Nuuskommentaar: Wat gaan met Malema en politieke korrektheid aan?

In Suid-Afrika kom te veel heethoofde met radikale en opruiende uitsprake weg deurdat hulle deur “politieke korrektheid” ’n soort vrypas kry. In die proses is Julius Malema se drywer skynbaar vir ’n spoedoortreding en die wegjaag van die verkeersmense dieper in die sop as Malema wat ná sy hofverskyning wesenlik oorlog teen die Afrikaner verklaar het.