In ʼn stadium let die studente op hul brandewyn sak darem vinnig. Iemand is besig om die ander se aandeel op te drink.
Maak 2017 jou JA-jaar
Ja-nee of nee-ja – is dit nie maar dieselfde ding nie? Nee, dit is nie!
Oom Herrie se kerrie: Jan Spesiaal
Om ten beste te verduidelik wie Jan Spesiaal was kan ’n mens seker by een van sy talle hofverskynings begin, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: SA nie uniek met klowe wat groei
Die publisiteit wat ’n verslag oor die Kovsiegeweld wat Kovsies nié uitgereik het nie, nou kry, beklemtoon dat rassespanning in die land minstens persepsiegewys aan die toeneem is. Maar Suid-Afrika staan nie alleen nie – ook ander lande spook daarmee en soek na oplossings.
Nuuskommentaar: Dis nou kuber-oorlog! Of net Koue Oorlog?
As die Koue Oorlog sou hervat, soos baie waarnemers met goeie rede meen dit al het, is dit seker ’n natuurlike voortvloeisel dat die kuberruimte nie ongeskonde daarvan gaan afkom nie.
Nuuskommentaar: Kankerbalkies eis baie
Hoewel rook lande enorme bedrae per jaar kos, bied dit ook aan regerings die geleentheid om deur aksynsbelasting (sondebelasting) ruim te skep.
Die gil
Yolanda Barnard skryf oor haar ervaring as toeris tydens Nuwe Jaar in China se tempels.
Nuuskommentaar: Op reis iewers tussen Utopie en Moedverloor se Vlakte
Is dit onafwendbaar dat die Afrikaner en ander minderheidsgroepe onderweg moet wees na Moedverloor se Vlakte, of is daar nog geleenthede vir voortgesette oorprestasie waar kultuurgoedere binne ’n raamwerk van saamstaan die reis weg van ’n stuiptrekkende einde kan stuur?
Nuuskommentaar: Is demokrasie onder druk?
Pres. Jacob Zuma se 8 Januarie-toespraak toon min begrip vir die aspirasies van minderhede, anders as wat van ’n president verwag word waar sy ampseed vereis dat hy in belang van al die mense van die land moet optree.
Nuuskommentaar: Feit of fiksie in die demokrasie – onkunde lei tot ondergang
Dan word die land ’n emokrasie, en die skeidslyn tussen ’n emokrasie en gekkeparadys is ragfyn.
Maak 2017 ʼn beter jaar vir renosters
Bonné De Bod staan stil by sommige van die grootste kwessies rondom renosterstropery en veral ook dié wat nuusdekking gekry het verlede jaar. Dié aanbieder en bekroonde rolprentmaker gee ook raad vir die bekamping van die kwessie in 2017.
Vat die lewe soos Vaalie die see vat
Jy daag net op, hol oor die warm sand, gooi jou handdoek besitlik oop op jou lappie aarde wat vir hierdie rukkie aan jou behoort…
Nuuskommentaar: Matriek en gratis universiteitsopleiding
Die vreugde oor die styging in die matriekslaagsyfer kan erg gedemp word as heelparty van die matrikulante nie werk kry nie en ook nie finansiering vir verdere studie kan bekom nie.
Kolganslekkerte
“Jong, hier’s vleis vir minstens drie dae en drie nagte se eet en genoeg sous vir baie growwe brood met plaasbotter…
Nuuskommentaar: Het Mantashe steelhou teen Zuma ingekry?
Besef Mantashe hoe omvangryk die implikasies van sy voornemens is?
Nuuskommentaar: ANC herkoloniseer land vir ander
Is daar nog ʼn regering wat homself so graag probeer laat koloniseer?
Nuuskommentaar: Gaan SA-burgers ook in 2017 “vergat” word?
Dit is vanjaar baie moeilik om aan die hand van gebeure in 2016 ʼn sinvolle projeksie te maak van wat in 2017 gaan gebeur. Te veel hang daarvan af of pres. Jacob Zuma hom gaan inhou, of weer iets gaan aanvang wat enorme skade aan die land aanrig.
Nuuskommentaar: Jaaroorsig deel 5: Zuma die neet
Op 29 November vanjaar was die opskrif van Maroela se nuuskommentaar: “So, maar so sat vir Zuma-stories”, maar dis asof hef aan nog voorgelê het – sogenaamde “lame duck” of te nie. Ten spyte van omvattende beeldbou-aksies, waarin veral SABS 3 ʼn groot rol gespeel het, is dit besonder moeilik om enigiets positiefs te vind om oor Zuma te sê. Die nagmerrie duur voort.
Nuuskommentaar: ’n Geseënde Christusfees
Wat word van ons as Christene met die viering van Kersfees verwag? Beslis geen sekulêre “hêppie, hêppie” met die bottel vuurwater in die hand nie. Dit is ’n belangrike stimulus van ’n boodskap van liefde wat oor millennia strek.
Nuuskommentaar: Deurmekaarspul oor ras moet koers kry
Wanneer mag na iemand se ras verwys word, en wanneer is jy kniediep in die soufflé as jy wel ras vir identifikasie inspan? ’n Gekonsolideerde “reëlboek” wat konsekwent en ewehandig is, moet nou dringend geskep word om die een rassevoorval ná die ander te voorkom.