Dit is ’n pragtige verhaal van ’n kleinkind en sy ouma wat ’n hegte vriendskap ontwikkel terwyl hulle windverwaaide voëltjies red. “Ouma Voëltjie” is geskik vir kinders drie tot agt jaar.
Ondersteuning te midde van ’n krisis: ‘Help ons om onsself te help’
Die riglyne wat hier gedeel word, sal dalk help om die hulp op die regte manier aan te bied en moontlike probleme wat in gesinne mag ontstaan, vooraf te sien en advies oor te dra wat dit kan voorkom.
Afsondering: Wat beteken dit vir geskeide ouers en hul kinders?
Ouers moet deel van die oplossing wees en nie deel van die probleem nie. Ouers moet verantwoordelik optree en saamwerk en so ’n voorbeeld vir hul kinders stel. Slegs as almal (ouers ingesluit) saamwerk, sal ons die wa deur die drif trek en ’n veilige en virusvrye toekoms vir ons kinders daarstel.
Nóg tien selfdoen-aktiwiteite vir die jongspan
Hier is nóg tien oulike idees om jou kinders besig te hou terwyl almal met Jan Tuisbly se karretjie moet ry.
Akademia bied eerste nagraadse kwalifikasies aan in finansies, opvoedkunde
Die Afrikaanse private hoëronderwysinstelling Akademia het Woensdag drie nuwe nagraadse kwalifikasies vir 2021 bekendgemaak.
Afsondering: Kinders mag nou tussen geskeide ouers reis
Die gewysigde regulasies bring groot verligting vir geskeide ouers wat glad nie hul kinders tydens die afsonderingstydperk kon sien nie.
Anna Davel bied gratis aanlyn kinderreeks, konsert
“Mense sal kreatief moet wees oor hoe jy jou loopbaan kan vernuwe en alternatiewe kan kry om by die teaterliefhebbers uit te kan kom.”
‘Twakie’ en ‘Obison’ – die taal van outisme
Wat sê ’n mens ná amper drie dekades nog oor hierdie spesiale kind van ons? Die kind wat van kleins af soveel anders was, wat ook soveel vreugde verskaf het?
Aanlyn in afsondering: Word ’n verantwoordelike digitale burger
Rianette Leibowitz, ʼn digitale ouerskap-mentor en stigter van SaveTNet Cyber Safety, meen dit is nou ʼn ideale tyd vir gesinne om ʼn paar belangrike aspekte oor hulle aanlynteenwoordigheid te bespreek.
Boek-uittreksel: Die ystervarke se skrikmaakspeletjies
“O, geitjie-geit,” prewel Sliertjie en sluip stadig nader. Oupa Kuif het hom doodgeskrik! Wat op aarde gaan hy vir sy ouma sê?
Video: Alles wat kinders moet weet van die koronavirus
Verduidelik die koronavirus vir jou kinders met dié oulike video.
Stimuleer jou baba só by die huis
“Ons liefde, aandag en aanraking met ons baba is die belangrikste dele van ontwikkelingsaktiwiteite.”
Die liefdespad van ’n ouer en outisme
April is die maand van outismebewusmaking en 2 April is Outismedag. Ek hoop om hiermee mense bewus te maak van die ongelooflike skat wat opgesluit lê in elke persoon op die spektrum. Leer hulle ken, leer hulle liefhê, moet hulle nie probeer verander nie.
Maak ’n bielie van ’n bordkryt
Maroela Media het spesiaal hierdie projek beproef en verbeter om ons lesers te help om hul kinders op ’n kreatiewe en speelse manier besig te hou.
Boek-uittreksel: Die hase is verveeld
“Weet julle wat sal snaaks wees?” vra Koes-Koes. “As ons die tarentale kan kry om te swem soos visse.
Is jou kind ’n entrepreneur?
Moedig jou kind aan om hul entrepreneursvaardighede te ontwikkel deur aan AfriForum en AfriVriendelik se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie deel te neem. Hier is ook nog vyf wenke wat ouers kan help om entrepreneurseienskappe by hul kinders aan te moedig.
Gesinsamesyn in die tyd van kwarantyn
Carina Stander deel ‘n paar idees vir aktiwiteite vir voorskoolse kinders en laerskoolkinders tydens die afsonderingsperiode.
Hoe help ek my kind met isolasie?
Maroela Media het by ‘n paar kenners gaan uitvind hoe jy as ouer jou kinders kan help om die tydperk van algehele afsondering beter te hanteer.
Ideale geleentheid om afstandsonderrig te probeer
“Ons het besluit om leerders wat tans nie deel van die Breinlyn virtuele skool is nie, ook met hulle onderwys by te staan omdat ons weet dat ouers uiters bekommerd is oor die langdurige effek van ‘n onderbreking in akademiese onderrig.”
Boekvoorlesing: Olke bolke, Lulu
Drie minute is net genoeg om ʼn sluk van jou koffie te vat. Sorg net eers dat die kleinspan aandagtig na Fanie Viljoen se voorlesing van “Olke bolke, Lulu” luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.