Solidariteit Helpende Hand wil die regering vra om eerder positiewe riglyne en ondersteuning aan kleuterskole te bied, sodat kleuterskole die nodige voorsorgmaatreëls kan tref vir veilige heropening. Ons almal het die verantwoordelikheid om te sorg dat veral arm kleuters die nodige voeding kry.
Boekvoorlesing: Ek wil nou nie snaaks wees nie en ander skaterlagrympies
Jaco Jacobs se jongste boek bevat meer as 60 rympies wat jou lagspiere behoorlik sal prikkel. Luister hier na sy aanbieding van ‘ʼn Inspuiting is nie so erg nie’.
Armand Aucamp, ma lees vir kinders
In “Kaggels, kerse en kinderstories” raak Armand Aucamp en sy ma, Petra, nostalgies met ʼn paar voorlesings uit “My storiekis”. Dié ma-en-seun-geselligheid bied vermaak vir die hele gesin.
Boek: Die klein boekies met baie inligting
Het jy geweet muskiete is van die dodelikste wesens op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Fanie Viljoen se reeks klein boekies deel allerlei interessanthede van mense en diere tot bome en die buitenste ruimte. Lees meer.
Voortrekkers stel korona-kenteken vir jeuglede bekend
Die Voortrekkers het te midde van die Covid-19-pandemie ʼn splinternuwe kenteken vir virusweerbaarmaking bekendgestel. Lees hier wat dr. Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, daaroor sê.
Twintig beurslenings waarvan jy moet weet vir 2021
Covid-19, die stygende werkloosheidsyfer en krimpende ekonomie beteken dat matrikulante en studente wat volgende jaar wil studeer reeds nou al alles binne hul vermoë moet doen om hul studiedrome te kan befonds.
Boek: Weet hoe met wetenskap
“Weet hoe met wetenskap” leer jou hoe om indrukwekkende isoleerhandskoene, verstommende spaghettitorings en baie meer te maak. Elke eksperiment bevat eenvoudige aanwysings met foto’s wat jong lesers stap vir stap lei.
Wolkskool op radio: Bly groei in jou leierskap
Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê mislukkings gebeur by elke kind, maar die grootste fout wat ouers kan maak, is om hul kinders so jammer te kry dat hulle die fout aan ander mense of die stelsel wyt.
10 goeie geskenkidees vir Vadersdag
Hierdie geskenke is almal aanlyn beskikbaar – jy hoef dus nie die winkels in te vaar nie.
Video: Blink toekoms wink vir Akademia
Volg die regstreekse uitsending van die mediakonferensie oor Akademia se nuwe kampus en toekomsplanne hier op Maroela Media.
Wolkskool op radio: ‘Môre klas, welkom terug’
Marnelda de Beer, die Skoleondersteuningsentrum se kenner van onderwys in die grondslagfase, sê sy besef daar is talle uitdagings wat kinders, ouers en onderwysers sal moet oorkom met die terugkeer na skole, maar sy glo almal het nou nog drie weke om mekaar met dié proses te help.
Matrieks: Pak hierdie kwartaal só aan
Ter viering van Jeugmaand deel Akademia wenke aan matrieks wat terugkeer na skole om ʼn sukses van die laaste deel van hulle skoolloopbaan te maak.
Daar ís aanlyn oplossings vir leer- en leesprobleme
Baie ouers voel moedeloos en uitgebrand om tuisonderrig te probeer balanseer met hul eie werkslading – maar wat gebeur as kinders ook sukkel met taal-, lees- en ander leerprobleme? Susan du Plessis van Edublox deel ʼn paar wenke oor hoe om die bul by die horings te pak terwyl daar nog onsekerheid oor onderwys heers.
Elke ma is ʼn wondervrou
Elkeen in ons gesin het ʼn superheld-naam gekry. Ek was afwesig die dag toe daar vir my ʼn naam gekies is, maar duidelik weet hulle wat in mamma steek, skryf Marianne Styan.
App kom tot leerders met ernstige gestremdhede se redding
“Ons gaan seker maak dat ons saam met die ouers en onderwysers van Alma Skool waghou oor hierdie spesiale kinders.”
Wolkskool op radio: Ons geskiedenis
Rudi de Beer, die departementshoof van Laerskool Du Preez Van Wyk op Bronkhorstspruit, verduidelik hoekom hierdie vakrigting steeds vandag noodsaaklik en relevant is.
Wolkskool op radio: Lees is lekker
Jana Terblanche, hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gesels in die jongste aflewering van hierdie gesprekreeks op Pretoria FM oor lees as ʼn vaardigheid.
5 gesonde peuselresepte vir kinders
Kinders is altyd op soek na iets om te eet – of hulle nou vir die eksamen leer, ʼn fliek kyk of net verveeld is by die huis.
Boek: Eisteddfod-pret 2
“Eisteddfod-pret 2” bied ʼn versameling gedigte, monoloë en samesprake wat geskik is vir laerskoolleerders.
Wolkskool op radio: Kan almal wiskunde doen?
Almal kan die vak wiskunde doen op dieselfde manier as wat almal ’n marathon kan hardloop.