Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. (1 Korintiërs 13:2)
ToekomsVenster: Die verheerliking op die berg
Wanneer God Homself op Sion openbaar is daar manifestasies in die natuur. Aardbewings, donderslae, flitse. Die oomblik is te groot. Die ganse werklikheid kom ʼn beweging.
Droom word waar toe siek 15-jarige Ed Sheeran ontmoet
“Ek was bietjie op my senuwees voor die tyd, maar hy was baie oulik. Hy inspireer my.”
Van twee potte tot sestig: ‘Konfyttannie’ Ina Lessing vertel
Ina Lessing, Nylstroom se konfyttannie, kán kook.
Gedagte vir die dag: Moenie twyfel, God maak jou bekwaam
Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. (1 Korintiërs 12:4-6)
ToekomsVenster: Die Koninkryk van God
Die opstanding van Jesus bevestig dat die Koninkryk inderdaad in Christus Jesus vergestalt word.
Gedagte vir die dag: Moenie jou bydrae geringskat nie
Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het … laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. (Romeine 12:6-7)
ToekomsVenster: Om Jesus te volg
Maak vandag ʼn keuse vir die lewe.
Video: Gesin sing soos wafferse Von Trapps toe beurtkrag tref
“Slegs twee dae gelede het ek geskryf daaroor om positief te wees ten spyte van die uitdagings en frustrasies in hierdie tye. Woorde is nie altyd nodig nie. Soms kan ons net voel.”
Onder Afrika se son: ʼn Storiebus deur Namakwaland met Anna Davel
Maroela Media en Anna Davel wil dié Augustus saam met ons lesers op ʼn bus klim om die skouspel te sien, maar ons is ook op ʼn avontuurjag – ons gaan die landskap platry op soek na die mooiste stories!
TV-kokkedoor stap 1600 km na sy kinders toe
“Ek weet as ek begin gaan daar baie mense by my wees, maar ek probeer myself gereed maak vir iewers langs die pad waar ek alleen gaan wees. Sielkundig voel ek dat ek gereed en baie sterk is.”
Gedagte vir die dag: ’n Brief van Christus
Dit is tog duidelik dat julle ’n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense. (2 Kor 3:3)
Blinde hond met eie gidshond gryp harte aan
“Maverick is hier om Charlie te help rondbeweeg en Charlie probeer om vir Maverick maniere te leer!”
Gedagte vir die dag: In die elkedagse lewe
Niemand kan sê: “Jesus is die Here” nie, behalwe deur die Heilige Gees. (1 Kor 12:3)
Gedagte vir die dag: Die Gees pleit vir ons
Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. (Rom 8:26)
ToekomsVenster: Die belydenis van Petrus
Wie sê julle is Ek? Een groter as Elia. Die Messias-koning, die kneg van die Here, die Spruit van Dawid, die Loot, Die Lam, die Here.
Mooi, mooier, mooiste ma: Hier is die finaliste!
Maroela Media gaan vanjaar een van dié ma’s bederf vir Moedersdag met ons mooi, mooier, mooiste mamma-kompetisie. Stem vir die finaliste!
Foto’s: Uilpaar van Langebaan het sosiale media gaande
“Mense begin my al vra hoe dit met Bob en Kevin gaan as ek ’n lang ruk niks van hulle op sosiale media geplaas het nie.”
Wen ʼn kragopwekker met jou “Lig in die donker”-storie!
Die mooiste, lekkerste, snaaksste of mees positiewe storie mag dalk net vir jou en jou gesin ʼn kragopwekker ter waarde van R7 500 in die sak bring.
Vyf slim maniere om krag te bespaar
Te midde van voortdurende beurtkrag en Nersa se onlangse goedkeuring van kragtariefverhogings, was dit nog nooit belangriker as nou om krag te bespaar nie.