Smith sê ten spyte van hulle beste pogings om te verseker kinders raak nie weg nie, moet wetstoepassers soms kind-op-die-heup op en af strandlangs stap, terwyl hulle oor ʼn megafoon na ʼn kind se ouers roep.
‘Mamma, ek is verveeld!’
Moenie hierdie vakansie die kinders voor die televisie neerplak wanneer hulle verveeld raak nie – span die verveling in deur hulle te help om hul kreatiwiteit te herontdek.
Die beste Kersgeskenk vir jou kind
Die beste, mees duursame, waardevolle en bekostigbare geskenk wat jy vir jou kind kan gee.
Die storie met rapporte
My wekker lawaai en ek staan met ’n swaar gemoed op. Vandag kry ons rapporte. Elkeen in die huis is tjoepstil.
Wenke vir die eerste skooldag
Christa Badenhorst, ’n opvoedkundige sielkundige van Pretoria, het met die Skoleondersteuningsentrum (SOS) gesels oor hoe om hierdie groot en belangrike dag te hanteer sodat dit in die kind se herinneringe kan uitstaan as een van die beste dae van hul lewe.
10 ooievaarstee-geskenke vir ʼn nuwe ma
Goeie nuus: Bebedeparis is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar!
Vyf nuttige wenke vir jou graadeen se kosblik
Min dinge kry ’n graadeentjie so goed deur sy eerste paar dae van skool as die opwinding oor wat in sy kosblikkie is. Daarom is dit belangrik om vooraf te beplan, veral vir die eerste paar dae van die jaar.
Wat ouerskap my geleer het oor God se hart
Dis egter vandat ek kinders het dat die werklikheid van wat Hy regtig vir ons kom doen het, my baie meer waarde aan hierdie tyd laat heg. Miskien is dit omdat ek nou eers werklik begin besef hoe sy Vaderhart werk.
Wen: Maak potjielesse maklik met dié prettige boek
Drie lesers kan elkeen ʼn eksemplaar van die boek ‘Op die potjie, gou!’ wen.
Akademia kry akkreditasie by professionele rekeningkunde liggaam
Die gemeenskapsuniversiteit Akademia kan nou daarmee spog dat die tersiêre instelling se BCom Bestuursrekeningkunde-kwalifikasie deur CIMA geakkrediteer is.
Langer verlof vir nuwe pa’s
Die wet maak ook voorsiening vir aanneemouers.
Aanneming: besluit met jou hart én kop
“As jy aan die einde van daardie proses nog steeds sê ‘dis wat ek wil doen, dis hoe ons ʼn gesin gaan word’, is ek vas oortuig jy gaan oukei wees.”
Raad vir eerstejaars: Koshuis, kommune, of woonstel?
Begin jy in 2019 met jou studies? Een van die belangrikste besluite is om te bepaal waar jy jou kop elke aand ná harde studies en aktiewe studentebetrokkenheid gaan neerlê.
Wees veilig op en om die kampus
Hier is ‘n paar wenke om jouself en jou besittings te beskerm. Só voorkom jy dat jou studentedroom in ‘n misdaad-nagmerrie ontaard.
Raad vir eerstejaarstudente
Die oorgang van hoërskool na universiteit is nie maklik nie. Daar kom baie verantwoordelikhede en veranderings by. Ongelukkig oorweldig die veranderings talle eerstejaarstudente.
Studiebeurse: Wat is dit en hoe werk dit?
Indien finansiering die uitdaging is wat tussen jou en jou droomloopbaan staan, is die antwoord dalk om aansoek te doen vir ʼn beurs. Hier is ʼn paar dinge om te onthou wanneer jy aansoek doen.
Stop die stigmatisering van kinders wat met hul gewig sukkel
Op die speelterrein, by kinderpartytjies en op die sportterrein is daar alewig die wyses en stigmatiserendes. Dit is boelies wat geen begrip het vir die wêreld waaroor hulle hul uitspreek nie. Hulle maak net seer en stigmatiseer.
Realiseer jou drome met dié oorbruggingsjaarprogram
Jy kan vir jouself baie geld spaar en jou kind se selfbeeld en eiewaarde beskerm om hom of haar die geleentheid te bied om eers ʼn produktiewe oorbruggingsjaar (“gap year”) te laat doen.
Studielenings: Hoekom, hoe, en waar?
Meeste van ons is deeglik bewus daarvan dat tersiêre studies werklik duur is. Ons het so bietjie gaan rondsnuffel op van die grootste banke in die land se webwerwe, om te bepaal hoe presies studielenings werk.
Die krag van ʼn pleegma: ‘Ons sal nooit opgee nie’
As sy vier jaar gelede geweet het presies hóé diep hierdie waters gaan wees waardeur sy nou gaan, geweet het hoeveel hartseer agter daardie kinderogies skuil, sou sy dalk weggestap het. Sy sou daardie kinderhuis se deur agter haar toegetrek en nie weer teruggekyk het nie. Maar teen die tyd dat sy besef het hoe groot die berg is wat voor haar lê, was dié pleegseun klaar in haar huis en in haar hart – en nou baklei sy vir hom met alles wat sy het.