“Uit die hoek van my oog sien ek toe ʼn klein lyfie wat uitgehardloop kom en reg voor my kom staan, tussen my en die bul.”
Demensie – die hartseer siekte
Ma het onlangs 90 geword. Maar wat ’n groot oomblik moes wees, laat ons met die hande in die hare – sy is al ’n dekade nie meer met ons nie ná sy demensie ontwikkel het. Herman Toerien deel sy familie se persoonlike ervaring met die hartseer siekte van demensie:
Gedagte vir die dag: Steen vir steen
Soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou. (1 Tessalonisense 5:11)
ToekomsVenster: Die derde tiende
Here, baie dankie vir die beginsels wat vasgevang is in die gee van die Ou Testamentiese tiendes. Help my om dit ook vandag in my offers toe te pas.
Foto’s: Afrikaans-vriendelike ondernemings vereer
Die Tinteltong-toekennings word jaarliks op Internasionale Moedertaaldag, 21 Februarie, gehou om ondernemings wat die Afrikaanse taal bevorder te vereer.
Gedagte vir die dag: Wandel in wysheid
U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. (Psalm 119:105)
ToekomsVenster: Die tweede tiende
Here, met my offer sê ek dankie vir al die goeie gawes wat ek van U ontvang. Help my asseblief om gehoorsaam te wees aan U stem wanneer U met my praat oor my offers.
Skryf nou in vir ATKV-Applous 2018
Die ATKV-Applouskompetisie word vanjaar vir die 41ste keer aangebied.
Aros verwelkom meer as 1 000 onderwysstudente in 2018
Met meer as 430 nuwe eerstejaars wat vroeër hierdie maand verwelkom is tydens Aros se amptelike akademiese opening, het die getal studente wat in 2018 aan hierdie unieke private Christelike hoëronderwysinstelling studeer tot meer as ʼn 1 100 gestyg.
Vier jy vandag Moedertaaldag?
“Die viering van hierdie dag is ʼn bewys dat alle tale in die wêreld ewe belangrik geag behoort te word.”
Gedagte vir die dag: Help of haat?
As jy op jou vyand se beeste of donkie afkom wat verdwaal het, moet jy dit na hom toe terugvat. As jy sien dat die vrag op jou vyand se donkie te swaar is vir hom, mag jy dit nie net so los nie. Jy moet jou vyand help om dit ligter te maak. (Eksodus 23:4-5)
ToekomsVenster: Die eerste tiende
Here, baie dankie vir waarhede in die Bybel wat my vandag motiveer om U werk te ondersteun.
Gedagte vir die dag: Vriend of vyand?
Jesus het egter hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: “Enige koninkryk wat teen homself verdeeld is, gaan ten gronde. En geen dorp of huis wat teen homself verdeeld is, sal bly staan nie.” (Matteus 12:25)
ToekomsVenster: Moet ons nog ’n tiende aan die kerk gee?
Here, baie dankie vir voorbeelde uit ander se lewe wat my motiveer om te gee.
Internasionale koorkompetisie dié jaar in SA
Dié kompetisie sal 33 500 sangers in 500 kore uit 70 verskillende lande byeenbring.
Jong Chris kry ʼn nuwe hart
“Ons is baie hoopvol en baie dankbaar. In dié stadium kan woorde nie beskryf wat ons voel nie. Tussendeur die dankbaarheid en opgewondenheid moet ons egter ook bieg oor ons bekommernis.”
Hoop is ’n brose klein voëltjie …
Geloof, hoop en liefde loop hand aan hand. Het ons vergeet hoe om te hoop? Of sal elke reëndruppel en reënboog ons herinner om te hoop?
Gedagte vir die dag: Eer Hóm!
Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom toe die eer op grond van u liefde en u trou. (Psalm 115:1)
Gedagte vir die dag: Onthou om te deel
Wanneer julle julle lande oes, moenie die graan tot teen die kante van die veld oes nie, en moet ook nie dit optel wat val nie. Dieselfde geld vir die druiwe-oes. Moenie elke moontlike druiwetros afoes nie en moet ook nie druiwekorrels wat op die grond geval het, optel nie. Laat dit daar vir die armes en die vreemdelinge wat tussen julle woon, want Ek, die Here, is julle God. (Levitikus 19:9-10)
Gedagte vir die dag: Verligting en rus
Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra. (Matteus 11:29-30)