Adventures with Elephants het onlangs ʼn klein handgemaakte houtborsspeldjie van ʼn olifant bekendgestel om geld in te samel vir navorsing by die Rory Hensman Olifant-Navorsingseenheid.
Goeie nuus: Medupi-eenheid wek elektrisiteit op
Eenheid 6 by Eskom se splinternuwe Medupi-kragstasie in Limpopo het Maandag vir die eerste keer elektrisiteit opgewek.
Goeie nuus: Boer in ʼn japtrap uit ontvoerders se kloue gered
Philip Keet, ʼn boer van Mokopane in Limpopo, is Sondag etlike minute nadat hy op sy plaas deur ʼn groep mans oorval en ontvoer is, ongedeerd uit hul kloue gered.
Verslag bevestig die bestaansreg van Afrikaanse universiteite
Professor Fernand de Varennes het in ʼn verslag beklemtoon dat ʼn taal met die ontwikkelingsvlak van Afrikaans as ʼn primêre onderrigmedium aan beide publieke en privaat universiteite gebruik mag word.
Goeie nuus: Ontvoerde kind na 17 jaar gevind
ʼn Meisie wat 17 jaar gelede uit die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is, is opgespoor, het Beeld Vrydag berig.
Goeie nuus: Ouers red PTA-kleuter uit ‘kapers’ se kloue
Twee vermeende kapers is Dinsdagmiddag in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle ʼn vrou se motor met haar vyfjarige dogter binne-in wou kaap, maar hulle teen vier ‘helde’ vasgeloop het.
Goeie nuus: Tegnologie help onderwyser ná ernstige besering
’n Onderwyser wat werwels in ’n perdry-ongeluk gekraak het, is onlangs deur moderne tegnologie in staat gestel om weer haar passie vir die onderwys uit te leef.
Goeie nuus: Siamese tweeling suksesvol geskei – foto’s
ʼn Siamese tweeling is tydens ʼn 26 uur lange operasie suksesvol van mekaar geskei en dokters is optimisties dat die twee 10 maande oue dogtertjies sal oorleef.
Goeie nuus: Ondanks sukses werk hy steeds in haar tuin
Joubert Shale (44) het sowat 19 jaar gelede van deur tot deur geloop op soek na stukwerk. ʼn Barmhartige Samaritaan het aangebied dat hy een keer per week in haar tuin kan werk… ’n geleentheid wat sy lewe vir altyd verander het.
TUT en studenteraad onderteken ooreenkoms
Die bestuur van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en die Verteenwoordigende Studenteraad het Maandag ʼn formele ooreenkoms onderteken om ʼn einde te bring aan die onluste by sy kampusse weens studentefinansiering.
Goeie nuus: Triomf-kliniek gaan van krag tot krag
Sedert die Triomf-kliniek byna sewe maande gelede sy deure geopen het, het die lys van dienste wat hier gratis aan pasiënte in die Danville-omgewing in die weste van Pretoria aangebied word, goed uitgebrei.
Goeie nuus: Kaapse vierling by die huis – foto’s
Die Du Plessis-vierling van Kaapstad is uiteindelik, na 70 dae in die hospitaal, by die huis.
Luister: Amerikaanse skrywer Randy Frazee praat oor sy nuutste boek ‘Ek Glo’
Randy Frazee, senior leraar by Oak Hills kerk in San Antonio, Texas, het verlede week in Suid-Afrika kom kuier tydens die bekendstelling van sy nuutste boek, ‘Ek glo’.
Video: Karen Zoid en Tannie Evita sing hulle wense vir Zuma se staatsrede
Karen Zoid, Hemelbesem en Zolani Mahola van die groep, “Freshly Ground”, het kragte saam met Tannie Evita Bezuidenhout gespan en ʼn musiekvideo vir Donderdag se staatsrede vrygestel.
Pa gebruik skarefinansiering om vir Downkind te sorg
ʼn Nieu-Seelandse pa het homself tot ‘n skarefinansieringswebwerf gewend om vir sy Downsindroombaba te sorg.
Beursie-eienaar in ʼn japtrap opgespoor danksy Maroela Media
Skaars 10 minute nadat Maroela Media Dinsdag berig het dat ʼn vrou van Danabaai in die Wes-Kaap in besit is van ʼn jong vrou se verlore beursie en op soek is na haar, is die beursie met sy eienaar herenig.
Luister: Helpende Hand stel binnekort ʼn Afrikaanse lees-app bekend
Solidariteit Helpende Hand help kinders om met selfvertroue tot die digitale wêreld toe te tree, en sommer terselfdertyd hul leesvaardighede speel-speel op te knap.
Blinde student en gidshond staan vir niks terug nie
Anel Coetzee studeer regte aan die Universiteit van die Vrystaat en is die Atterbury Trust se eerste blinde beursstudent.
Goeie nuus: SA Ruimte-agentskap help met lansering van Nasa-satelliet
Die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap was onlangs behulpsaam met die lansering van ‘n Amerikaanse satelliet, die Soil Moisture Active Passive (SMAP).
Luister: Niks stuit PTA-uitblinker
Melissa de Chermont van Irene in Pretoria het verlede jaar matriek geskryf. ʼn Bloedklont het byna haar kanse om matriek te voltooi in die wiele gery, maar sy het nog steeds nege onderskeidings gekry.