Die lewe is op sy kop. Alles is sommer net verkeerd en, wel, anders… Die wêreld se ekwilibrium is versteur. Hierdie virus het ons lewe totaal kom omvergooi.
Musiekvideo: Enkelsnit laat val kollig op kinders met spesiale behoeftes
“Die liedjie fokus daarop dat daar mense is wat alleen voel, al is hulle nie afsondering nie. Dit gaan daaroor dat ons almal eintlik maar dieselfde is. Gedurende inperking was ons almal in dieselfde oseaan van onsekerheid – ons was saam eensaam. Dit het die klem geplaas op ons almal se behoefte om liefde te gee en te ontvang.”
Boekvoorlesing: Stories uit ʼn Mammahart
Wat is dan lekkerder as om ʼn groot bak springmielies nader te trek en na opwindende kinderstories te luister? “Stories uit ʼn Mammahart” bied 12 unieke kinderstories wat jou en die kroos ure lank sal vermaak.
Speel jou kind genoeg?
“Vyfjariges wat leer lees, was 30 jaar gelede ongehoord. Kinders moes toe speel, klim, klouter, verf en teken. Soos wat Finse kinders vandag steeds doen.”
Akademia bied nou ook ’n graad in wiskundige wetenskappe
Wiskunde bied dus veel meer as net ʼn klomp stellings en formules, sê Rautenbach. Daarom is ʼn goeie kennis van wiskunde ook deel van die toelatingsvereistes vir verskeie ander studierigtings en selfs ʼn intreevereiste vir etlike beroepe.
Gee jou kind ʼn hupstoot tot sukses met Opvoedpret
Opvoedpret is ʼn opwindende aanlyn platform waar waardevolle boodskappe en aktiwiteite ure se vermaak verskaf.
Ontsluit jou toekoms in die media- of kommunikasiebedryf
Studente wat BA Kommunikasie en Joernalistiek by Akademia studeer, sal nie net gelei word om hierdie basiese vaardighede te ontwikkel nie; hulle sal ook goed kan funksioneer in ʼn digitale omgewing en verantwoordelik, sinvol en doelgerig binne bepaalde kontekste met digitale media kan omgaan.
Boek: Die eekhorings kry stry
“Die eekhorings kry stry” is ’n boek met rympies oor mededeelsaamheid en om saam met ’n vriend oor enigiets te kan skaterlag. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Boek: Ontdek die wêreld van Magriet, ʼn stadshoender
Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van ʼn hoender in Johannesburg.
Sorina se ‘Tjominis’ eersdaags bekendgestel
“Die Flooze is nie hier betrokke nie, dit is net ek as mamma Sorina,” sê sy.
Wolkskool bly gratis tot einde 2020
Van der Merwe sê die SOS wil graag onderwysers ondersteun wat nou kontakklasse en aanlyn onderrig tegelyk moet aanbied.
Geloftelappoppe: Elkeen wil ’n stukkie onthou hê
Nie eens die Covid-19-pandemie en gevolglike landwye afsondering kon oumas in die Pretoriase middestad keer om spesiale Geloftelappoppe te maak nie.
Leerders leer nog volstoom danksy krisisfonds
“Ons het van die begin van die inperking af elke dag regstreekse klasse aangebied vir matrikulante. Sonder die skenking uit die Solidariteit-krisisfonds sou dit beslis nie moontlik gewees het nie.”
Bestuur krisis-tuisonderwys met hulp
Moenie huiwer om hulp te vra nie. Jy hoef nie alleen te ly nie – ʼn ouer kan na familie, vriende en tuisonderwysorganisasies uitreik.
Boek: Wie’s jy, mnr Slym?
“Wie’s jy, mnr Slym?” is ’n kinderboek met ʼn boodskap oor vriendskap en jy kan boonop leer hoe om jou eie slym te maak. Dit is geskik vir kinders van die ouderdom nul tot ses jaar.
5 finansiële wenke vir nuwe vaders
“As jy onlangs ʼn nuwe lid van die klub vir slapelose nagte geword het, voel jy waarskynlik uitgeput en gedisoriënteerd van al die nuwe verantwoordelikhede en eise wat aan jou gestel word. Jy wil natuurlik net doen wat die beste vir jou baba is, maar dit is moeilik om te kies wat regtig noodsaaklik is as jy met soveel produkte en dienste gebombardeer word.”
Covid-19: Moenie sielkundige uitwerking op kinders onderskat
Dié nuwe omgewing kan bydra tot verhoogde angsvlakke, depressie en ʼn verlies aan selfvertroue onder jongmense.
Inperking knou Helpende Hand se kosblikkieprojek
Solidariteit Helpende Hand wil die regering vra om eerder positiewe riglyne en ondersteuning aan kleuterskole te bied, sodat kleuterskole die nodige voorsorgmaatreëls kan tref vir veilige heropening. Ons almal het die verantwoordelikheid om te sorg dat veral arm kleuters die nodige voeding kry.
Boekvoorlesing: Ek wil nou nie snaaks wees nie en ander skaterlagrympies
Jaco Jacobs se jongste boek bevat meer as 60 rympies wat jou lagspiere behoorlik sal prikkel. Luister hier na sy aanbieding van ‘ʼn Inspuiting is nie so erg nie’.
Armand Aucamp, ma lees vir kinders
In “Kaggels, kerse en kinderstories” raak Armand Aucamp en sy ma, Petra, nostalgies met ʼn paar voorlesings uit “My storiekis”. Dié ma-en-seun-geselligheid bied vermaak vir die hele gesin.