Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die SOS, sê daar is beslis leierseienskappe in elke kind en dit moet net ontwikkel word.
Kom bid saam vir gesinne
“Internasionale Gesinsdag word vanjaar op 15 Mei gevier en daarom het ons 17 Mei as ʼn nasionale biddag vir gesinne verklaar. Die Dameskring nooi jou en jou gesin om hande te vat met ons en saam te bid vir gesinne.”
Regstreekse uitsending: Covid-19, angs en jou gemoed – Kenner gee raad
Regstreekse uitsending: Hoe hanteer ons dié onsekerheid en trauma? Susan Lombaard gesels met dr. Jerrie Bezuidenhout oor die groot emosionele krisis wat soveel mense in die gesig staar.
Belê in jouself ten tye van ekonomiese krisis
Dus, wat moet huidige en voornemende studente dan doen tydens die ekonomiese krisis waarin ons onsself bevind?
Wolkskool op radio: Kleuterskoolonderwys, wat sê die reg?
Marnelda de Beer, hoof van die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), verduidelik ook hoe jy jonger kinders (jonger as gr. R) besig kan hou tydens die inperkingstyd, en vra dat dié kinders spesifiek eerder fisieke aktiwiteite doen as om ʼn werksboekie by ʼn tafel te sit en voltooi.
Akademia stel gratis Afrikaanse verwysingsgids vir skole beskikbaar
Die hoëronderwysinstelling Akademia het ʼn nuttige Afrikaanse verwysingsgids ontwikkel om te dien as hulpmiddel vir skoliere sodat hulle nou makliker en vinniger na bronne vir hul skoolwerk op ʼn akkurate en betroubare wyse kan verwys.
Tuisskool: Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?
Tuisonderrig en verskillende persoonlikheidstipes gaan met sekere uitdagings gepaard. Van Aswegen het ʼn paar wenke gedeel oor hoe om die beste omgewing vir jou kind te skep.
Ek kan!
Ons kinders se hele wêreld is op die oomblik op sy kop gedraai. Soveel van die klein dingetjies waaraan hulle voorheen kon werk om sukses te proe, is weg. Gebruik hierdie unieke tyd om vir jou kinders bietjie meer ruimte te gee om self nuwe take te probeer, skryf Lindie Strydom.
Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak
Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
Regstreekse uitsending: “Tuisskool” – Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?
Regstreekse uitsending: Derduisende ouers landswyd bevind hulself skielik in ʼn situasie waar hulle tuis hul kind se onderwyser moet wees. Om ouers met dié uitdaging te help, het Maroela Media die hulp van ʼn kundige ingeroep. Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Woensdag, 13 Mei 2020 om 15:00 op Maroela Media se Facebook-blad of webwerf.
Wolkskool op die radio: Hoekom wetenskap?
Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.
Wolkskool op die radio: Waar kom wiskunde vandaan?
Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, bespreek die debat tussen Sokrates en Plato rondom die vraag: Word wiskunde geskep of ontdek.
Hou die kinders en troeteldiere gelukkig in afsondering
“Vir ʼn troeteldier gaan dit eintlik net daaroor om tyd deur te bring saam met die mense wat hulle liefhet. En vir die kinders help die take en pret nie net om hulle besig en weg van die skerm te hou nie, maar dit gee hulle ook ʼn gevoel van vervulling, verantwoordelikheid en ʼn ewige band met die mens se beste vriend.”
Boek: Mynhardt die moeilike kind
“Mynhardt die moeilike kind” is ʼn spitsvondige prenteboek wat eietydse ouerskap op eksentrieke wyse uitbeeld.
Herdefinieer ‘naweek’ en geniet dit!
Vrae word op sosiale media gevra soos of dit regtig nodig is om te weet of dit Maandag of Saterdag is. Dit skep ’n dilemma vir dié wat van die huis af werk. Hoe onderskei jy tussen werktyd, rustyd en “ander” tyd?
Video: ‘Juffrou, ek mis jou,’ sê jongspan
Verlang jou kinders ook na hul juffrouens? Kyk gerus na dié oulike video wat ʼn dramaonderwyseres van Pretoria onlangs op Facebook geplaas het.
Besigheidsbytjies se sakeplan: Pen jou plan op papier neer
In die vorige blogs het ons wenke gedeel oor hoe jy jou besigheidsidee kan ontwikkel, hoe jy jou besigheid kan beplan en hoe jy jou besigheid moet bemark. Hier is ’n paar wenke oor hoe jy jou besigheidsplan kan neerpen.
Afsonderingsperiode verander in stille hawe
Ek wens ek kan meer doen vanuit my inperking, maar ek weet ook ek moenie die genadetyd wat ons as gesin wel ontvang het, misloop nie.
Boek: Ek kan vlieg
Pikkewyne is gewilde onderwerpe vir prenteboeke, maar “Ek kan vlieg” is opvallend vir die sjarme en emosionele impak daarvan. Dit is geskik vir kinders van drie en ouer.
Boek-uittreksel: Help! My kind is anders!
“Help! My kind is anders!” is ’n praktiese gids deur Christien Neser wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak. Lees hier ʼn uittreksel uit die boek.