Corlea Botha en Juandré Marais gesels in dié video met die finansiële kenner Wouter Snyman oor flatervrye finansiële beplanning en testamente.
Verbruikersake: Ombud se les oor deposito’s
Ina Opperman het gaan kyk na een van die klagtes waar die verbruiker aan die wen-kant was.
Verbruikersake: Maak direkte bemarking oor die foon jou ook gek?
Gelukkig beskerm die Wet op Verbruikersbeskerming jou regte wanneer dit by direkte bemarking kom. Ina Opperman vertel meer oor hoe dié wet jou beskerm.
Daling in kookoliepryse verwag
Kookolieverbruikers kan binnekort ʼn effense sug van verligting slaak wanneer die pryse van sonneblom- en kanola-olie in supermarkte na verwagting met ʼn beduidende persentasie sal daal.
OUTsurance vies oor Hippo se draakstekery
Terwyl die versekeringsreus OUTsurance hom tot die hof gewend het oor die advertensie, spot Suid-Afrikaners al te heerlik daaroor.
September is Testamentemaand
Of jy ’n ouer, ’n broodwinner, of ’n huiseienaar is, of sommer net wil seker maak dat jou sake in orde is, is dit belangrik dat jy ’n geldige testament het wat deur ’n professionele persoon opgestel is.
Vra vir Ed: Erfgename in die boedel
‘n Leser het ‘n navraag oor ‘n bepaling in sy testament. Ed het kundige advies.
Verbruikersake: Verskillende waarborge onder die vergrootglas
Ina Opperman verduidelik wat jy kan verwag van ʼn “warranty” en ʼn “guarantee”.
Kyk jou beleggings na jou toekoms?
Jy vra jouself dalk af: Is my bydraes tot my pensioenfonds genoeg om in die huidige klimaat te oorleef? Daar is heelwat alternatiewe opsies beskikbaar om seker te maak jou aftrede sal volhoubaar befonds wees – selfs al wink aftrede vir jou.
Vra vir Ed: Eksekuteursfooie uit die boedel
Onseker hoe eksekuteursfooie uit ‘n boedel werk? Ed het kundige advies.
Inflasie knaag aan jou kosmandjie
Kenners waarsku hoewel dit lyk of daar ʼn stadiger styging in pryse is, die kosmandjie steeds maandeliks duurder word.
E-inkopies maak verbruikers vies
Aanlyn transaksies is verantwoordelik vir die meeste klagtes wat die afgelope jaar by die ombudsman vir verbruikersgoedere en dienste ingedien is.
Help! Ek kort ’n noodfonds
Skuld afbetaal is wonderlik, maar om te verhoed dat jy weer in skuld beland, kan ʼn noodfonds baie help. Nou is die vraag hoe bou jy ene op?
Inflasie nou nóg hoër, maar verligting kom
Terwyl die nuwe inflasiesyfer slegte nuus vir verbruikers is, voorspel ekonome dat die land waarskynlik ’n kantelpunt bereik het, en dat inflasie in die komende maande kan afneem.
Health Squared knak; lede moet nuwe fondse soek
Die mediese fonds Health Squared het aansoek gedoen om vrywillige likwidasie en sy lede boonop net enkele weke gegee om ʼn nuwe fonds te vind.
‘Vleislose frikkadelle’ veilig op winkelrakke – vir nou
Die plan om plantgebaseerde produkte wat as alternatiewe vir vleis bemark word van Maandag van winkelrakke te verwyder, is vir eers met ʼn hofbevel gestuit.
Verbruikersake: Wenke om geld te spaar
Ina Opperman gee raad oor hoe jy spaarsamig kan leef.
Moenie bespiegel oor brandstofheffing – Mbalula
Die regering het in die verlede al, wanneer die brandstofprys daal, ʼn verhoging in die brandstofheffing by die agterdeur laat inglip.
Laer brandstofpryse wink
Indien die brandstofpryse wel daal soos verwag, sal Suid-Afrikaners weer onder R23 per liter vir petrol betaal.
Wat om te doen en wie om te kontak as iemand sterf
Sal jy weet wat om te doen as iemand na aan jou sterf en jy alles moet hanteer? Capital Legacy is Suid-Afrika se testament- en boedelspesialis. Die maatskappy deel graag ’n paar wenke om mense deur dié tyd te help.