Die aankondiging was met ʼn gejubel en ʼn gejuig deur die Harmonie-Oord inwoners ontvang. “Ongelooflik dankie, ons waardeer al hierdie omgee,” het Pienaar gesê.
Simposium ter verdediging van die Christelike geloof gehou
Ratio Christi, ’n apologetiekvereniging, bied volgende week ’n kongres in Pretoria aan, waartydens ’n hele rits apologete gaan praat, onder hulle bekende internasionale apologete, soos professor Richard Howe, van die VSA.
Natuurlike voedselpreserveermiddel in die vooruitsig
“Ons navorsing toon dat die gebruik van byprodukte van sitrus en wyn wat ryk is aan bioaktiewe komponente ’n doeltreffende, goedkoop, maklik beskikbare en omgewingsvriendelike platform vir die produksie van natuurlike en volhoubare voedselpreserveermiddels kan bied.”
Gedagte vir die dag: God se onwankelbare liefde
Ek staan sterk soos ’n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg. (Psalm 52:10)
ToekomsVenster: Bid, dis nie so moeilik nie
Een van die geloofsgewoontes waaroor ons dikwels skuldig en minderwaardig voel is gebed. Vra die Here dat Hy jou help om gebed as ʼn opbouende en vertroostende genadegawe te beleef. Hou op skuldig voel. God kyk na jou hart.
Eerste SA teaterhoof ontvang gesogte internasionale toekenning
“Ek aanvaar die toekenning namens al die gemarginaliseerde individue, die stemloses en veral diegene met gestremdhede wat steeds sonder hulpbronne en deursigtig vir die wêreld is.”
Video: Konfrontasie met bronstige olifantbul dryf dogter tot gebed
Die selfoonvideo van dié angswekkende konfrontasie het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en is reeds bykans 500 000 keer gekyk en meer as 15 000 keer op Facebook gedeel.
Gedagte vir die dag: Blydskap in die hemel
Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer. (Luk 15:10)
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe – wit, swart en grys
Sy Naam sluit die hemel, ook hier op aarde oop. Niks meer en niks minder nie. Dit plaas die dinge waaroor ons so oortuigend stry in perspektief.
Luister: Matrikulant met geboortevlek inspireer nou duisende
In die era van sosiale media waarin mense glo om vlekkeloos te wees is gelyk aan perfeksie, het Chantel Struwig egter die keuse gemaak om haar unieke voorkoms vir ʼn goeie doel aan te wend en ʼn positiewe boodskap oor selfbeeld uit te dra.
Dryfkrag agter grootste digkompetisie stel self debuutbundel bekend
Christo van der Westhuizen, een van die meesterbreine agter dié gewilde kompetisie, het onlangs ook sy eie digbundel ‘Chrisalis’ die lig laat sien.
Gedagte vir die dag: Jou naam in die boek van die lewe
Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie. (Luk 15:7)
ToekomsVenster: Leer Hom loof vir ’n gelukkiger lewe
Mag die Here ons help om die oë te vestig op Jesus, die begin en die voleinder van die geloof. Mag ons ons harte rig op die dinge wat daar bo is.
Beskerm jou vierpotiges só teen die koue
“Troeteldiereienaars moet bewus wees van die vele gesondheidsrisiko’s wat die koue vir diere kan inhou.”
Wen: Is jóú aanneemtroeteldier die oulikste?
Of dit nou ʼn hond, ʼn kat, ʼn voël of selfs ʼn parmantige boerbok is, ʼn aanneemdier is ʼn groot plesier en Maroela Media is op soek na ons lesers se skattigste aanneemdiere.
Weggooi-hond gered: ‘Daar was nie manier wat ek sou opgee’
“Die hond het aan my hart gevat en ek het vir hom gesê al is daar net ʼn 10% kans vir Zeke op oorlewing, is dit goed genoeg vir my.”
Sukkel jy ook soms met die oggend-blues?
Ek sal nooit vergeet hoe ek jare gelede tot groot vermaak van my radiokollegas met ’n onpaar skoene by die werk opgedaag het nie. Dit was een van daardie met-die-verkeerde-voet-uit-die-bed-klim-dae.
Stukkende meisie maak nou ander heel
In my standaardantwoord probeer ek aan haar mooi verduidelik sy moet die Studiefondssentrum (SFS) se aanlynproses volg, sekere dokumente aanheg en binne die voorgeskrewe sperdatums aansoek doen. Sy stuur vir my haar aansoek net die volgende dag, met die volgende motiveringskrywe ingesluit:
Gedagte vir die dag: Deur genade gered
Toe sê die pa vir hom: “Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune.” (Luk 15:31)
73-jarige stapper week ná verdwyning gevind
Volgens owerhede het die 73-jarige Eugene Jo oorleef deur water uit ʼn spruit te drink, hoewel hy dae lank niks geëet het nie.