Met die uitbreking van die nuwe koronavirus (Covid-19) is ʼn tekort aan gesigmaskers oral aangemeld. Dit het ’n groep vroue laat besluit om saam te werk vir mense se veiligheid én liefdadigheid.
Mishka Loesch praat oor angs en uitreikwerk
Die radio- en televisiepersoonlikheid, Mishka Loesch, glo oefening en haar uitreikwerk om ander mense te help, is medisyne vir haar angs in die afsonderingstydperk. Sy het haar selfterapie met Maroela Media gedeel.
Wêreldwye kunsprojek bring gemeenskappe byeen
Tot 100 mense per groep kan deelneem aan die Paint the World: Covid-19 Edition-projek.
Wees ´n barmhartige samaritaan gedurende die Covid-19-krisis
Talle welsyn- en liefdadigheidsorganisasies kan jou tyd en geld gebruik om seker te maak dat die kwesbaarste mense in Suid-Afrika tydens die Covid-19-pandemie steeds versorg word.
Video: 1 000 SA’ners sing die volkslied
ʼn Video van een duisend Suid-Afrikaners wat die volkslied sing is op sosiale media vrygestel as deel van #AnthemChallengeRSA.
Klasse by Akademia gaan ononderbroke voort
Studente gaan ononderbroke met die akademiese jaar voort – hoewel hulle dit nou net effens anders doen.
Blind SA stig fonds; pleit vir hulp
ʼn Fonds is gestig om blinde en swaksiende entrepreneurs en werkers, wat nie kospakkies kry en geen ander manier het om ʼn inkomste te verdien nie, in die afsonderingstyd te ondersteun.
Veldtog voorsien ouetehuis van noodsaaklike skenkings
“Elke bydrae, van individue en besighede tot organisasies, word uit ons harte waardeer. Dit maak ons taak om verseker dat ons bejaardes op hulle oudag goed versorg word, beslis ligter. Ons bedank elke Suid-Afrikaner wat die veldtog ondersteun.”
Facebook-groep bedank noodsaaklike werkers
“Ek wou dit begin net om positiwiteit in die gemeenskap in te blaas, maar ook om pertinent vir hierdie mense dankie te sê.”
SA gons oor onblusbare talent op sosiale media
“Dit is belangrik dat ons mekaar aanmoedig, inspireer en opbou, want positiwiteit kweek positiewe gedagtes en bou gemoedere op. Ons het ’n unieke passie vir ons taal en kultuur. Kom ons blaas hierdie passie aan om groter en wyer te brand.”
Oorlewingstuine kan hongerpyne stil
Dit is juis om dié rede dat Arina Duvenhage, eienaar van die Garden of Eden-tuinskool, die oorlewingstuineprojek begin het.
Bly by die huis saam met my
René du Preez het lede van ‘n Facebook-groep vir Suid-Afrikaanse Christenvroue, wat in die buiteland bly, gevra hoe hulle die algehele afsondering ervaar. Hier is hulle antwoorde:
’n Klein gebaar maak ’n groot verskil
Maak die tyd van isolasie ’n tyd waarin ons uitreik na ander en die krag in mekaar ontdek, sodat ons met nuwe oë en harte die toekoms kan ingaan.
Wêreldrekord boorgat in Noord-Kaap geboor
Bezuidenhout vertel dat dit ʼn affêre was om die gat te boor omdat die naaste dorp sowat twee en ʼn half uur se grondpadry van die werkstasie af was.
Gratis bordspel vir die hele gesin aanlyn beskikbaar
Die speletjie kan gesien word as ʼn kombinasie van Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary.
Video: Aanlyn kosprojek voed reeds duisende
Volgens Francois Mouton, die eienaar van We^Cook, het die We^Can-projek in die afgelope drie weke op hierdie wyse reeds ses keer kos aan behoeftige mense verskaf en meer as 12 000 mense gevoed.
Oupa samel duisende rande in met ‘Tour de Lockdown’
Die “fietsren” was ten bate van mense wat aan seldsame siektes ly.
Bakkies en vriende gaan aanhou braai vir ’n goeie doel
Die oud-Springbok Bakkies Botha saam met sy vriende, die sangers Adam Tas en Appel, asook Buffelsfontein se Meyer le Roux, onderneem om langer vir ’n goeie doel te braai nadat die staat van inperking verleng is.
Spog met jou eie Maroela-top vir die winter!
Word deel van die Maroela-span met hierdie prettige kappietop: dis mooi, modieus, snoesig en gemaklik. Maar opskud: dis ʼn eksklusiewe produk en slegs 300 Maroela-aanhangers sal met só kappietop kan spog.
Geroep om te help
Ek glo van harte dat wanneer die staat van afsondering verby is, gaan ons ’n groter en sterker gemeenskap wees. Een wat saamstaan, opstaan, vorentoe staan en hardop sê “Ek is die Helpende Hand”.