“Dit is baie oorweldigend om in hierdie posisie te wees, aangesien dit my eerste rolprent is.”
Eg Afrikaans-foto van 2020 – hier is die wenners!
Hier is die wenners van die Eg Afrikaans-kategorie in SA se eerste slimfoonfoto-kompetisie:
Pampoenrekord spat by Goliat van Gat
Dié kranige pampoenkwekers kruip al nader aan die SA rekord van 860 kg.
Koppieteefontein: Vroeg uit die vere – op pad werk toe
En dit was my antwoord. In hierdie wêreld waarin ons leef. Of jy ’n onderwyser is, of ’n eiendomsagent, of ’n prokureur of ’n rugbyspeler of bloot ’n ouer is, wéét wie jy is!
Internasionale ekspo vier liefde vir Afrikaans, boeke
Danie du Toit, voorsanger van Spoegwolf, beoordeel vanjaar die poësie-afdeling.
Walkerbaai-swem: Tot in ongerepte water vir sinkende kunste
ʼn Week gelede was Carina Bruwer nog besig om tot verhaal te kom nadat sy die eerste swemmer geword het wat die ope waters van Walkerbaai tussen Hermanus en Gansbaai aangedurf het.
Teologiegraad met lof, nou wink medies vir jong pastoor
Sy droom is om eendag mense in nood as dokter te genees en terselfdertyd die woord van God te verkondig.
‘Spiekeries’ se graf weer spiekeries
“Vir elke drie wat ek op die radio kon luister, elke uitklophou en elke paaltjie wat Spiekeries beskryf het, is dit my plig om te sien dat hierdie man se graf minstens opgeknap word.”
Aros beleef geskiedkundige 2021
Aros spog in 2021 met ʼn rekordgetal eerstejaars en kan met dankbaarheid aankondig dat 650 eerstejaars by die Aros-familie verwelkom is.
Kyk: Voortrekkers se nuwe video spog met monument
“Die lied roep Voortrekkers op om steeds die Voortrekkerfakkel veilig na môre te dra.”
Helpende Hand vat tekort aan tuisversorgers vas
“Ons wil leerders toerus met die nodige kennis en vaardighede om na ons bejaardes en gestremdes om te sien. Dit pas so reg in die kraal van Solidariteit se Ons sal Self-veldtog.”
Nuwe hoof vir Voortrekkermonument
“Ons sien uit na ’n nuwe hoofstuk, waar die Voortrekkermonument nie ’n bron van kommer is nie, maar ’n baken van hoop.”
16-jarige kom met regrukplan vir parkie
Reuben se planne met die park gaan ook nie nou net hier eindig nie. Hy het reeds besluit om ʼn komitee te stig wat kan help om die park behoorlik te onderhou.
Paarl-veldwedloop plaas kollig op toerisme
“Sowat 70% van ons bedryf is bankrot.”
Russe vereer SA skrywer
“Ja, daar het heelwat deur my kop gegaan, maar die laaste gedagte was dat ek vereer sou word.”
#HelpHetta-projek word ‘ousus’ vir behoeftige meisies
Dié laerskool is een van die 109 instansies wat kwartaalliks hulp in die vorm van sanitêre ware en higiëniese produkte ontvang vir meisies wat dit nie kan bekostig nie.
Oom Kosie (95) en tannie Sus (83) haak af tydens pandemie
Tannie Sus woon in ʼn ouetehuis en oom Kosie sou daar by haar intrek, maar hulle wou nie saambly voordat hulle getroud was nie.
Kyk: ʼn Loerbroer-ervaring van anderste vere
Die akwarium se Facebook-blad gons met pikkewynliefhebbers wat koer oor dié skattige seevoëls.
Tieners ruk begraafplaas reg vir sakgeld
Marike wil spaar sodat sy ʼn motor vir universiteit kan koop en Eugene wil met gimnastiekklasse begin.
Tree vir tree op die geloofspad
’n Oupa se oggendgesprekke met die Here, agter ’n toe studeerkamerdeur, het ’n klein seuntjie se begeerte geprikkel om ook so ’n intieme verhouding met sy Skepper te hê. Daardie seuntjie is Peet Bekker. Vandag stap hy letterlik sy eie geloofspad met die Here. Deel van sy reis is om vir dorpe te bid.