“Spaar” het ’n kredietlewensversekeringspolis laat ontwikkel wat al jou bestaande kredietversekeringpolisse onder een enkele polis konsolideer, teen ’n premie wat aansienlik laer is as jou huidige premies.
Ramaphosa wil praat oor pensioenfondsbates en die ekonomie
“Ons finansiële bronne is uitgeput en Suid-Afrika se ontwikkelingsbehoeftes is enorm. Ons moet oor voorgeskrewe bates praat omdat ons moet kyk hoe ons verskillende hulpbronne in die land kan benut om doelgerigte groei te kry.”
Grafieke: Leidende ekonomiese aanwysers oor die wêreld
Die leidende aanwysers uit Amerika en Europa skets nie ’n prentjie van florerende ekonomiese toestande nie.
Akademia-student inspireer op Wêreld-entrepreneursdag
“Ek is nou ʼn volwaardige entrepreneur wat áán my besighede moet werk en nie meer ín hulle onderneming nie,” verduidelik Theron. “Dis hier waar ek begin besef het dat ek nooit die geleentheid aangegryp het om die mees fundamentele vaardighede van ondernemingsbestuur te bemeester nie.”
Verbruikersake: Leer ʼn les met verbruikersgoedere
Volgens die ombudsman se jaarverslag het verbruikers die meeste gekla oor telekommunikasie (34%), meubelwinkels (10%), toestelhandelaars en -vervaardigers (10%), klerewinkels (8%) en aanlyn inkopies (6%). Ina Opperman het gaan kyk na die lesse wat verbruikers uit die gevallestudies in die jaarverslag kan leer.
Luister in 3 minute: Pensioenfondse en ’n nuwe kredietwet
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, gesels in vandeesweek se aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ oor die ANC se uitlatings oor pensioenfondse, die Black Management Forum se planne om te litigeer oor transformasie en pres. Cyril Ramaphosa se bekragtiging van ʼn nuwe kredietwet.
Verbruikersake: Tariewe wat dokters mag hef
Dokters kan egter net tariewe hef vir dienste wat gelewer is en verbruikers hoef nie allerhande bedrae te betaal vir administratiewe koste nie. Ina Opperman verduidelik waarvoor jy jou dokter moet betaal.
Luister in 3 minute: Grondverslag, gesondheid en emigrasie bespreek
In die jongste aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ word terugvoer gegee oor Sakeliga se werksessie wat handel oor die presidensiële adviespaneel se grond- en landbouverslag.
Uber ly miljarde se verlies
Die verliese het weer eens vrae laat ontstaan oor Uber se sakemodel en die volhoubaarheid daarvan op die lang termyn.
Luister in 3 minute: Bankstaking, SA se ekonomie en VSA-China-handelsoorlog
In 3 Minute, 3 Sake bespreek Sakeliga hierdie week die staking wat dreig in die bankwese, die voortgesette verswakking in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die jongste verwikkeling in die VSA-China‑handelsoorlog.
Dawie Roodt: ‘Onnoselheid en kripvretery eindig altyd dieselfde’
Die verstommende vlakke wat korrupsie en plundering in ons land bereik het, is sonder twyfel die rede hoekom die meeste Suid-Afrikaners tans so desperaat voel, skryf Dawie Roodt.
Dié rekening help jou spaar
Finbond Platinum stel ten doel om spesifiek spaarprodukte onder die Afrikaanse mark te bevorder.
Grafieke: Só lyk werkloosheidskoerse
Dit is duidelik dat arbeidsmarktoestande tans nie gunstig vir werkskepping is nie.
Waterfront-aftreeleefstyl in die hartjie van Pretoria
Dié unieke watermassa bied aan inwoners die geleentheid tot ʼn uitsonderlike waterfront-aftreeleefstyl in die hartjie van Pretoria – en dit nogal in een van die mees gesogte woonbuurte!
Silwerskoon by die huis en kantoor
Camperdown-omgewingsdienste maak slegs van die nuutste tegnologie gebruik.
Luister in 3 minute: Grond, graderingsagentskappe en buitelanders wat groet
In 3 Minute, 3 Sake bespreek Sakeliga hierdie week die presidensiële adviespaneel se grondverslag, die graderingsagentskappe se kommer oor Eskom en buitelanders wat besig is om hul Suid-Afrikaanse bates teen ʼn rekordspoed te verkoop.
Ramaphosa-regering moet drif van regulering stuit
Soos speelgoed wat vooraf opgewen en nou losgelaat is, stu ’n klompie kwasigeregtelike agentskappe voort om die doeltreffende funksionering van ’n vryemarkekonomie en kommersiële vryhede in Suid-Afrika te vertrap.
Fitch sien nie lig in SA tonnel
Die graderingsagentskap het gesê die toenemende begrotingstekort weens laer BBP-groei en verhoogde besteding, insluitend die regering se finansiële reddingsboeie aan sy eie staatsinstansies, veral Eskom, skep kommer oor die land se ekonomiese groeipotensiaal.
Verbruikersake: Wanneer jy ’n kontrak teken
Jy het regte wanneer jy kontrakte teken, maar voorkoming is mos beter as genesing. Dit is baie beter om te dink voordat jy doen as om agterna te sukkel om die kontrak gekanselleer te kry. Ina Opperman het gaan kyk hoe die Wet op Verbruikersbeskerming jou kan help.
Afrikaanse versekeraar is weer top in bedryf
Virseker is vir die tweede jaar aangewys as die bes presterende produk in die korttermynversekeringsbedryf en is erken vir hul voorsiening van ʼn standvastige en vertrouenswaardige ervaring van verbruikerstevredenheid.