Het jy die drastiese styging in die prys van kookolie opgemerk? Volgens StatsSA is daar oënskynlik geen keer aan die prys van kookolie nie. Maar wat is die rede vir die reuseprysstygings van kookolie?
Luister: Jou kredietrekord en jou vermoë om huis te koop bekyk
Watter invloed het jou kredietrekord as dit kom by ʼn bank se besluit om jou huisverband te finansier? En hoe gemaak as jy vir die eerste keer in die verkoper se skoene staan?
Luister in 3 minute: SA beklee laagste posisies in mededingendheid
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” na die 200 afgestudeerde dokters wat nog nie in internskappe geplaas is nie. Hy bespreek ook probleme in die mynboubedryf en ʼn verslag oor internasionale mededingendheid waarin Suid-Afrika al hoe vrotter vaar.
Jou testament, jou koninkryk, jou nalatenskap
Jy hoef nie ʼn koninklike te wees om jou sake in orde te kry nie.
Inflasie: Dís wat jou bankrekening leegtap
Kookolie, tamaties, wyn en suiker is sommige van die items in jou winkeltrollie wat inflasie help opjaag.
Blitsgids tot LinkedIn-bemarking
LinkedIn het meer as 660 miljoen aktiewe gebruikers wêreldwyd, wat dit ’n uiters bruikbare deel van jou bemarkingsaksie maak.
Onafhanklike owerheid gaan SA se sukkelende hawens regruk
Die stap beteken die opbrengs wat die hawens genereer kan nou in hawe-infrastruktuur belê word vir die vervanging van ou toerusting, sowel as vir die opgradering en uitbreiding van hawens.
UDM betwis SAL-ooreenkoms in hof
Daar was die afgelope ruk al hoe meer vrae oor die transaksie.
Verbruikersake: Jou keuses vir motorherstelwerk vanaf 1 Julie
Die Mededingingskommissie se riglyne vir Mededinging in die Suid-Afrikaanse Naverkopemark wat werk aan jou voertuig kan reguleer, tree in werking op 1 Julie. Die naam van die riglyne is al klaar verwarrend en verbruikers vind dit nie altyd so maklik om sin te maak daarvan nie. Ina Opperman vertel meer.
Bou-aanpassings vir gestremde huurders
Tania*, ’n persoon wat ’n rolstoel gebruik weens veelvoudige sklerose (VS) het onlangs met groot verwagtinge by ʼn splinternuwe tuinwoonstel ingetrek. Haar opwinding het egter kort voor lank in frustrasie verander. Van die aanpassings wat die verhuurders belowe het om te maak om haar lewe as ʼn gestremde persoon te vergemaklik, was min te sien.
Luister in 3 minute: Goeie nuus oor landboubedryf, kragopwekking
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die hernude vertroue in die landbousektor, bykomende kritiek op die mededingingskommissie se besluit om die Burger King SA-transaksie te stuit en die positiewe nuus oor onafhanklike kragopwekking.
Invloed van kragonderbrekings op die ekonomie
Die WNNR het bevind dat 2020 die ergste jaar vir beurtkrag nóg was. Onlangse navorsing deur die WNNR toon dat beurtkrag vir 859 uur van die jaar plaasgevind het (9,8%) ten spyte van ’n verlaging in die vraag tydens die nasionale Covid-19-inperking.
Luister: Kom ons gesels oor huispryse, verbande, lenings en koopkontrakte
Hoe weet jy die verkoper se prys vir daardie eiendom waarop jy jou oog het, is geregverdig?
Verbruikersake: Jy kan ook hier kla oor krediet, skuldinvorderaars
Die Nasionale Kredietreguleerder en die Kredietombudsman het onlangs ’n samewerkingsooreenkoms geteken wat hulle in staat sal stel om saam te werk om te voldoen aan die oogmerke van die Nasionale Kredietwet. Ina Opperman het gaan kyk hoe dinge nou verander.
OBK ‘finansier nie’ nuwe SAL
Die OBK besit wel 30% van Harith General Partners, een van die lede in die nuwe konsortium wat ʼn 51%-belang in die SAL sal besit.
Statistieke SA-berekeninge misleidend
Brink sê die regte groeikoers vir die eerste kwartaal vanjaar was in werklikheid -2,7%.
Luister: Wenke vir eerste huiskopers se soekproses
Francois gee wenke vir die soekproses van jou eerste eiendom, verduidelik wie almal betrokke is by die aankoop van jou huis en gee meer inligting oor die verskillende soorte eiendomme wat ʼn eerste huiskoper kan aanskaf. Kom luister hier!
Regering voortaan minderheidsvennoot in SAL
Die Takatso-konsortium sal voortaan moet pa staan vir enige geld wat die redery benodig en het reeds sowat R3 miljard in die redery belê.
Aankondiging oor kragopwekking wyd verwelkom
Verskeie belangegroepe is dit eens dat die wysiging so gou as moontlik in werking gestel moet word.
Impakstudie oor onteiening bekyk; munisipale wanbestuur laat fabriek sluit
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek weer drie van die grootste sakestories in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake”: Die regering se impakstudie oor onteiening, munisipale wanbestuur in Lichtenburg en die Mededingingskommissie se besluit om ʼn Burger King-transaksie te keer.