Aangesien die diens ook toenemend strawwe mededinging kry van nuwe stromingsplatforms wat die mark betree, soos Disney+ of Amazon Prime, kan speletjies ʼn unieke aanbod aan Netflix-gebruikers bied.
Kliëntediens in ’n aanlyn handelsonderneming
’n Besigheid se produkte kan fantasties wees, maar indien kliëntediens ontbreek, sal die besigheid nie volhoubare sukses kan behaal nie.
Onluste se impak op ondernemings, ekonomie; Wêreldbank waarsku SA
Gerhard van Onselen van Sakeliga is terug in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” en kyk hoe die onluste die plaaslike ekonomie en sakeondernemings sal raak. Hy bespreek oor die Wêreldbank se waarskuwing aan Suid-Afrika te midde van die onrus.
Luister in 3 minute: Sakekamer meen kragskepe kan help; middelklas onder druk
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” kom die Turkse kragskepe weer onder die loep. Die Suid-Afrikaanse middelklas ervaar groot finansiële druk, en laastens, die ekonoom Russell Lamberti sluit by Sakeliga aan.
Mynbedryf moet nou SA ekonomie red – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief stygende metaalpryse gaan ʼn beduidende rol speel in die land se herstel van die insinking weens die Covid-19-pandemie.
Luister: Moody’s kap Tshwane-metro raad; NGV met regstappe beveg
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” praat Daniel du Plessis van Sakeliga oor Solidariteit se planne om regstappe teen die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te neem. Tshwane-metro se kredietgradering is skerp afgegradeer en kommer heers oor die verskerpte inperkingsmaatreëls se invloed op sakeondernemings.
Maatskaplike werkers help kwesbare huishoudings met finansiële welstand
Maatskaplike werkers stel kwesbare huishoudings in staat om finansieel bekwaam te word deur die implementering van aksieplanne te monitor wat daarop gemik is om finansiële bekwaamheid te bereik.
SBO’s hervorm, maar bly stewig in staatsbesit – Ramaphosa
Die president sê in sy weeklikse nuusbrief staatsbesit van ondernemings in sekere belangrike sektore is nodig, soos by die verskaffing van krag en water.
Luister in 3 minute: SA beklee laagste posisies in mededingendheid
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” na die 200 afgestudeerde dokters wat nog nie in internskappe geplaas is nie. Hy bespreek ook probleme in die mynboubedryf en ʼn verslag oor internasionale mededingendheid waarin Suid-Afrika al hoe vrotter vaar.
Blitsgids tot LinkedIn-bemarking
LinkedIn het meer as 660 miljoen aktiewe gebruikers wêreldwyd, wat dit ’n uiters bruikbare deel van jou bemarkingsaksie maak.
Onafhanklike owerheid gaan SA se sukkelende hawens regruk
Die stap beteken die opbrengs wat die hawens genereer kan nou in hawe-infrastruktuur belê word vir die vervanging van ou toerusting, sowel as vir die opgradering en uitbreiding van hawens.
UDM betwis SAL-ooreenkoms in hof
Daar was die afgelope ruk al hoe meer vrae oor die transaksie.
Luister in 3 minute: Goeie nuus oor landboubedryf, kragopwekking
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die hernude vertroue in die landbousektor, bykomende kritiek op die mededingingskommissie se besluit om die Burger King SA-transaksie te stuit en die positiewe nuus oor onafhanklike kragopwekking.
Invloed van kragonderbrekings op die ekonomie
Die WNNR het bevind dat 2020 die ergste jaar vir beurtkrag nóg was. Onlangse navorsing deur die WNNR toon dat beurtkrag vir 859 uur van die jaar plaasgevind het (9,8%) ten spyte van ’n verlaging in die vraag tydens die nasionale Covid-19-inperking.
OBK ‘finansier nie’ nuwe SAL
Die OBK besit wel 30% van Harith General Partners, een van die lede in die nuwe konsortium wat ʼn 51%-belang in die SAL sal besit.
Regering voortaan minderheidsvennoot in SAL
Die Takatso-konsortium sal voortaan moet pa staan vir enige geld wat die redery benodig en het reeds sowat R3 miljard in die redery belê.
Aankondiging oor kragopwekking wyd verwelkom
Verskeie belangegroepe is dit eens dat die wysiging so gou as moontlik in werking gestel moet word.
Impakstudie oor onteiening bekyk; munisipale wanbestuur laat fabriek sluit
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek weer drie van die grootste sakestories in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake”: Die regering se impakstudie oor onteiening, munisipale wanbestuur in Lichtenburg en die Mededingingskommissie se besluit om ʼn Burger King-transaksie te keer.
Hoër drumpel vir krag kan beurtkrag help verminder
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die drempel om krag op te wek beduidend verhoog gaan word, kan Suid-Afrika se treurige elektrisiteitsituasie moontlik help omkeer. Dit kan dalk ook vroeër ʼn einde aan beurtkrag maak.
Virtuele kaart vir transaksies op WhatsApp
Hierdie stap sal na verwagting miljoene Suid-Afrikaners, selfs die mense sonder ʼn bankrekening, toegang tot die digitale ekonomie en aanlyn transaksies gee.