Ina Opperman het gaan kyk wat die Wet op Verbruikersbeskerming sê oor bedryfskodes en wat dit nou eintlik beteken.
Gedagte vir die dag: Verklaar oorlog teen kommer
Kan al julle bekommernisse ’n enkele sekonde tot julle lewe toevoeg? Natuurlik nie! En as kommer nie eers sulke klein dingetjies kan regkry nie, wat is die nut van kommer oor groter dinge? (Lukas 12:25-26)
ToekomsVenster: Lei ons nie in versoeking nie
Uiteraard is die bedoeling nie dat God ons tot die verkeerde dinge verlei nie. Inteendeel. Die bedoeling is dat ek as kind van God die genade sal vind om die verkeerde die rug toe te keer, om nie ʼn tuiste daarvoor in te rig nie.
Kankervegtertjie (3) blommemeisie vir beenmurgskenker
“Ek het na haar toe gestap en op my knieë geval en al wat ek kon doen was glimlag.”
Kaapse ouma (80) en haar Tazz op pad terug van Londen
Die 80-jarige Kaapstadse ouma wat die lang pad tussen die Kaap en Kaïro voorheen in haar 20 jaar oue Toyota Tazz aangepak het, het nou in dié einste motortjie weer van die Kaap tot in Londen gery – en nou sy is reeds weer op pad terug huis toe.
Gedagte vir die dag: Die markplein
Toe Jesus klaar gepraat het, het een van die Fariseërs Hom na sy huis genooi vir ’n ete. Hy het dus ingegaan en sy plek aan tafel ingeneem. (Lukas 11:37)
ToekomsVenster: Moenie ’n dag kwaad afsluit nie
Wees gou om mense te vergewe en vry te spreek. Moenie dat die son onder gaan onder jou toorn nie. Moenie ʼn dag kwaad afsluit nie, maan die Skrif. Handel elke dag se skuld af. Betaal die rekeninge. Sorg dat die balansstaat klop.
Mej. Doof stap 70 km in ysige koue om baba te help
“Aan die einde van die dag is die gemeenskappe van die dorpie baie klein; elkeen het maar ʼn behoefte om te help waar hy of sy kan. En dit was groot pret: Die temperatuur was by tye op vriespunt gewees, maar dit is iets wat hulle vir altyd sal onthou.”
Foto’s: Gemeenskap help motorwagte met hul droomtroudag
“Die dankbaarheid wat uit dié twee mense kom kan amper nie in woorde beskryf word nie.”
Veertig en tevrede
Die laaste 40 jaar het baie vinnig verbygegaan, maar ek is vol moed en opgewondenheid vir die onbekende wat môre begin.
Gedagte vir die dag: Ligmaker
God … het ook in ons harte ’n lig laat skyn … (2 Korintiërs 4:6)
Pta-meisie ontslaan ná maande in hospitaal
Byna vier en ʼn half maande gelede is die 10-jarige Divenette Streicher van Pretoria op ʼn bed in ʼn hospitaal ingestoot waar sy om haar lewe geveg het. Vrydag, nadat sy byna 22 kg verloor het, kon sy op haar eie uitstap en uiteindelik huis toe gaan.
Gedagte vir die dag: Weghardloop?
Here, U sien dwarsdeur my U kan my (Psalm 139:1)
Gedagte vir die dag: Om Hom te ken
Maar Samuel het nog die Here geken nie , want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie (1 Sameul 3:7).
ToekomsVenster: Die hier en nou
Die gebed betrek God by ons hier en nou. Jy mag maar met die grootste vrymoedigheid met Hom praat oor jou behoeftes. Ons ís na alles liggaam, siel en Gees.
Matriekvraestelle binnekort beskikbaar op jou foon
“Met dié groen lig wil die iPass-span daarin probeer slaag om hoop te bring vir talle leerders wat droom om geleenthede te verkry deur goeie punte op hul matrieksertifikaat.”
Gedagte vir die dag: Lewe
Die letter maak dood, die Gees maak lewend (2 Korintiërs 3:6)
ToekomsVenster: God se ideale wêreld
Uiteraard kom die volmaakte eers aan die einde wanneer Jesus weer op die wolke kom. Tot dan word ons gekonfronteer met gebrokenheid in sy verskillende gestaltes. Ons maak egter nie daarmee vrede nie.
Comrades-medalje vir chirurg wat sy lewe red
“Toe ons hom ná die fratsongeluk behandel het, het ek met Danie gepraat en vir hom gesê: ‘Jy is nou op die herstelpad en ek wil vir jou ʼn uitdaging gee: Ek daag jou uit om weer die Comrades-marathon te hardloop.’ En hy het my ernstig opgeneem.”
Gedagte vir die dag: Loflied
Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. (Psalm 103:2)