In ’n tyd van groot onsekerheid waarborg die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand dat ’n golf van hoop binnekort oor die land gaan spoel.
‘FroueVonds’: Leer van ons ‘wyse gryses’
“Moenie tyd as ’n verskoning aanbied nie.”
Tientalle skole bid vir koronavirus
“Ons het gebid vir ons skole, ons land en die res van die wêreld.”
Dierepote trap promenade by Seepunt plat
Die 5 km-roete het begin by die Mouillepunt-vuurtoring en gestrek tot by die swembad in Seepunt en terug.
Rugsakkies vol seer – wanneer grootmense hul kinders in die steek laat
“Moenie dat die verlede jou toekoms steel nie.”
Helpende Hand skakel (goedkoper) lig aan by ouetehuise
“Jy kan letterlik die lig in iemand se lewe wees, maar meer nog, deur die projek laat jy nie net die donkerte vir een persoon verdwyn nie, maar vir ʼn hele tehuis en ʼn groter gemeenskap.”
Helpende Hand-winkels behaal 60ste mylpaal in PE
“Dit het gedien as ’n plek waar die publiek ou klere en huisware wat hulle nie gebruik nie, vir liefdadigheid kon skenk. Die skenkings en verkope daarvan is weer direk in die gemeenskap ingeploeg.”
Dogtertjie vra droogtehulp eerder as geskenke
Die agtjarige Zandri het volgehou dat sy eerder die diere wil help as om geskenke te kry.
Boeke bring glimlagte vir kinders van Mpumalanga
Aanvanklik het ek gedink: Oukei, ons gaan ʼn paar boeke vir minderbevoorregte kinders uitdeel – maklik. Ek was heeltemal onvoorbereid op dit wat in Mpumalanga vir my gewag het.
’n Strategie om armoede die nekslag toe te dien
Die armoedeverligtingsplan kan saamgevat word in die voorstelling ’n hand. Die palm van die hand is grootskaalse geestelike ontwaking, gekenmerk deur ’n persoonlike ontmoeting en verhouding met die opgestane Christus. Die vingers verteenwoordig sake wat voortvloei uit die handpalm en wat ons moet uitbou en versterk.
Kapenaars woeker dié naweek vir dierewelsyn
ʼn Hele paar dierewelsynsgeleenthede vind hierdie naweek plaas.
Wat as ons armoede grootliks kan oorkom?
Ons, dié wat desperaat is, is nie hulpeloos nie. Ons het die moontlikheid om gelowig te bid vir ’n herlewing. Niemand hoef met ons saam te stem nie. Niemand hoef ons te ag nie. Ons kan in ons oortuiging en desperaatheid onverbiddelik voortbeur.
Wat as ons armoede ’n nekslag kan toedien?
Die bekende historikus prof. Hermann Giliomee het gesê daar kom tye wat ons nie bloot net kan aanvaar dat ons die armes altyd by ons sal hê nie, maar dat ons nodig het om stil te gaan sit en te kyk hoe armoede lyk. Hy is van mening dat mense soms só in armoede vasgevang is, dat hulle bloot net nie daaruit kan kom nie.
Porterville se Saaiprojek: Eers babatreë, daarna wins vir almal
“Dit het veroorsaak dat ek ernstig geloop en nadink het, gesoek het na planne; hoe kan ons in ons eie omgewing armoede verlig?”
Dogtertjie (3), man (68) kry nuwe ‘ore’
Jacaranda FM se Good Morning Angels met Martin Bester het onlangs sewe mense se drome bewaarheid toe hulle nuwe gehoortoestelle ontvang het.
’n Vrou met ’n omgeehart en gewillige hande
“Om mense weer hoop te gee, was vir seker ’n hoogtepunt en iets wat my laat besluit het om te bly doen wat ek doen.”
Staptogte vier petisie oor geslagsgebaseerde geweld
Die petisie word Vrydag 6 Maart aan pres. Ramaphosa oorhandig om hom te herinner aan sy belofte dat hy vroue en kinders sal beskerm teen geslagsgebaseerde geweld.
Afrikaanse kunstenaars toer SA plat ten bate van droogtehulp
Adam Tas, Jakkie Louw, Ghapi en Andries Vermeulen is te sien tydens die AfriForum Droogtetoer, wat Woensdag by Weiveld in Pretoria afskop.
Deelnemers aan Kaapse fietstoer ry vir goeie doel
Fietsryers sal onder meer vir bewusmaking van orgaanoorplantings en hongersnood op universiteitskampusse dié toer aanpak.
Kom beproef jou studiemoontlikhede by die Akademia-opedag
Kom beproef dié Afrikaanse hoëronderwysinstelling se unieke onderrigleermodel.