiteland verdien, word verwelkom, maar kommer volhard oor die koste van indiensneming en die bykomende administratiewe las.
ʼn Tegnologie-kronkelpad
‘n Heerlike lekkerlees-storie oor die gesukkel met tegnologie as jy ‘n tegnologies agtergeblewene is, of as jy ‘n tegnologies benadeelde persoon gereeld uit die moles moet help!
[Foto’s] Blomwonders van die Weskus
“Die middagblomme maak óóp – diep oranje. Blomme met wit randjies, stervorme met spikkels. Ek doop die fyn blomme “deernisblommetjies”. Ons stap en huppel, sit en lê in die paadjies. Oral die soetreuk,” skryf Carina Stander.
Op reis deur Europa: Wêreldreisiger Christopher Columbus
‘n Entjie verder aan die linkerkant is ‘n klein ou huisie, toegegroei met heldergroen rankplante. Twee vlae wapper voor die huis en ons stap nader. “Casa Columbo” – huis van Christopher Columbus.
Aftrede: Hoe om jou vrye tyd ten beste te benut
Vir iemand wat in ʼn korporatiewe omgewing gewerk of ʼn ander loopbaan gevolg het, is sy/haar aftrede ʼn belangrike oorgangsfase. Die einde van ʼn loopbaan beteken ekstra vrye tyd. Dit kan ʼn vakuum veroorsaak.
Briewe uit Bagdad: ʼn Engel is van ver af gestuur
Koos Greeff vertel in hierdie week se bydrae in die gewilde “Briewe uit Bagdad”-reeks van ‘n wonderwerk wat voor sy oë in Bagdad plaasgevind het.
Verbruikersake: Selfone en dienste pla verbruikers die meeste
Selfone en swak diens het vir die meeste verbruikersklagtes gesorg wat die afgelope jaar by die Ombudsman vir Goedere en Dienste ingedien is. Volgens die jaarverslag van die Ombudsman se kantoor het 1 459 mense oor selfone gekla en 1 273 oor dienste. Ina Opperman het gaan kyk waarmee verbruikers nog stoei en wat daaraan gedoen word.
Oom Herrie se kerrie: Die groot onreg, die leeus en die komiteeklerk
Die idee bly darem van in die sweet van sy aanskyn sy brood verdien, en dan is die arbeider sy loon (en verlof/teetyd) waardig.
Aftrede: Moenie geld uitleen of borg teken vir familie en vriende
Daar is ʼn spreekwoord wat lui: “Leen geld aan ’n vriend, en kry dit terug, indien jy gelukkig is, by ’n vyand.”
Lindie Strydom: Herwin jou lewe
Ek wil ʼn vergelyking tref tussen ʼn begraafplaas en ʼn “landfill” of ʼn vullishoop waar ons al die gemors begrawe. Ná ons die rommel “reduce, reuse en recycle” het, word net dit wat jy absoluut niks mee kan doen nie, in die “landfill” begrawe. Ek wil só leef, skryf Lindie Strydom.
Tel jou woorde – Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert
“Dis mos nou heiligskennis om so met rugbyterme te ketter. Ou Dok Craven sal mos in sy graf omdraai,” skryf Sophia Kapp in haar weeklikse rubriek.