Huiseienaars regoor Suid-Afrika knyp al hoe meer hul beursies toe weens finansiële druk in moeilike ekonomiese tye. Ina Opperman vertel watter raad daar vir verbruikers is.
Só lyk Julie se brandstofpryse
Petrolverbruikers sal ’n effense sug van verligting kan slaak.
Betaalvakansie: vinnige voordeel of langtermynpyn?
ʼn Betaalvakansie is nie ʼn manier om van jou skuld ontslae te raak nie, maar dit is beter as om net jou verpligte terugbetalings eenvoudig te staak.
Nog ʼn daling in petrolprys verwag; dieselpryse styg waarskynlik
Vir verbruikers met petrolvoertuie is die verwagte daling goeie nuus, maar duurder diesel beteken ook groter insetkoste wat weer op ander vlakke pryse kan opjaag.
‘Costa plenty’: Die waarheid van verskuilde kostes
Kyk maar uit vir weggesteekte kostes, waarsku Leon-Ben Lamprecht.
Vrugte, groente goedkoper; uie, aartappels bly duur
Hoewel broodnodige voedselitems wat dikwels geprioritiseer word steeds uitermatig duur is, het die prys van die meeste groente en vrugte wel gedaal.
97 000 in formele sektor verloor hul werk
Verskeie bedrywe moes hul werknemers die afgelope kwartaal boonop minder betaal omdat hul inkomste gekrimp het.
Sekerheid in Afrikaans
Eksekuteurs vir boedels en testamente verstaan Afrikaans en die kultuur wat daarmee gepaard gaan.
Medihelp ‘groei organies’ in 2022
Die mediese skema het verlede jaar van sy produkvoordele uitgebrei, twee nuwe produkte bekendgestel en die reserwes wat hy tydens die Covid-19-pandemie opgebou het, gebruik om ’n algehele gemiddelde tariefverlaging van 0,45% in te stel.
Entrepreneurskompetisie bied hupstoot vir Afrikaanse sakelui
“Daar is groot pryse op die spel, maar wat hierdie kompetisie uniek maak is die platform wat dit vir die wenner bied.”
Regering se NGV-planne gaan ekonomie bly knou
Die regering wil iets wat Suid-Afrika se private sektor behoorlik opgebou het – die private gesondheidsorgsektor – oorneem omdat hy misluk het om die werk in die eerste plek self te doen.
Belastingseisoen open binnekort
Die SAID-kommissaris, Edward Kieswetter, sê mense moet vanjaar beheer van hul eie belastingsake neem.
Geen keer aan semigrasie, rentekoers ten spyt
“Almal wil nou in Kaapstad wees. As jy ʼn verkoper is, is Kaapstad die plek waar jy wil verkoop. As jy ʼn koper is, is Kaapstad die plek waar jy wil belê.”
Laer inflasiekoers nie noodwendig goeie nuus
“Vandag se syfers beklemtoon die ontstellende waarheid – die armste huishoudings het die afgelope 12 maande ’n verstommende styging van 9,9% in hul lewenskoste ervaar.”
Inflasie laagste in 13 maande
Lekkergoed en nagereg is egter die duurste in ses jaar. Uiteet is deesdae meer gewild, maar ook duurder.
Kragkrisis, rentekoerse, inflasie vreet kleinhandelvertroue
Verbruikers kies byvoorbeeld kitskos of restaurant-etes wanneer beurtkrag ingestel word. Verbruikersbesteding aan sonpanele, omsetters en batterye knaag ook verder aan beskikbare huishoudelike inkomste.
SA’ners koop steeds fluks kitskos
Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het in sy jongste maandelikse verslag oor kos- en drinkgoed bevind dat daar in April meer kitskos en wegneemetes gekoop is as ʼn jaar gelede.
Tweepot-aftrede: Korttermynverligting maar langtermynpyn?
Die pensioenfondsstelsel laat lede van pensioen- en voorsorgfondse toe om jaarliks toegang tot ʼn gedeelte van hul belegging te verkry, maar ʼn kenner waarsku dat diegene wat besluit om van hul aftreegeld te onttrek, deeglik bewus moet wees van die moontlike gevare daaraan verbonde.
Verbruikersake: Leer uit dié klagtes oor langtermynversekering
Die ombudsman vir langtermynversekering het onlangs sy jaarverslag vir 2022 uitgereik. Ina Opperman het gaan kyk waaroor langtermynversekeringskliënte kla en hoe die ombudsman dit opgelos het.
Geniet ʼn rentekoers van tot 10,50% per jaar by Absa
Absa het ʼn Dinamiese Vaste Deposito-rekening bekendgestel wat uitstekende rente op jou spaargeld bied.