Geloof, hoop en liefde loop hand aan hand. Het ons vergeet hoe om te hoop? Of sal elke reëndruppel en reënboog ons herinner om te hoop?
AfriForum se 2018-teenboelieveldtog skop af by Laerskool Krugersdorp-Noord
AfriForum het Laerskool Krugersdorp-Noord einde Januarie en begin Februarie besoek – die eerste skool wat deel vorm van dié burgerregtewaghond se teenboelieveldtog vir 2018.
Foto’s: Egpaar verloor troufoto’s; herskep groot dag in 12 lande
Die egpaar vertel hulle was aanvanklik “verpletterd” toe hulle al die foto’s van hul groot dag verloor het – iets wat hulle as ʼn “tragedie” bestempel. Toe herskep hulle dié foto’s in 12 ander lande, en sosialemediagebruikers is gaande daaroor!
SA onnie onder top-10 vir gesogte internasionale toekenning
Die bekende sakeman en filantroop Bill Gates het aangekondig dat die wenner van dié toekenning $1 miljoen prysgeld sal ontvang.
Kyk een van dié flieks vir Valentynsdag
Skuif jou televisiekamer so ʼn bietjie, en voeg ʼn paar romantiese elemente by. Maak jou eie springmielies en geniet ʼn romantiese fliek-marathon saam met die spesiale mens in jou lewe!
Angus Buchan hou gebedsaamtrek in Kaapstad
Die evangelis Angus Buchan hou ʼn gebedsbyeenkoms in Kaapstad, soortgelyk aan die It’s Time-byeenkoms wat in Bloemfontein plaasgevind het.
10 maklike idees vir Valentynsdag
Indien jy vergeet het: Dit is môre Valentynsdag! Probeer gerus een van dié opsies om vanjaar se mees romantiese dag stresloos te laat verloop.
Skooltassieprojek se Tassie-toer skop weer af
Ongeveer 4 600 skooltasse ter waarde van R380 elk word vanjaar aan behoeftige kinders landwyd uitgedeel.
Aardklop nou ‘gewildste kunstefees’ ná doodsklok eens lui
Die Potchefstroomse Aardklop Nasionale Kunstefees is pas as die kykNET Fiëstas se gewildste kunstefees in die land aangewys – dít net twee jaar nadat die doodsklok oënskynlik finaal vir dié kunstefees gelui het.
Maroela Media se ateljee is nou vir jou beskikbaar!
Wou jy al ooit vir jou geliefde ʼn boodskap met musiek in die agtergrond opneem? Het jy as onderwyser al gewens jy kon vir jou dramastudente blootstelling gee in ʼn drama-ateljee waar ʼn kort drama opgeneem kan word? Wil jy jou graag jou produk op radio bemark, maar is onseker waar om dit te doen? Wil jy vooraf aankondigings opneem wat tydens ʼn fees op jou dorp herhalend uitgesaai kan word? Maroela Media se ateljee is nou vir jou beskikbaar!
Lindie Strydom: Welwoorde wat aanhou bou
Kom ons bou mense en kinders – almal se kinders – met ons woorde en komplimente, opbouende terugvoer en aansporing, skryf Lindie Strydom.
Mikayla ‘weer haar ou self’ ná spoegkobra haar pik
Die sesjarige Mikayla Grové van Ballito in KwaZulu-Natal is weer terug by die skool nadat sy vroeër verlede maand op ʼn kleinhoewe in dié provinsie deur ʼn spoegkobra gepik is en drie weke in ʼn hospitaal deurgebring het.
ʼn Gratis koppie koffie vir een emmer rommel
“Ons het gedink aan ʼn manier om mense aan te por om betrokke te raak en te help om die strand skoon te maak én te hou – en die idee van gratis koffie het by ons vasgesteek.”
Verrassingsvonds gemaak by Bethulie-monument
Dié bottel moes in 1938 daar geplaas gewees het tydens die simboliese ossewatrek wat in daardie jaar, 100 jaar ná die Groot Trek, op die dorp plaasgevind het.
Video en foto’s: Boere skenk miljarde liter water aan Kaapstad
“Die boere in ons distrik het genoeg watervoorraad om dié seisoen nog deur te kom, en ons kan mos nie staan en toekyk hoe mense regtig moeilike omstandighede moet beleef terwyl ons weet dat ons met water kan help nie.”
Só kan hoër onderwys befonds word
“Ons het ʼn volhoubare pad uit armoede en die model is al vir die afgelope dekade suksesvol getoets. Met ʼn rentevrye lening leer dit studente die verantwoordelikheid om terug te betaal maar sonder die las van drie tot vier jaar se opgelope rente wat hulle moet terugbetaal.”
Video: Boer sing vir droogtehulp
“Ons is saaiboere in Botswana en is 100% afhanklik van reën. Ek weet hoe die manne daar voel. Jy kan in ʼn oogwink alles verloor. Sonder God se reën kan jy niks doen nie.”
Kaapse waterkrisis: Veldtog op sosiale media maak wêreldwyd opslae
“Dit wys net Suid-Afrikaners kán saamstaan as hulle in nood is. Dié saak is groter as politiek en groter as ras, en dán staan ons saam!”
Video: Skreeusnaakse gr. 8-konsert het sosiale media gaande
ʼn Onderwyser het ʼn video van een van die optredes by die konsert op Facebook gedeel, en dit het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Everest geklim vir jong brandslagoffers
“Hierdie tog gaan daaroor om uitdagings te oorkom vir die bergklimmers sowel as die brandoorlewendes.”