Die finansiële impak die Covid-19-pandemie was só erg dat 57% van Afrikaanssprekende mense finansieel slegter af is as drie jaar gelede. Finansiële verpligtinge het boonop meer geword.
Regering moet waak teen onhoudbaar hoë belastingvlakke
Kenners sê die regering sal slim beleidsbesluite moet neem om nie belastingbetalers wat reeds tot op breekpunt gedruk word, heeltemal te vervreem nie.
Is jou finansiële bates verskans teen regeringsinmenging?
Nog belangriker, ons moet seker maak dat finansiële instellings die regte stappe doen om bates behoorlik op te pas. Selfs teen regerings, indien nodig.
Protes in Kanada: Wat voorspel dit vir burgerlike vryheid?
Ongeag jou mening oor die protesoptrede, hierdie ingrypende en outokratiese hantering daarvan moet versigtig beskou word.
Ekonomiese gevolge van oorlog op oliepryse
Dit beteken dat die inflasiekoers wat teen 5,7% in Januarie reeds naby die boonste punt van die teikenband van 3-6% was, nog verder sal verhoog – veral indien die oorlog ʼn uitgerekte gebeurtenis is.
Verskans-reeks bespreek staatsbestandheid vir sakeondernemings
Hoekom is staatsbestandheid nodig? Wat beteken dit, en waar begin ons? Dit is vrae waaraan Sakeliga voortdurend aandag gee.
Staatsrede: ‘Staak die sosialistiese vernietiging’
Die president se oproep dat die private sektor werksgeleenthede in die ekonomie moet skep, is goed en wel, maar waar is die omgewing waarin werksgeleenthede geskep kan word?
Nuwejaarsvoorneme: ʼn Begroting waarby jy hou
Om te sorg dat jou finansiële lewe ten minste glad verloop het jy ʼn begroting nodig waarby jy en jou gesin hou tot op die laaste sent. Hier is hoe om dit reg te kry.
Luister in 3 minute: Te veel regeringsmag in nuwe gaswet; Grondwet bekyk
In die laaste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” vir 2021 gesels Gerhard van Onselen oor Sakeliga se kommer oor die nuwe gaswet, die IMF se ontevredeheid met SA se ekonomie en hy praat ook oor die uitleg van die Grondwet.
Luister in 3 minute: Grondwetwysiging faal en BBP krimp in derde kwartaal
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die grondwetwysiging wat in die hek geduik het. Hy bespreek ook die bruto binnelandse produk (BBP) se inkrimping in die derde kwartaal en bespreek die belang van netwerke en desentralisering om staatsbestand te word.
Sakeliga gee siening oor verpligte inentings en staatsbestandheid
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” word die reaksie op pres. Ramaphosa se jongste Covid-19-televisieverklaring bespreek, Sakeliga gee sy mening oor verpligte inentings en deel ʼn paar inleidende gedagtes oor staatsbestandheid.
Luister in 3 minute: Kritiek op diensbillikheidwet, SA se hoë belastinglas
Gerhard van Onselen van Sakeliga gesels oor die wysigingswetsontwerp op diensbillikheid, Suid-Afrika se hoë belastinglas en kritiek op die staat se lokaliseringsplanne.
Kommentaar op mini-begroting, staatsbeheerde instellings se verliese
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” lewer Sakeliga kommentaar op die mini-begroting. Daar word ook gekyk na nuwe insigte oor die arbeidsmark ná die pandemie en verliese by staatsbeheerde ondernemings. Kom luister in 3 minute.
Luister in 3 minute: Dít kan jy van minibegroting verwag
Gerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die mediumtermynbegroting wat binnekort voorgelê word. Hy praat ook oor Transnet se kredietafgradering, beurtkrag en misdaad.
Luister in 3 minute: Groenkragooreenkoms, stygende kospryse en pensioenwet bespreek
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste nuus uit die energiesektor en kommer oor stygende kospryse, asook die voorgestelde wysigings aan die pensioenwet wat gepubliseer is.
Luister in 3 minute: Voorsieningsketting, krag ontwrig
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” word die wêreldwye ontwrigting van die voorsieningsketting bespreek, asook beurtkrag en ʼn hofuitspraak wat elektrisiteitsekerheid op plaaslike vlak sal help verseker.
Luister in 3 minute: Kommer oor ernstige munisipale verval, inflasie
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor munisipale verval, ʼn nuwe skema vir plaaslik vervaardigde produkte en kenners wat bekommerd oor inflasie is.
Luister in 3 minute: Acsa plaas druk op vliegkaartjies se pryse
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek Acsa se skerp verhoging in sy gebruikstariewe. Van Onselen kyk ook na die hoër repokoerse wat in die vooruitsig is en Johannesburg se City Power wat ʼn private kragaankoopooreenkoms aangegaan het.
Wêreldbank ondersteun steeds sosialisme
Een van die kommerwekkendste aspekte wat uit die verslag voortspruit is dat die bank klaarblyklik nie omgee dat Suid-Afrika se ekonomie verder deur die vernietigende sosialistiese ideologie van die ANC-regering vernietig word nie.
Luister in 3 minute: Swakker indiensnemingsvlakke en verslag oor skuldneigings
Gerhard van Onselen van Sakeliga gesels oor die wysigings aan die Wet op Maatskappye en ʼn verslag van Transunion oor die jongste skuldneigings. Hy fokus eerste op formele indiensneming wat swak bly. Kom luister in drie minute: