Sommige hardwerkende Suid-Afrikaners kan nou moontlik selfs minder per maand uitkry, sou hulle vanjaar ʼn verhoging kry.
Begrotingsrede: Groei, groei, groei
Ekonome meen dis ook nodig dat die regering die geldkrane toedraai van staatsamptenare wie se poste geensins tot die ekonomie bydra nie.
Werkloosheid: Kaapstad die beste, Noordwes die swakste
“Die Wes-Kaap het slegs die afgelope kwartaal meer as 23 000 nuwe poste geskep. Noordwes het 30 000 poste verloor.”
Begrotingsrede: Godongwana wéét hoe gek NGV is, maar durf hy dit sê?
“Dit is mos kranksinnig om te dink die regering kan die bykomende sowat R300 miljard, wat die NVG gaan kos, deur belasting invorder.”
Dís wat sakesektor in begroting wil sien
Business Leadership South Africa wil veral sien hoe die regering sy vennootskappe met die private sektor sal bevorder om dit vir dié sektor makliker te maak om aktief tot die openbare sektor by te dra.
Só betaal jy dalk gou meer belasting
Die minister van finansies het vandeesmaand die onbenydenswaardige taak om kiesers te paai én belastingbetalers ʼn bietjie harder te druk vir inkomste in uiters moeilike finansiële omstandighede.
Hoë skuldvlak bly enorme bron van kommer
Die oorskryding van die teiken vir skuld in verhouding tot BBP, dui daarop dat die regering se fiskale bestuur onvolhoubaar is.
Munisipale besteding ‘buite beheer’
ʼn Onlangse voorlegging deur die ouditeur-generaal in die parlement skets ʼn somber prentjie van die enorme wanbesteding wat by munisipaliteite in die land voorkom – hoofsaaklik weens korrupsie.
SA banke ál meer mededingend, deursigtig – verslag
Vir verbruikers met basiese bankbehoeftes kraai FNB se Easy PAYU-rekening vanjaar weer koning in die 12- sowel as 17-transaksiemandjie.
Kriptogeld: Mynveld én weiveld
Al meer Suid-Afrikaners slaan skynbaar munt uit kriptogeld. Om dit te bestee was egter tot dusver nie so maklik nie.
Gewilde Afrikaanse saketoekennings trek nuwe baadjie aan
“Ons wil ondernemings en entrepreneurs in hul eie gemeenskap bekroon, daar waar hulle die hart van die gemeenskap is – die mense wat die ekonomie op eie bodem aan die gang hou.”
MultiChoice sê ‘nee dankie’ vir R105-aanbod
MultiChoice sê sy besluit om die aanbod van die hand te wys, berus onder meer op ʼn onlangse waardasie-oefening wat die maatskappy “aansienlik hoër” as R105 per aandeel gewaardeer het.
Minder entrepreneurs in SA – verslag
In Suid-Afrika is die grootste motief om ʼn entrepreneur te word die behoefte om ʼn lewensbestaan te maak. Dit raak egter al moeiliker om ʼn onderneming op die been te bring en te onderhou.
Franse Canal+ wil MulitiChoice oorneem
“Ons is onwrikbaar in ons oortuiging dat MultiChoice ’n blink toekoms kan geniet as deel van ’n gekombineerde groep met Canal+.”
Rentekoersdalings nodig om ekonomie hupstoot te gee
“As jy vir Suid-Afrika se oorbelaste verbruikers vra wat ʼn Desember-VPI van 5,1% of ʼn onveranderde repokoers vir hulle beteken, is die antwoord waarskynlik ‘niks nie’.”
Geen verligting vir SA’ners wat hul tot benoude skuld wend
“Verbruikers het hulle tot skuld gewend om óf hul maandelikse betalings te maak óf bestaande skuld af te betaal. Hierdie soort benoude skuld is ‘n aanduiding van ‘n nasie in diep moeilikheid, aangesien dit mense in ‘n bose kringloop vasvang om hul skuld met meer skuld af te betaal.”
Goeie nuus vir verbruikers: Inflasie daal weer
Die laaste inflasiesyfer vir 2023 is Woensdag bekend gemaak en dié syfer is heel positief, meen die ekonoom Dawie Roodt.
Pta-sakekamer verheug oor privatisering van Wonderboom-lughawe
“Vir te lank is die lughawe sonder ʼn behoorlike werkbare plan en deur onbevoegde strukture bestuur wat nie in die lugvaartbedryf spesialiseer nie.”
‘Populistiese politiekery’ kan ekonomiese groei pootjie
Business Leadership South Africa (BLSA) sê daar is tans ʼn groot risiko dat populistiese beleid, soos die aanvaarding van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), deur die parlement gedruk gaan word om by te dra tot partye se verkiesingsveldtogte.
Nuwe baadjie vir Wonderboom-lughawe
Die Tshwane-metro het Woensdag ʼn verslag vir ʼn nuwe bedryfsmodel vir die Wonderboom-lughawe goedgekeur.