Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sal Donderdag sy eerste mediumtermyn-begrotingsbeleidstelling (MTBPS) lewer.
Luister in 3 minute: Dít kan jy van minibegroting verwag
Gerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die mediumtermynbegroting wat binnekort voorgelê word. Hy praat ook oor Transnet se kredietafgradering, beurtkrag en misdaad.
Shoprite word ‘groener’ met sonkragopwekking
Shoprite beoog om teen 2050 geen kweekhuisgasse vry te stel nie en slegs op hernubare energie staat te maak.
Sakeliga stuur nuwe arbitrasieplatform van stapel
Die projek het ten doel om die enorme agterstande met kommersiële regspleging in Suid-Afrika, wat die ekonomie ernstig kniehalter, te help oplos.
Mediumtermynbegroting: Belastingbetalers nou al droog gemelk
Enoch Godongwana maak Donderdag sy eerste mediumtermynbegrotingsrede bekend, maar sommige kenners meen daar gaan nie veel wees om oor blymoedig te raak nie.
Wêreld belê steeds in SA – Ramaphosa
Selfs ten spyte van die uitdagings wat die Covid-19-pandemie veroorsaak het, en die geweld en verwoesting wat in Julie vanjaar in grootskaalse oproer gesaai is, soek talle maatskappye steeds na beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika.
Vakbonde waarsku oor groot werksverliese by Mango
Die ineenstorting van Mango kan lei tot 708 werksverliese en vakbonde sê dit gaan na die res van die bedryf oorspoel omdat Mango tot duisende werksgeleenthede in die waardeketting bydra.
Luister in 3 minute: Groenkragooreenkoms, stygende kospryse en pensioenwet bespreek
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste nuus uit die energiesektor en kommer oor stygende kospryse, asook die voorgestelde wysigings aan die pensioenwet wat gepubliseer is.
Motorbedryf bly SA se reddingsboei
Die mark spring sterk terug en dit wil lyk of ons die vooruitskatting van amper 500 000 verkoopte eenhede sal haal.
Luister in 3 minute: Voorsieningsketting, krag ontwrig
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” word die wêreldwye ontwrigting van die voorsieningsketting bespreek, asook beurtkrag en ʼn hofuitspraak wat elektrisiteitsekerheid op plaaslike vlak sal help verseker.
Nog beurtkrag terwyl Eskom instandhouding doen
Volgens Eskom het die kragbeskikbaarheidsyfer (EAF) tot 65% afgeneem, terwyl die teiken daarvoor op 70% staan.
Landbank se omkeerplan werp vrugte af
Die bank is gereed om bestaande kliënte met bedryfskapitaal en produksielenings in die plantseisoen te help.
Luister in 3 minute: Kommer oor ernstige munisipale verval, inflasie
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor munisipale verval, ʼn nuwe skema vir plaaslik vervaardigde produkte en kenners wat bekommerd oor inflasie is.
Netflix stoot SA pryse op
Staal jouself om meer op te dok om gewilde reekse en rolprente te stroom.
Herstelwerk by Transnet-terminaal kan maande duur
Untu is uiters bekommerd oor die aantal “buitengewone terugslae” wat Transnet gehad het sedert die aankondiging dat die Transnet National Ports Authority (TNPA) ʼn onafhanklike filiaal van Transnet word.
Reusebrand nóg ʼn terugslag vir Transnet
Ernstige skade is aan infrastruktuur by die terminaal in Richardsbaai aangerig.
Moontlikheid ondersoek vir Jhb om self krag te versprei
Eskom en City Power het ʼn ooreenkoms aangegaan oor die “moontlike oordrag” van kragverspreiding in Johannesburg.
Luister in 3 minute: Acsa plaas druk op vliegkaartjies se pryse
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek Acsa se skerp verhoging in sy gebruikstariewe. Van Onselen kyk ook na die hoër repokoerse wat in die vooruitsig is en Johannesburg se City Power wat ʼn private kragaankoopooreenkoms aangegaan het.
SA druk deur met steenkoolplan, al taan aptyt wêreldwyd
Al vyf Afrika-lande probeer finansiering uit China vir die projekte bekom, maar dié land het onlangs aangekondig dat hy sy steun aan oorsese steenkoolprojekte gaan opskort.
Britte spook nou vir vlugte na SA
Vlugbesprekings van Brittanje na Suid-Afrika het glo met 150% toegeneem nadat die land van Brittanje se rooilys verwyder is.